Saturday, 04 August 2007

Paradise

Waar of wat is paradys? Dis `n vraag, indien teologies benader, baie tyd kan mors en absoluut niks aan ons saligheid doen nie. Daar is baie opinies oor die saak. Ek dink aan die skrif wat sê: "Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid." (2 Kor 3:17). Dit klink vir my soos `n plek wat paradys genoem kan word. Bernard Beugger het vir my die volgende gestuur oor sy openbaring oor die paradys. Lees gerus die hele stuk deur. Ek stem nogals saam. Groete en seën.


Luke 23:43 “Today, you will be with me in paradise.” (Jesus to the good thief hanging on another cross next to Him).

Where is paradise? Edward F. Markquart (pastor of Grace Lutheran Church, Seattle) pictures paradise as follow:

§ Paradise is a place of enormous beauty.

§ In paradise, you see and feel the Presence of God.

§ In paradise, there is an absence of conflict, pain, and evil.

§ In paradise, your heart is filled with thanksgiving and praise to God.

§ You want to share paradise with another person you love.

The Bible begins with a true story about paradise. The Greek word, “Paradeisos”, simply means “a fenced garden” (the Septuagint Greek translation of the Old Testament). In Hebrew the word, “Pardace”, was used to describe “an incredibly lush and green forest”. God planted the lush vegetation, and put mankind, whom He created in His own image, in that garden to rule over His creation while walking and remaining in His absolute presence (continual communication with Him).

So where is paradise? Simply put, it is a place of healing and restoration of mankind in their returned fellowship with God.

Focus on the good thief:

§ He did not mock God or make fun of Jesus Christ.

§ He stood in awe of God, in reverence for God.

§ He believed Jesus.

That was why he was called the “good thief”, because of the above attributes.

The word “Paradeisos” is used only three times in the New Testament:

1) Luke 23:43 (as referred to the above introduction).

2) 2 Corinthians 12:4

He was caught up into paradise.

This is Paul’s reference of someone having been caught up into the intimate presence of God. The People’s New Testament commentary describes Paradise (mentioned in this passage) and the third heaven (mentioned in v2) as the same place. The term applies to a blessed abode beyond the current position in Luke 23:43. The third heaven = A secret place of the Almighty.

3) Revelation 2:7 (God’s Word Translation)

"Let the person who has ears listen to what the Spirit says to the churches. I will give the privilege of eating from the tree of life, which stands in the paradise of God, to everyone who wins the victory.”

The state of the church is challenged in Revelation 2 regarding their first love, or put in different words, their intimate relationship with God. Revelation 2 (The Message) declares:

2 -3"I see what you've done, your hard, hard work, your refusal to quit. I know you can't stomach evil, that you weed out apostolic pretenders. I know your persistence, your courage in my cause, that you never wear out.

4 -5"But you walked away from your first love—why? What's going on with you, anyway? Do you have any idea how far you've fallen? A Lucifer fall!

"Turn back! Recover your dear early love. No time to waste, for I'm well on my way to removing your light from the golden circle.

6"You do have this to your credit: You hate the Nicolaitan business. I hate it, too.

7"Are your ears awake? Listen. Listen to the Wind Words, the Spirit blowing through the churches. I'm about to call each conqueror to dinner. I'm spreading a banquet of Tree-of-Life fruit, a supper plucked from God's orchard."

It is important to be careful of church dogma that wounds you up in legality issues and spiritual practises that seem right, but neglect the intimacy God wants to have with every individual. As Jesus says in Matthew 7 (NIV):

21”Not everyone who says to me, `Lord, Lord,’ will enter the kingdom of heaven, but only he who does the will of my Father who is in heaven. 22Many will say to me on that day, `Lord, Lord, did we not prophesy in your name, and in your name drive out demons and perform many miracles?’ 23Then I will tell them plainly, `I never knew you…”

It is important to dwell in the secret place of the most High, have an intimate relationship with God and hear what He asks you to do and be today. As the psalmist aptly puts it in Psalm 91:

1He who dwells in the shelter of the Most High will rest in the shadow of the Almighty. 2I will say of the LORD, “He is my refuge and my fortress, my God, in whom I trust.” (NIV)

Psalm 91 (The Message)

1 -2You who sit down in the High God's presence, spend the night in Shaddai's shadow,
Say this: "God, you're my refuge.
I trust in you and I'm safe!"

14 -16 "If you'll hold on to me for dear life," says God,
"I'll get you out of any trouble.
I'll give you the best of care
if you'll only get to know and trust me.
Call me and I'll answer, be at your side in bad times;
I'll rescue you, then throw you a party.
I'll give you a long life,
give you a long drink of salvation!"

So why not enter paradise today? It won’t help to wait till the day you die, even if you are calling yourself a Christian today. By then the opportunity has been lost forever to live your life to the full today and to do and be what God had intended for you to do and be today. Get to know Him intimately today by asking Him what His purpose is for you and then training your ears to hear His reply as he declares the fullness of His grace and restoration over you.

As Paul put it to His defense in Acts 28 (NIV):

26”`Go to this people and say, “You will be ever hearing but never understanding; you will be ever seeing but never perceiving.” 27… Otherwise they might see with their eyes, hear with their ears, understand with their hearts and turn, and I would heal them.’

God wants you to see Him, hear Him and understand in your hearts so that He can restore your intimacy with Him today.

Wednesday, 01 August 2007

Letter vs Gees, en die waarlike Ekklesia

Oor God se goedheid en Almag hoef ons nooit te wonder nie. Hy is Wie Hy se Hy is en doen wat Hy se Hy sal doen.


Die oomblik toe ek Hom met my eie oe gesien het, en nie meer van hoorse van Hom gehoor het nie, was die saak in my hart uitgemaak dat Hy goed is en dat geen persoon en/of skrifgedeelte hierdie belewenis onwaar kan maak nie. My oortuiging is dus gegrond op 'n openbaring van die Waarheid self en nie net 'n skrifgedeelte nie.


2Kor 3:3 omdat julle duidelik ‘n brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart.


2Kor 3:6-8 wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend. (7) En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan, (8) hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie?

Ek maak natuurlik nie die skrif af, as nie nodig nie, maar dit word vir ons al hoe meer duideliker dat die skrifte soos ons dit ken net 'n boek is wat bevat die waarheid, die woorde en die lewe van Christus.


My verhouding met God kan nie gebasseer wees op 'n verhouding met die letter nie, maar dit is mos met die lewende God. Ek sien al hoe meer in my eie lewe dat in verhouding met Hom snap ek goed, en ervaar ek dinge wat die skrifte dan agterna kom bevestig.

Ons moet tot die punt kom in ons verhouding met Hom, dat die bybel nie God se karakter vir ons moet kom bevestig nie, maar dat Sy karakter en wie Hy werklik vir ons is, die bybel kom bevestig.


Ek dink altyd aan die voorbeeld, van die verhouding tussen man en vrou. As 'n paar vriende na aan Elmer (my man), vir my briewe stuur aangaande Elmer en sy karakter, is ek nog voor ek dit lees uitgemaak oor wie Elmer is omdat ek hom ken en in verhouding met hom saamleef. Die briewe kom bevestig net wie hy vir my is, en ek geniet die vreugde en vrede wat dit my verskaf om te sien hoe die briewe kom saamstem met dit wat in my hart is oor hom. As daar in enige van die briewe 'n uitlating gemaak word, of 'n woord gebruik word waarmee ek nie saamstem nie, gaan dit nou nie my hele verhouding omver gooi of agterdog by my skep oor wie Elmer regtig is nie. EK WEET WIE HY IS EN SY KARAKTER WORD NIE BEVESTIG DEUR DIE BRIEWE NIE, MAAR SY KARAKTER BEVESTIG DIT WAT GESKRYF IS OOR HOM.....




Ons verhouding is met Hom en selfs die waarheid in sy volheid aangaande Hom is slegs die deurgang om hierdie verhouding in volheid en vrymoedigheid met Hom te kan he.


Van altyd af is Sy hart aangaande ons. Sy begeerte is aangaande ons. Selfs in die woestyn was dit Sy hart dat die hele volk op die brandende berg moes kom om intimiteit met Hom te ervaar. Die volk stuur egter vir Moses en kry in ruil skrifte en wette i.p.v. verhouding....



