Afrikaans - Die wêreld in Christus versoen
Skrif verwysings:
Rom 4:25
@ Kor 5: 16-20
And I, brethren, when I came to you, came not with excellency of speech or of wisdom, declaring unto you the testimony of God. For I determined not to know any thing among you, except Jesus Christ, and him crucified. (1Co 2:1-2)
Skrif verwysings:
Rom 4:25
@ Kor 5: 16-20
Al het ons die laaste ruk nie so gereeld geblog nie, het die woord verseker nie droog geloop op 'n Woensdagaand nie.
Inteendeel......
Ons het die laaste ruk baie gesels oor die passie in ons almal se harte oor die koninkryk van God.
Mat 6:33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
Die koninkryk is egter nie iets wat nog ver is en wat ons nou nie kan sien nie.
Gal 4:4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet,
Mark 1:15 en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.
Die volheid van die tyd het reeds gekom in Jesus Christus en die werk wat Hy kom doen het. Dit is hier, en dit is nou.
Mat 6:10 laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
Hierdie uitspraak het Hy gemaak voor Hy gekruisig is. Dit was 'n profetiese stelling oor wat sou gebeur. Deur die werk van Jesus het koninkryk op aarde gekom soos dit in die hemel is.
Die wedergeboorte is 'n geskenk van God wat vir almal geskenk is en is ons toegang tot die koninkryk
1Pe 1:3-5 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, (4) sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons (5) wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.
Hierdie geskenk maak dat ons almal die koninkryk van God kan sien, maar om die Koninkryk in te gaan het ons nodig om uit water en Gees gebore te wees. Nie almal gaan reageer egter op hierdie daad van genade nie...
Joh 3:3-5 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. (4) Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? (5) Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
Ek het nou daagliks die keuse om die koninkryk wat in my is deur wedergeboorte, op aarde te vestig. Vandag! In hierdie koninkryk kan ek heers in hierdie lewe deur die een Jesus Christus (Rom 5:17)
Ek kan ook in my elke dag se werke slegs die koninkryk laat verby beweeg tussen mense en situasies of ek kan dit vestig. Die besluit le in my hande.
'n Ander interessante punt het onder bespreking gekom...... wie is hierdie wêreld waar ek die koninkryk van God wil vestig en hoe sien ek hulle. Ek dink ons was van voor af uitgedaag en daarna opgewonde oor hierdie verandering wat in ons gemoedere plaasgevind het.
Rom 12:2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
Ons ken die skrifte wat se:
2Kor 5:16 Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie.
Jak 2:1 My broeders, laat julle geloof in onse Here Jesus Christus, die Here van die heerlikheid, nie wees met aanneming van die persoon nie.
Ef 6:9 En, here, doen dieselfde teenoor hulle en laat staan die dreigemente, omdat julle weet dat ook julle eie Here in die hemele is en by Hom geen aanneming van die persoon is nie.
Daar is tog iets in onsself wat wil maak dat ons onderskeid wil tref tussens "ons" en "die wêreld". Hulle wat nog nie die geskenk van wedergeboorte aangeneem het nie. Die arme ouens daar buite wat in sonde leef en wat vir net een eindbestemming bedoel is.
Jy sien, God sien dit anders, en nou ook ek......
Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Joh 3:17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
Ek is so deel van die wêreld en die plan wat Hy vir die wêreld gehad het, soos die ou daar buite wat nog die waarheid moet aanneem. Ja, ek het alreeds in Jesus ingeklim, en in Christus begin wandel. Hieroor is die Vader bly, dit is immers waarvoor Sy seun gesterf het, maar Hy sien die man op die straat wat hierdie besluit nog moet neem, geensins in n slegter lig nie. Die Vader het 'n begeerte dat hierdie persoon moet snap wat vir hom gedoen is en Sy droom vir hom in werking kan kom... Maar behalwe vir dit, is God se gedagtes vir my en "die wêreld", presies dieselfde. Hy sien ons almal geregverdig:
Rom 4:24 maar ook om ons ontwil aan wie dit toegereken sal word, ons wat glo in Hom wat Jesus, onse Here, uit die dode opgewek het,
Rom 4:25 wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking.
Jy sien, Jesus kon eers uit die dode opstaan toe die hele wêreld geregverdig is!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!WOW!!!
Dit is waarom Hy niemand meer na die vlees sien nie, en waarom ek niemand meer na die vlees sien nie. Dieselfde potensiaal is in my, is in jou, is in jou pa wat nog nie die Here dien nie en self die anti-chris.
Sy Seun, Jesus, het vir die wêreld gekom, om ALMAL te red....die plan het nog glad nie verander nie.
