Thursday, 14 June 2007

Woord Seminaar - 14 en 15 Julie 2007

Ons het met die 'Goeie Nuus' span in Jankemp dorp gepraat en hulle met min moeite oorreed om ons te kom bedien met Waarheid.

Die idee van die seminaar is dat ons lekker om `n tafel sal sit en bietjie saam gesels oor die dinge. Jan Brand sal die seminaar fasiliteer so ver die gesprekke om die woord gaan. Ons sal ook natuurlik lekker eet en ons kyk moontlik na `n spitbraai of potjiekos die Saterdag laat middag.

Ons sal spoedig die finale reëlings deur gee. Hier is wat ons weet:
Wanneer: 14, 15 Julie 2007. Dit begin die Vrydagaand en maak klaar die Saterdagaand.
Kostes: R150 per persoon.
Waar: Op die POWER groep se perseel. Broer Tommie 'pulled some strings'

Alhoewel hierdie seminaar nie ekslusief is nie, gaan ons heel moontlik net `n seker hoeveelheid mense kan akkomodeer. Indien jy reeds wil bespreek stuur net `n e-pos na hierdie adres: goeienuus.seminaar@gmail.com

Ons sal julle gou laat weet hoe die betaling verlang sal word.

Groete en vrede
Elmer

Friday, 08 June 2007

Christus - Ons "comfort zone" - 6 Junie 2007

Ons is besig om die hele rus ding lekker in die drom te maal. Ons kan maar net nie wegbly daarvan nie! Ons sien ook hoe hierdie was deur die waterbad van die woord getuienisse meebring in ons lewens.

Die kosbare Waarheid van Christus word nooit 'boring' nie. Ons kan week na week na... oor dieselfde topic gesels en meer opgewonde raak as die vorige. Die 'fussinezz' in die spieël (2 Kor 3:18) raak al hoe minder en minder. Die beeld van God raak al helderder. God se beeld verander nie. Sy beeld bly altyd dieselfde. Die interpretasie van daardie beeld verander net van heerlikheid tot heerlikheid.

WAT SIEN JY?
Sien jy God se beeld of sien jy die natuurlike mens se beeld? Is jy al daar in hemelse plekke of moet jy nog daar kom? Wat se waarde heg jy aan die Waarheid? Wat verstaan jy omtrent die feit dat jy in die dispensasie van die Geloof lewe?
WAT SIEN JY?
-Elmer

Paar kosbare inleidende gedagtes:

  • As Christus jou "comfort zone" is, kan niks jou regtig uit jou "comfort zone" skuif nie!


  • Om iemand te vergewe is om die persoon met onskuld te beklee. Wow!
    Spr 19:11 Die verstand van ‘n mens maak hom lankmoedig, en dit is vir hom ‘n eer om die oortreding te vergewe.

1. Lankmoedigheid


Spr 19:11 Die verstand van ‘n mens maak hom lankmoedig
Spr 16:32 Die lankmoedige is beter as ‘n held; en hy wat sy gees beheers, as een wat ‘n stad inneem.
Psa 37:34 Don't be impatient for the Lord to act! Keep traveling steadily along His pathway and in due season He will honour you with every blessing, and you will see the wicked destroyed.

Baie dinge wat ons hoop en glo sien ons nie nou nie. Dit beteken nie dat dit nie die Waarheid is nie. Lankmoedigheid is uithouvermoë. Dis om teen hoop op hoop te glo, terwyl jy rus (comfort zone) in die Here

2. Ons gedagtes en God se gedagtes

Ons kan uit intieme verhouding met die Here in ons wandel so vervleg wees met Hom dat ons gedagtes een raak. Voordat ek Hom nog vra sien ek dit omdat my gedagtes een is met Hom.
Joh 16:23 En in daardie dag sal julle My niks vra nie. Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle die Vader sal vra in my Naam, sal Hy julle gee.

Psa 37:4 en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.
Mat 6:31-33 Daarom moet julle jul nie kwel en sê: Wat sal ons eet, of wat sal ons drink, of wat sal ons aantrek nie? (32) Want na al hierdie dinge soek die heidene; want julle hemelse Vader weet dat julle al hierdie dinge nodig het. (33) Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.