Dit bring my by die volgende punt: Hoekom is dit dat mense vandag nog 'n Moses soek? Dit moet wees dat daar nie 'n volle openbaring is aangaande Hom nie,
Hos 4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis;


Ouens wil ook nie die volle verantwoordelikheid opneem nie. Dit is gemaklik om week na week te hoor wat iemand aangaande God se. Ek praat nie nou van struktuur of kerk, of van wat die regte manier van samekoms moet wees nie. God sien nie ons verskille nie, Hy sien net Sy liggaam and Sy liggaam is nie verdeeld nie!!

God kyk na die harte, en dit is wat ek bedoel. Waar jy ookal bymekaar kom, gaan dit oor wat in jou hart aangaan en wat die waarde vir jou is aangaande die waarheid en aangaande Christus.

Ons het egter een ding in ons kuier woensdagaand gesnap aangaande "Ekklesia" vandag vertaal gemeente.

Sy hart was en is nog altyd dat daar net een middelaar tussen die mens en God is:
1Tit 2:5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,


Sy hart is dat ons self as individue na Hom toe moet kom met ons issues
Mat 11:28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.


Ons het nie nodig dat iemand Christus / Moses vir ons hoef te wees of moet gaan haal nie:
Rom 10:6-11 Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring; (7) of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring? (8) Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: (9) As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; (10) want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. (11) Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.


1Joh 2:20 En julle het die salwing van die Heilige en weet alles.


Ons kan met die grootste vrymoedigheid na God self gaan, om self te gaan hoor wat Sy hart vir my is. Sy volkome werk aan die kruis het hierdie vrymoedigheid vir my bekom. Ek het 'n stand 100% voor Hom en ek hoef Hom nie te vrees nie, want die volmaakte liefde dryf die vrees na buite.


1Joh4:18 Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.


Ef 3:12 in wie ons die vrymoedigheid en die toegang het met vertroue deur die geloof in Hom.


Heb 4:16 Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.


Heb 10:19 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus


Heb 13:6 Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen?




Wat is dan die funksie van die "gemeente" soos ons dit ken?

Ef 4:11-16 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, (12) om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, (13) totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; (14) sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; (15) maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, (16) uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.




Die volheid van die Godheid is in ons elkeen liggaamlik,
Kol 2:9-10 Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; (10) en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;


Die volle potensiaal van wie ons Christus kan wees is reeds in ons gedeponeer. Hy het Sy volheid en heerskappy in ons bele.


Rom 5:17 Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.


Soos ek groei in al die waarheid, en my verhouding van heerlikheid tot heerlikhied groei aangaande ek myself sien soos Hy my sien in die spieel - 2 Kor 3:18, kan ek ander lede in die liggaan bedien.


Die "vyfvoudige bediening" soos Ef 4:11 bekend staan, is dus 'n funksie en nie 'n titel, vir elkeen in die liggaam om mekaar op enige tyd te kan bedien met wat ook al die tekort in die spesifieke lid is. Vannaand kan ek dus die liggaam bedien met woord en jy bedien hulle met jou herders hart. Volgende week het ek die woord en jy het iemand op jou hart. Die volheid is in ons almal en soos alles, gaan net sommige daarin wandel en funksioneer. Die punt is ons bou die liggaam van Chritus op totdat almal kom tot die volwasse man.


Gemeente is dus nie 'n kruk vir individue nie, maar 'n ondersteuning om elkeen te bring tot die volle grootte in Christus. Sodat hy/sy self met vrymoedigheid na God kan gaan. Sodat ons nie meer rondgeslinger sal word deur elke ander wind van lering of boek of volgende CD nie.


Ons bedien mekaar met die goeie nuus, die wonderlike waarheid wat 'n krag is om elkeen te red, en dit wek die begeerte in jou om 'n intieme verhouding met God aan te knoop, jouself!!

Die individu is daar om die groep te kom bedien met die oorvloei van heerlikheid in sy lewe, en daag nie slegs op sodat die groep hom kan bedien nie. (Vra jouself die vraag of jy sal kan staande bly as jou byeenkoms soos jy dit ken wegval? Die probleem is nie noodwendig die byeenkoms nie, maar jou hart)

Ons "onderlinge byeenkomste" raak dus 'n feesviering van die volheid van God in elkeen. Ons elkeen gee rekenskap aangaande die Hoop in ons harte, wat in liefde ryklik uitgestort is. Ons getuig aangaande Christus en die afgehandelde werk, wat daagliks meer en meer 'n realiteit raak in ons lewens.
1Kor 2:1-2 En toe ek by julle gekom het, broeders, het ek nie aan julle die getuienis van God kom verkondig met voortreflikheid van woorde of van wysheid nie, (2) want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.

Ons stig, troos en bemoedig mekaar, tot opbouing van ons geloof. En ons aanbid God vir wie Hy is en vir Sy volkome offer vir een maal vir altyd!!!

Ons 'celebrate' ons vryheid in Hom en geniet Sy rus vir ons met mekaar!!!!!!!

Monday, 23 July 2007

Romeine 9-11 - 11 Julie 2007

Wat 'n lekkerte as die die skrif nie meer net 'n dooie letter is nie,maar lewend word in ons harte..... Die Woord het vlees geword en onder ons kom woon!!!!!!!

Romeine 9-11 lees jy baie keer en wonder dan wat al die dinge tog beteken. As jy dit na die letter lees is daar 'n bedekking oor jou hart en sal dit vir jou duister bly. Maar as die lig van God se openbaring, en die werk van Sy seun daarop val, vul dit jou met vreugde om te sien hoe dit alles in mekaar val.
Ons het bietjie saam daardeur gewerk en gelees uit verskeie vertalings, ingesluit die vertaling van Francois wat hier op ons blog ook is.

Lees saam en maak jou hart oop dat die Gees van God kom deel wat Hy met ons kom deel het. Ons bydraes is in rooi...

Romeine 9
(Rom 9:1) Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees
(Rom 9:2) dat dit vir my ‘n groot droefheid is en ‘n onophoudelike smart vir my hart.
(Rom 9:3) Want ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote na die vlees, ‘n vervloeking te wees, wég van Christus af.

as Paulus se vervloeking die seen vir die Jode beteken het, sou hy dit vat. Almal wat vir 'n keuse vir God maak is Sy verkore volk
(Rom 9:4) Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes;
fisiese familie van Christus
(Rom 9:5) aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen.
(Rom 9:6) Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie.

hulle ongeloof maak nie God se woord vals nie. Israel, die volk is nie meer noodwendig net uit die streek Israel uit nie
(Rom 9:7) Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word.
(Rom 9:8) Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag.

vlees vs geloof
(Rom 9:9) Want dit is die woord van die belofte: Omtrent hierdie tyd sal Ek kom, en Sara sal ‘n seun hê.
(Rom 9:10) En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader.
(Rom 9:11) Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep

tweeling gebore uit haar. Niks onderskei hulle behalwe dat een ‘n paar sekondes voor die ander een gebore is nie.
(Rom 9:12) is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien.

mense se dit vir haar
(Rom 9:13) Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.

ons skrywe: Jakob het Ek liefgehad en Esua het ek gehaat
(Rom 9:14) Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie!

maar om te se dat Hy onregverdig is, mis jy dit
(Rom 9:15) Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.

Hy sal barmhartig wees oor wie Hy wil, self oor die wat ongeregtig is. Ons sien hierdie tipe voorbeeld baie in die skrif waar ons dadelik die negatiewe eerste aanneem. Hy sal goed wees en Sy genade bewys aan die wat dit nie eers verdien nie.... WOW
(Rom 9:16) So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.

nie jou prestasie nie of werke nie
(Rom 9:17) Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde.
Exo 9:16 maar juis hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou my krag kan toon, en dat hulle my Naam op die hele aarde kan verkondig.

Interassant dat die woord so verkeerd vertaal word vanuit die ou testament. God het Faroa nie laat optree nie maar laat bestaan om sy krag te toon
(Rom 9:18) So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.

Sy goedheid oor almal sonder aanneming laat een sy hart verhard en seen weer die ander een.God verhard nie jou hart nie, jy doen dit self.
(Rom 9:19) Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan?

This just doesn’t sound reasonable at all! What gives God the right then to still blame anyone? Who can resist His will?
(Rom 9:20) Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie?

How can any man dispute with God? The mould dictates the shape! (There is only one true mould, His image and likeness.)
(Rom 9:21) Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?

The Potter sets the pace; same Potter, same clay, one vessel understands its value and another not; one realises that it is priceless, the other seems worthless!
Jy kan kies hoe jy jouself wil sien.
(Rom 9:22) En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het,

Their sense of worthlessness has labelled them for destruction, yet God’s power and passion prevails in patient endurance
(Rom 9:23) juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid,

He has set the stage to exhibit the wealth of His mercy upon the vessels of value. He desires to confirm in them His original opinion.
God wil sy goedheid aan jou bekend maak, dit wat Hy lank reeds vir jou beplan het. God het gekies om jou te beklee met Sy goedheid!!
(Rom 9:24) ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene?