Nie te lank terug nie, moes die plan nog vir my ook 'n realiteit geword het. Ek is nie nou meer spesiaal vir God as sewe jaar terug nie!!!
Heb 13:8 Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.
Jak 1:17 Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.
Ek dink jy kan dalk dink dat jy hierdie dinge reeds weet, ek het dit ook geweet maar dit het nou realiteit geword. My fokus is nie net nou op wat God vir my en my broers in gedagte het nie. Die fokus is nie meer so seer op "ons" nie, maar op die hele wêreld, sonder uitsondering. Dis soos een bekende broer tereg gese het: Om die wêreld lief te he met die agenda om hulle te red, of om hulle te bekeer, is nie liefde nie.
Ons kan slegs ALMAL lief he, onvoorwaardelik!! Hulle waarlik sien soos God hulle sien, saam stem met Sy droom en begeertes vir hulle lewens, en elke dag ten volle geniet saam met die kroon van Sy skepping, wat elkeen is!!!
Baie seën
0
comments
Tags:
`,
die wêreld,
Hier en nou,
koninkryk,
Liefde
Gen 1:26-28 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. (27) En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. (28) En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.
Sy plan was dat die mens geseënd sou wees. Geseënd in alles wat hulle doen en alles waaraan die mens sy hand sou slaan en sy voet sou neer sit.
Ons almal ken teen hierdie tyd nou al die storie in die tuin....
Gen 3:17 En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.
Gen 5:2 Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën en hulle mens genoem, die dag toe hulle geskape is.
Die vloek het oor die aarde gekom as gevolg van verkeerde keuses deur die mens en die werk van die vyand. God het nie die aarde vervloek nie, die aarde het dit gekies. God het die aarde en alles daarop geseën.
God kom besvestig ook hierdie seen aan Abraham en Isak
Gen 12:1-3 En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. (2) En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees. (3) En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.
Gen 15:4-5 Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees. (5) Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees.
Gen 17:1-8 Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees. (2) En Ek wil my verbond sluit tussen My en jou, en jou buitengewoon vermeerder. (3) Toe val Abram op sy aangesig, en God het met hom gespreek en gesê: (4) Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van ‘n menigte van nasies word. (5) Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ‘n vader van ‘n menigte van nasies. (6) En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom. (7) En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou. (8) En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees.
Gen 22:17-19 dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem. (18) En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.
Gen 26:1-4 En daar was hongersnood in die land, buiten die eerste hongersnood wat in die dae van Abraham gewees het. Daarom het Isak getrek na Abiméleg, die koning van die Filistyne, na Gerar. (2) En die HERE het aan hom verskyn en gesê: Moenie aftrek na Egipte nie; woon in die land wat Ek jou sal aanwys. (3) Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het. (4) En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee, en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word;
Hierdie seën is vandag ons deel as kinders van God. Ons is reeds voor die val van Adam in Christus herstel!!!
Ef 1:3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,
Ef 1:4 soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,
Ons is geseënd. Geen vloek of sonde kan skeiding bring tussen ons en God nie. Ja, die mens het deur een misdaad die hele aarde onder 'n vloek gebring maar soveel te meer het Jesus se daad die hele aarde kom regverdig en die seën kom herstel.
Rom 5:18 Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.
Ons is nou dood vir die sonde, dood vir die vloek en die vleesmens is saam met Hom gekruisig. Ons lewe saam met Hom in die seën wat Hy van dag een af vir ons in gedagte gehad.
Rom 6:4-11 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. (5) Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; (6) aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. (7) Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. (8) As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, (9) omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. (10) Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. (11) So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.
Gal 2:20-21 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. (21) Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.
0
comments
Tags:
Die wet,
Geloof,
Seën
Waar of wat is paradys? Dis `n vraag, indien teologies benader, baie tyd kan mors en absoluut niks aan ons saligheid doen nie. Daar is baie opinies oor die saak. Ek dink aan die skrif wat sê: "Die Here is die Gees, en waar die Gees van die Here is, daar is vryheid." (2 Kor 3:17). Dit klink vir my soos `n plek wat paradys genoem kan word. Bernard Beugger het vir my die volgende gestuur oor sy openbaring oor die paradys. Lees gerus die hele stuk deur. Ek stem nogals saam. Groete en seën.
Luke 23:43 “Today, you will be with me in paradise.” (Jesus to the good thief hanging on another cross next to Him).
Where is paradise? Edward F. Markquart (pastor of Grace Lutheran Church, Seattle) pictures paradise as follow:
§ Paradise is a place of enormous beauty.
§ In paradise, you see and feel the Presence of God.
