Friday, 22 June 2007

Wandel soos `n ware seun/dogter - 20 Junie 2007 - Deel1


Ons het waarlik lekker geestelike intimiteit beleef en het sommer `n hele paar dinge deurgetrap. Ek het gevoel om hierdie Woensdag-Notas op te breek in dele, sodat ons nie sou verloor alles wat so lekker gevloei het nie.


Engela en Niel het die hele Jesaja 60 op hulle harte gehad. Dit is wat uitgekom het:


  1. Ons hoef genuine, regtig, truly nie bang te wees nie.

  2. Staan op, word verlig. Oor jou SAL die Here opgaan!

  3. Jy sal genoem word stad van die Here.

  4. Vreugde op vreugde, geslag op geslag

  5. "Ek is jou Heiland en jou Losser"

  6. "Ek sal Vrede as jou owerheid aanstel. Jou mure heil. Jou poorte lof"

  7. Die Here is jou ewige lig.

Die boonste punte is vervul in die opstanding van Christus. Daar het `n ruiltransaksie daar plaasgevind. Christus het geword wat ons was sodat ons geword het wat Hy is. (2 Kor 5:21)


Die seën wat Abraham ontvang het, is aan ons geskenk in die nuwe Testament wat ons ontvang het in Christus se opstanding.


Hierde seën spreek veel meer as van mooi karre of finansiële vooruitgang. Die mooi karre of geld is maar slegs vruggies van `n boom van Lewe wat wêrelde meer vir ons inhou as dit wat naby aan ons vlees is. Onthou, dit spreek veel meer daarvan, dit sluit dit nie uit nie. Ons fokus (al weer die fokus) moet wees die boom van die Lewe, nie die vrugte nie. Die vrugte is great om te aanskou en van te proe, en maak die volle prentjie van die boom, maar die vergaan. Die Boom bly vir ewig.


Abraham het die seën van die boom van die Lewe ontvang. Die volle Seën. Hy het ook by `n punt gekom waar hy daardie seën moes oorgee dmv sy testament, en natuurlik dan deur sy dood.
Gen 25:5-8 "En Abraham het aan Isak alles gegee wat hy besit het, maar aan die seuns van die byvroue van Abraham het Abraham geskenke gegee en hulle, nog by sy lewe, van sy seun Isak af oos laat wegtrek, na die Oosland. En dit is die dae van die lewensjare van Abraham wat hy geleef het: honderd vyf en sewentig jaar. Abraham het die asem uitgeblaas en in goeie ouderdom gesterwe, oud en afgeleef. En hy is by sy volksgenote versamel."


Vers 5 en 6 is nogals interessant. In Vers 5 gee Abraham aan Isak ALLES wat hy besit het. V6: maar aan die seuns van die byvroue het Abraham geskenke gegee...


Hoe is dit dat Abraham aan aan die byvroue se seuns geskenke gegee as hy dan reeds ALLES aan Isak gegee het? Dit maak nie lekker sin nie. Of doen dit? Die interpretasie is as volg: Isak (ware seun) het die volle Seën ontvang wat Abraham in sy beurt van God ontvang het. Die byvroue se seuns (die onware, slaaf seun) het slegs geskenke ontvang. Isak het die volle boom van die Lewe ontvang, terwyl Ishmael slegs van die vrugte ontvang het!


Het jy `n slaaf mentaliteit? Of het jy `n ware seun mentaliteit?


Die slaaf erf nie. Die slaaf kry slegs persenkies. Is jou visie die vrug wat vrot kan word, of is dit die boom wat nogmaals en nogmaals vrug oplewer? Onthou net, God is getrou! Sy kant van die bargain is gebring. Sy kant is skoon wat hierdie verhouding aan betref. Hoeveel van die volle genade wil jy van smaak? "For as he thinketh in his heart, so is he..." (Spr23:7). Die maat wat ons op fokus, is die maat wat ons sal ontvang. So kom ons fokus op dit wat ons reeds ontvang het. Die volle Seën is ons s'n IN (binne-in) Christus. Gal 3:14 "sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang."


Deel 2 volg spoedig...







No comments: