Luidkeels: Hersien
WOW!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!
Hoor die lied van die kruis, hoor die lied van liefde!!!!
Met hierdie woorde wat ge - ego het in die lug het ons die Here met hart en siel geloof!!
Ek het die 12de Mei die lewendige CD opname van Retief Burger se tweede album bygewoon. Luidkeels Hersien - sien weer die kruis. sien weer die kerk. sien weer die Vader.
Wat 'n belewenis, ek dink nie woorde kan regtig beskryf wat als gebeur het nie, maar ek kan maar net my ervaring deel.
Die hart van die aand was om God te prys en te aanbid. Niks het oor die 'band' gegaan nie. Die ouens se harte was om almal se fokus na die volkome werk van die kruis te draai. Selfs die verhoog en die ouens daarop het nie na die mense gekyk nie,maar na die kruis in die middel van die verhoog
My hart vir die aand was om net persoonlik met die Here te kuier en 'n intieme tyd met Hom te he. Dis presies toe wat dit vir almal was, en wat ek glo elkeen wat daar was ervaar het.
Sien weer die kruis- was 'n verklaring van alles wat ons glo!! Die volkome werk van die Christus en wat dit vir my inhou. Met woorde soos:
- Deur die kruis alleen, is ek dood vir die sonde, is ek dood vir myself, is die straf op Hom, is ek nuutgemaak.
- By die kruis waar die Lam geslag, dis daar waar my hart gewen is, dis daar waar ek begin is!!
- Here God ek sal U loof, ek sal U prys, U het my geroep gehoor!!
- U was, U is en U sal ook wees. Heilig is U naam.
- Here, nie meer twyfel nie, nie meer terughou nie....
- Daar is niks in hierdie lewe, daar is niks op hierdie aarde, daar is niks in al die hemele,wat vir my meer beteken as U nie!!
- Die skuldbrief is vernietig soos dit daar aan die kruishout hang
- Nou kan ek met vrymoedigheid na die troon van genade gaan.
Al wat ek nog kan byvoeg is dat God groot is. Dit was ongelooflik om die Here so passievol te aanbid, en dit te deel met ander.
Ek sien uit na die die uitreik van die CD wat julle in September kan verwag.
3 comments:
Is daar dalk `n web adres om te gaan kyk na sy cd's?
Wil ook maar net se ek blog nog nie, maar lees lekker saam. Sal vanaand bietjie reply. Sal graag wil hoor van Pastor el & rennie oor laas naweek se kamp.
die n8e junie is my matriek reunie en luidkeels retief was ons hoofman. ek sal by hom kan hoor aangaande webblaaie ens. mads se aanmerkings het my gebless. retief is een van die mense vir wie ek die meeste agting het. op skool al het hy in 'n geloof gewandel wat tasbaar was. dis lekker om te blog.
gal: When it pleased God, who separated me from my mother's womb... ons is uit God gebore. Die kruis het ons weliswaar losgemaak van ons natuurlike herkoms en ons verenig met ons herkoms voor die grondlegging van die wêreld. Ef: He chose us in Him before the foundation of the world - kan ook gelees word as 'before Adam'.
Post a Comment