§ In paradise, there is an absence of conflict, pain, and evil.
§ In paradise, your heart is filled with thanksgiving and praise to God.
§ You want to share paradise with another person you love.
The Bible begins with a true story about paradise. The Greek word, “Paradeisos”, simply means “a fenced garden” (the Septuagint Greek translation of the Old Testament). In Hebrew the word, “Pardace”, was used to describe “an incredibly lush and green forest”. God planted the lush vegetation, and put mankind, whom He created in His own image, in that garden to rule over His creation while walking and remaining in His absolute presence (continual communication with Him).
So where is paradise? Simply put, it is a place of healing and restoration of mankind in their returned fellowship with God.
Focus on the good thief:
§ He did not mock God or make fun of Jesus Christ.
§ He stood in awe of God, in reverence for God.
§ He believed Jesus.
That was why he was called the “good thief”, because of the above attributes.
The word “Paradeisos” is used only three times in the New Testament:
1) Luke 23:43 (as referred to the above introduction).
2) 2 Corinthians 12:4
He was caught up into paradise.
This is Paul’s reference of someone having been caught up into the intimate presence of God. The People’s New Testament commentary describes Paradise (mentioned in this passage) and the third heaven (mentioned in v2) as the same place. The term applies to a blessed abode beyond the current position in Luke 23:43. The third heaven = A secret place of the Almighty.
3) Revelation 2:7 (God’s Word Translation)
"Let the person who has ears listen to what the Spirit says to the churches. I will give the privilege of eating from the tree of life, which stands in the paradise of God, to everyone who wins the victory.”
The state of the church is challenged in Revelation 2 regarding their first love, or put in different words, their intimate relationship with God. Revelation 2 (The Message) declares:
2 -3"I see what you've done, your hard, hard work, your refusal to quit. I know you can't stomach evil, that you weed out apostolic pretenders. I know your persistence, your courage in my cause, that you never wear out.
4 -5"But you walked away from your first love—why? What's going on with you, anyway? Do you have any idea how far you've fallen? A Lucifer fall!
"Turn back! Recover your dear early love. No time to waste, for I'm well on my way to removing your light from the golden circle.
6"You do have this to your credit: You hate the Nicolaitan business. I hate it, too.
7"Are your ears awake? Listen. Listen to the Wind Words, the Spirit blowing through the churches. I'm about to call each conqueror to dinner. I'm spreading a banquet of Tree-of-Life fruit, a supper plucked from God's orchard."
It is important to be careful of church dogma that wounds you up in legality issues and spiritual practises that seem right, but neglect the intimacy God wants to have with every individual. As Jesus says in Matthew 7 (NIV):
21”Not everyone who says to me, `Lord, Lord,’ will enter the kingdom of heaven, but only he who does the will of my Father who is in heaven. 22Many will say to me on that day, `Lord, Lord, did we not prophesy in your name, and in your name drive out demons and perform many miracles?’ 23Then I will tell them plainly, `I never knew you…”
It is important to dwell in the secret place of the most High, have an intimate relationship with God and hear what He asks you to do and be today. As the psalmist aptly puts it in Psalm 91:
1He who dwells in the shelter of the Most High will rest in the shadow of the Almighty. 2I will say of the LORD, “He is my refuge and my fortress, my God, in whom I trust.” (NIV)
Psalm 91 (The Message)
1 -2You who sit down in the High God's presence, spend the night in Shaddai's shadow,
Say this: "God, you're my refuge.
I trust in you and I'm safe!"
14 -16 "If you'll hold on to me for dear life," says God,
"I'll get you out of any trouble.
I'll give you the best of care
if you'll only get to know and trust me.
Call me and I'll answer, be at your side in bad times;
I'll rescue you, then throw you a party.
I'll give you a long life,
give you a long drink of salvation!"
So why not enter paradise today? It won’t help to wait till the day you die, even if you are calling yourself a Christian today. By then the opportunity has been lost forever to live your life to the full today and to do and be what God had intended for you to do and be today. Get to know Him intimately today by asking Him what His purpose is for you and then training your ears to hear His reply as he declares the fullness of His grace and restoration over you.
As Paul put it to His defense in Acts 28 (NIV):
26”`Go to this people and say, “You will be ever hearing but never understanding; you will be ever seeing but never perceiving.” 27… Otherwise they might see with their eyes, hear with their ears, understand with their hearts and turn, and I would heal them.’
God wants you to see Him, hear Him and understand in your hearts so that He can restore your intimacy with Him today.
0
comments
Tags:
Hier en nou,
Seunskap
0
comments
Tags:
Ekklesia,
Waarheid