He has defined us beyond our Jewish or Gentile identity.
(Rom 9:25) Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde;

Hosea voiced the heart of God when he said, “I will call a people without identity, my people, and her who was unloved, my Darling!” (Even Esau whom you said I hated)
(Rom 9:26) en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.

He prophesies that the very same people who were told that they are not God’s people, will be told that they are indeed the children of the living God!
(Rom 9:27) En Jesaja roep oor Israel uit: Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, net die oorblyfsel sal gered word;

Al is julle baie wat julle harte verhard het, daar is tog die tussen julle wat Jesus nie verstoot nie.Die oorblyfsels waarvan Paulus hier praat is die wat Hom gekies het, die wat glo in die werk van die Jesus Christus
(Rom 9:28) want Hy volbring ‘n saak en verkort dit in geregtigheid, omdat die Here ‘n saak wat verkort is, op die aarde sal doen.


(Rom 9:29) En soos Jesaja tevore gesê het: As die Here van die leërskare vir ons nie ‘n nageslag oorgelaat het nie, soos Sodom sou ons geword het en aan Gomorra gelyk gewees het.
Almal vergaan nie soos met Sodom en Gomorra
(Rom 9:30) Wat sal ons dan sê? Dat die heidene, wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is;

Die heidene..ons, het die geregtigheid uit die geloof. Ons wat dit nie eers gesoek het of verdien het nie, vir die wat nog sondaars was het Hy Sy seun gestuur!!!!!
(Rom 9:31) terwyl Israel, wat die wet van die geregtigheid nagejaag het, die wet van die geregtigheid nie bereik het nie.

werke reken my nie tot geregtigheid nie
(Rom 9:32) Waarom? Omdat dit nie uit die geloof was nie, maar net asof dit uit die werke van die wet was; want hulle het hul gestamp teen die steen van aanstoot.

Geloof is in Jesus, en Jesus was vir hulle 'n aanstoot en 'n struikelblok
(Rom 9:33) Soos geskrywe is: Kyk, Ek lê in Sion ‘n steen van aanstoot en ‘n rots van struikeling; en elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.


Romeine 10
Eie geregtigheid vs geregtigheid van God
Geloof vs werke

(Rom 10:1) Broeders, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tot hulle redding.
(Rom 10:2) Want ek getuig van hulle dat hulle ‘n ywer vir God het, maar sonder kennis.
(Rom 10:3) Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie.
(Rom 10:4) Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.
(Rom 10:5) Want Moses beskrywe die geregtigheid wat uit die wet is: Die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe.
(Rom 10:6) Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring;

Christus is my enigste middelaar / leier. Niemand anders hoef die waarheid aan my te openbaar nie. Hy wil dit self doen
(Rom 10:7) of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring?
(Rom 10:8) Maar wat sê dit?
Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig:
(Rom 10:9) As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;
(Rom 10:10) want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.
(Rom 10:11) Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.
(Rom 10:12) Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep.
(Rom 10:13) Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
(Rom 10:14) Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?
(Rom 10:15) En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!
(Rom 10:16) Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja het gesê: Here, wie het ons prediking geglo?
(Rom 10:17) Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.
(Rom 10:18) Maar ek sê: Het hulle miskien nie gehoor nie? Ja, seker! Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan en tot by die eindes van die wêreld hulle woorde.
(Rom 10:19) Maar ek vra: Het Israel dit miskien nie verstaan nie? Ten eerste sê Moses: Ek sal julle jaloers maak op dié wat geen volk is nie, en Ek sal julle toorn opwek teen ‘n onverstandige volk.

Die heidene steel die "show" deur hulle geloof in Jesus, terwyl die volk nog gebind is deur die wet(godsdiens). Hulle raak jaloers op die heidene...
(Rom 10:20) En Jesaja durf selfs sê: Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; Ek het verskyn aan die wat na My nie gevra het nie.
(Rom 10:21) Maar van Israel sê Hy: Die hele dag het Ek my hande uitgebrei na ‘n ongehoorsame en teësprekende volk.


Romeine 11
(Rom 11:1) Ek vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek is ook ‘n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin.

God verstoot niemand nie, Paulus is ook Jood en in verhouding met God
(Rom 11:2) God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor Elía sê nie? hoe hy by God optree teen Israel en sê:
(Rom 11:3) Here, hulle het u profete gedood en u altare het hulle afgebreek, en ek het alleen oorgebly, en hulle soek my lewe!
(Rom 11:4) Maar wat sê die Godspraak aan hom? Ek het vir Myself sewe duisend manne laat oorbly wat die knie voor Baäl nie gebuig het nie.

Elia het wel situasie opgenoem en voor God gebring om wel sy volk te vernietig, maar die Godspraak het gese dat daar wel mense was wat nie voor Baal gebuig het nie.
(Rom 11:5) Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd ‘n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade.

Net so is daar vandag mense wat God se genade kies en hoekom Hy Sy genade oor ons strooi
(Rom 11:6) En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie.

nie deur werke nie, maar sy genade. God se genade is vir almal beskikbaar, en Israel wil dit deur werke bekom, maar tevergeefs
(Rom 11:7) Wat dan? Wat Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes het dit verkry en die ander is verhard.

uitverkorenes is die wat dit gekies het
(Rom 11:8) Soos geskrywe is: God het hulle gegee ‘n gees van diepe slaap, oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe.

Hier kan jou nou maar gerus weer die karakter van God gebruik om die skrifte te lees en nie die skrifte gebruik om Sy karakter te probeer bewys nie. Letter maak dood. As jy kies om nie te sien en nie te hoor nie, dan gaan jy nie sien nie en dan gaan jy ook nie hoor nie. Hy kan niks daaromtrent te doen, behalwe om jou te trek met koorde van liefde nie!!
Rom 11:9) En Dawid sê: Laat hulle tafel vir hulle wees ‘n vangnet en ‘n strik en ‘n struikelblok en ‘n vergelding.

die tafel van die Here wys na die eet van die brood en drink van die wyn, dus Jesus. Hulle verwerp dit, so dit is vir hulle soos steen waarteen hulle hul voet stamp.
(Rom 11:10) Laat hulle oë duister word om nie te sien nie, en buig hulle rug vir altyd krom.

gevolg van keuse
(Rom 11:11) Ek vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te val? Nee, stellig nie! Maar deur hulle val het die saligheid tot die heidene gekom om hulle jaloers te maak.

die saligheid het na almal gekom en hulle jaloers gemaak. Om die begeerte in hulle te skep om Jesus aan te neem. Die "heidene" se verhouding met God was soos 'n wake-up call vir die volk
(Rom 11:12) En as hulle val die rykdom van die wêreld is en hulle tekort die rykdom van die heidene, hoeveel te meer sal hulle volheid dit nie wees nie!
(Rom 11:13) Want aan julle heidene sê ek: Vir sover as ek ‘n apostel van die heidene is, verheerlik ek my bediening
(Rom 11:14) as ek tog maar net my eie volk jaloers kan maak en sommige uit hulle kan red!
(Rom 11:15) Want as hulle verwerping die versoening van die wêreld is, wat sal hulle aanneming anders wees as lewe uit die dode?

hulle aanneming van die waarheid sal wees soos opstanding uit die dode
(Rom 11:16) En as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook.
(Rom 11:17) En as sommige van die takke afgebreek is, en jy wat ‘n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom,

takke = jode, afgebreek omdat hulle Jesus verwerp. Ons heidene van wilde olyfboom, ingeent en deel gekry aan die vettigheid
(Rom 11:18) moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou.

God is die wortel en jy het niks om in te roem nie,kan nie die Jode sleg praat vir hulle ignorance nie. Ek kan slegs roem op die wortel, nl Jesus
(Rom 11:19) Jy sal dan sê: Die takke is afgebreek, sodat ek ingeënt kon word.

jy kan dalk dink hulle is afgebreek sodat jy plekkie kan kry, maar....
(Rom 11:20) Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees.

dit was deur hulle ongeloof. Jy het dit deur geloof. Moenie roem nie, fokus op sy goedheid
(Rom 11:21) Want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, sal Hy miskien jou ook nie spaar nie.

God kon deur sy integriteit hulle deur hulle ongeloof nie spaar nie. As jy in dieselfde posisie is geld dieselfde vir jou
(Rom 11:22) Let dan op die goedertierenheid en die gestrengheid van God: gestrengheid oor die wat geval het, maar goedertierenheid oor jou as jy in die goedertierenheid bly; anders sal jy ook afgekap word.
(Rom 11:23) Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent.

God kan hulle ook weer inent
(Rom 11:24) Want as jy afgekap is van die olyfboom wat van nature wild was, en teen die natuur op die mak olyfboom ingeënt kan word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van nature is, op hul eie olyfboom ingeënt word?

Al was/is jy afgekap, God het die mag om weer te herstel en in te ent. Wndel in geloof!!
(Rom 11:25) Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het;

hulle verharding het veroorsaak dat ek die waarheid meer aangryp
(Rom 11:26) en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend;

God wil almal red!!!! Sy werk is vir almal
(Rom 11:27) en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem.
(Rom 11:28) Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande ter wille van julle; maar wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille van die vaders.

hulle is dalk vyande van die waarheid, maar agv die belofte na aan God se hart
(Rom 11:29) Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik.

Sy gawe van genade en Sy roeping vir ons om in sy beeld te wandel, sy identiteit, kan Hy nie terug trek nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Dit gan nie soos wat ek baie keer gedink het dat die gawes van die Gees en die roeping vir my lewe onberroulik is nie..ek kan dit dus nie mis nie. Dit gan nie hier oor my nie maar oor Hom wat nie kan terug keer op die goedheid wat Hy vir my beplan het nie.
(Rom 11:30) Want soos julle ook vroeër aan God ongehoorsaam was, maar nou barmhartigheid ontvang het deur hulle ongehoorsaamheid,
(Rom 11:31) so het hulle ook nou ongehoorsaam geword deur die barmhartigheid aan julle, sodat hulle ook barmhartigheid kan ontvang.
(Rom 11:32) Want God het hulle almal in die ongehoorsaamheid ingesluit om vir almal barmhartig te kan wees.
(Rom 11:33) o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë!
(Rom 11:34) Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees?
(Rom 11:35) Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word?
(Rom 11:36) Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.

Tuesday, 17 July 2007

Woord seminaar reuse sukses

Eerstens wil ek net askies vra vir die feit dat die Wedenseday Word die laaste twee weke nie uitgegaan het nie. Ons span was druk besig om te beplan vir die Woord seminaar wat diè naweek plaasgevind het. Die van julle wat daar was sal getuig dat dit `n reuse sukses was. Daar was oorvloed om die "minste" te sê en alles van die naweek was `n getuienis en testament van die woord wat uitgegaan het. Daar het soveel kos oorgebly dat baie van die bywoners saam huis toe gevat het om hulle families te gaan voed. Selfs na dit het daar genoeg oorgebly om nog dertig mense te voed. Die Valprè water en die Nescafè koffie was `n nice touch. Die spyseniering was sonder om te oordryf vyfster. Ons het op leer stoele gesit en die venue was `n absolute pluspunt.

Tweedens wil ek net graag `n geuienis deel van een van die broers wat die naweek bygewoon het. Van die woord wat uitgegaan het, alhoewel in liefde en waarheid, kan dalk offensief oorkom, omdat die godsdiens-struktuur by implikasie uitgedaag word. God het nie `n saak met struktuur-kerk of huis-kerk nie. God se behae is Christus en sy Liggaam. Die vraag is vir my of daar, waar ookal, godsdiens beoefen word, of ware gemeenskap in Hom. Die oomblik as hiërargie weer sy verskyning maak het die satan weer `n oortuiging ingebring van wettisisme. Nuwe testamenties het ons elkeen verantwoordelikheid om self in geloof te wandel met Hom. Ons het een middelaar, naamlik Christus. 1Ti 2:5: "Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,". Onderlinge byeenkoms moet `n celebration wees van elkeen se wandel en intimiteit met Christus, nie `n forum waar reels en regulasies (hoe oulik ookal) afgedwing word nie. Hier volg sy brief:

Haai Elmer,

Die naweek se woord bediening was awesome. Skrif aangaande my roeping wat ek ‘n paar jaar gelede ontvang het maak nou vir my baie sin:

Isaiah 45

3I'll lead you to buried treasures,
secret caches of valuables— Confirmations that it is, in fact, I, God,
the God of Israel, who calls you by your name.

5Besides me there are no real gods. I'm the one who armed you for this work,

14God says:

"The workers of Egypt, the merchants of Ethiopia,
and those statuesque Sabeans Will all come over to you—all yours.
Docile in chains, they'll follow you, Hands folded in reverence, praying before you:
'Amazing! God is with you!
There is no other God—none."

Revelation 3

9"And watch as I take those who call themselves true believers but are nothing of the kind, pretenders whose true membership is in the club of Satan—watch as I strip off their pretensions and they're forced to acknowledge it's you that I've loved.

Awsome ne? Kosbare verborge skatte wat die naweek bekend geraak het wat nou bedien moet word aan “those who call themselves true believers but are nothing of the kind”. Challenges vir nou in voorbereiding nog vir die midde ooste taak. Die sturende gemeentes hier sal met die waarheid uitgedaag moet word. Ek het baie wysheid en insig nodig om die waarheid met hulle te deel.

“Sabeans” op hul beurt is tradisioneel Arabiere met hul oorsprong uit die Yemen streek, huidiglik ‘n land aan die suide van die arabiese vasteland wat nog die minste indien enige evangelisasie ontvang het. Ook die armste arabiese land omdat hy nie olie besit nie. Sal nog moet hoor by die Vader hoe ons dit gaan benader.

Groete,

Bernhard

Thursday, 05 July 2007

Goeie Nuus Seminaar

Goeie Nuus Seminaar

WAT: ‘n Dag in die Woord saam met Jan Brand

WANNEER: Vrydagaand en Saterdag 13-14 Julie 2007

HOE LAAT: Vrydagaand 19:00 tot 22:00

Saterdag 8:30 tot ongeveer 20:30

WAAR: Power Group Head Quarters. Verwys na die onderstaande aanwysings

WAT KOS DIT: R150 per persoon

VIR WAT: Saterdag Brunch en Aandete.

LW: Slegs koffie/tee Vrydag aand.

WIE MAG KOM: Vriende, Familie, geliefdes, kennise en vreemdelinge.

BESPREEK: Om te verseker dat iemand anders nie jou kos eet nie bespreek aub by Madelein Botha voor 11 Julie 2007, Tel no: 0 72 2552960

Betalings kan gemaak word

E. Botha

FNB Tjek Rekeningnommer: 62093820100

Tak kode: 00252645

Faks bewys van betaling na: 0866940978

DIRECTIONS TO POWER GROUP HEAD QUARTERS

Power Group Building, Old JHB Road / R101, Highway Business Park Nr 23, c/o Park View South & Park Avenue, Rooihuiskraal, Centurion (012) 621 - 8000


From Johannesburg / Midrand (N1 / Bens Schoeman North)

  • Take the N1 / Ben Schoeman northbound through Midrand & Samrand;

  • Take the Centurion / Brakfontein Rd / R101 Old JHB North off-ramp Exit nr 121 left (just past the Coin Exchange on the right hand);

  • Turn right at the off-ramp Traffic Signal (R101);

  • Traveling northbound in Old JHB Road you will drive past the Power Group Building on the right hand – the red building;

  • At the next Traffic Signal after the off-ramp, turn right into Highways Business Park main gate (Central Avenue);

  • Through the main gate booms, at the T-Junction turn right into Park North Avenue;

  • Turn right at the next street into Park South Avenue;

  • Continue straight and you drive straight into the building. C/o Park South Avenue & Park View Avenue.


From Pretoria CBD (N1 & N14 / South) & R28 Krugersdorp Highway

  • Turn onto the N1 Southbound towards Midrand & Johannesburg;

  • Past the first off-ramp to Midstream & Heritage Hill, past the Man Truck Showrooms on the left hand;

  • Take the Centurion / R101 Old JHB North off-ramp Exit nr 121 left (the Coin Exchange on the right hand on the off-ramp);

  • Turn left at the off-ramp Traffic Signal (R101);

  • Traveling northbound in Old JHB Road you will drive past the Power Group Building on the right hand – the red building;

  • At the next Traffic Signal after the off-ramp, turn right into Highways Business Park main gate (Central Avenue);

  • Through the main gate booms, at the T-Junction turn right into Park North Avenue;

  • Turn right at the next street into Park South Avenue;

  • Continue straight and you drive straight into the building. C/o Park South Avenue & Park View Avenue.