3. RUS

Ons kan net nie wegkom van hierdie onderwerp nie. Maar in Sy rus is die plek waar ek wil wees. Daar is geen veroordeling nie en soveel vrymoedigheid om net te wees. Dit is soos die droeë amandeltak wat in die heerlikheid van die Here begin blom. Ons sien die prentjie van hoe 'n man in die droë woestyn stap en waar hy sy voet neersit spring die blomme op.


NB - JY KAN NIE UIT WERKE PROBEER OM IN SY RUS TE KOM NIE!!

Jy kan nie die rus "sien" as jy nie in die rus is nie, net soos jy nie die lig kan sien as jy nie in die lig is nie. Om jouself te beywer om in die rus in te gaan is net om jouself toe te laat om in die rus in te gaan. Jy kom op die plek wat jy net weer sien dat jy reeds daar is, en jy herinner jouself daaraan. Dit is 'n bewuswording van die werk wat Hy reeds gedoen het. "Beywer" is nie 'n werk nie!! As ek dit sien as 'n plek wat ek nog moet bereik, 'n plek waar ander al is en ek nog nie, dan mis jy dit. JY IS REEDS DAAR.
Heb 3:18-19 En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames? (19) En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie.

Heb 4:1-13 Laat ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie. (2) Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie. (3) Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie—alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is. (4) Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus; (5) en nou hier weer: Hulle sal in my rus nie ingaan nie. (6) Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie, (7) bepaal Hy weer ‘n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie. (8) Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ‘n ander dag daarná spreek nie. (9) Daar bly dus ‘n sabbatsrus oor vir die volk van God; (10) want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne. (11) Laat ons ons dan beywer om in te gaan in dié rus, sodat niemand in dieselfde voorbeeld van ongehoorsaamheid mag val nie. (12) Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart. (13) En daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oë van Hom met wie ons te doen het.


Om nie in geloof te wandel nie, maar in ongehoorsaamheid, dus ongeloof, maak dat jy nie in die rus van die Here gaan nie. Om in geloof te wandel is om in rus te wees.


Jes 32:17 En die werking van die geregtigheid sal vrede wees, en die voortbrengsel van die geregtigheid rus en veiligheid tot in ewigheid.


Psa 127:1-2 ‘n Bedevaartslied. Van Salomo. As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter. (2) Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet—net so goed gee Hy dit aan sy beminde in die slaap!



4. Getuienis


Die volgende is nou nie 'n reseppie van hoe om in die rus van die Here to kom of te wandel nie, maar 'n boeta se ervaring van Jes 30:15 - In terugkeer en rus lê julle heil. Dit is sy begeerte om soos Abraham 'n vriend van God genoem te word en in intimiteit met God wandel. Ons word egter net so ingesluk deur ons "to-do" lysies en omstandighede. Ons hardloop rond sonder om rustig te raak en mis uit op wat Hy vir ons het.


Ps37:4 en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.

Jes 30:15 Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie


Hy het toe 'n besluit gemaak om hom in die oggende te verlustig in die Here nie omdat dit die regte ding is om te doen nie, maar om rustig te raak in Hom.
Sy ervaring was dat om in die rus van die Here te wandel, om bewus te wees van die Here se rus, verander jou dag in heerlikheid. Daar word hoop in jou hart geskep en die saad van die Here le in jou hart.

Rom 8:24 Want ons is gered in hoop; maar die hoop wat gesien word, is geen hoop nie; want wat iemand sien, waarom hoop hy dit nog?


5. Skeiding tussen siel en gees

Daar is 2 scenario's:


Verkeerde scenario A. God is bo in die hemele en ek is hier op aarde. Ons is so ver uitmekaar en Sy wee is nie my wee nie..... Dit het die volgende tot gevolg - onderdanigheid, gehoorsaamheid, minderwaardigheid, het nog 'n middelaar nodig, krone en belonings, en 'n konstante gevoel dat ek nog daar moet uitkom.


Korrekte , ware scenario B. God is in die hemel en my geesmens sit saam met Hom in hemelse plekke in Jesus Christus. Die skeiding tussen gees en vlees is massive.
Heb 4:12 Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ‘n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart.
Ek is reeds daar en my middelaar is JESUS!! Die posisie het Hy aan my kom gee as 'n geskenk en ek kan niks doen om dit te verdien nie. Dit is my stand in Hom. Daarom:
Kol 3:1-4 As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. (2) Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. (3) Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. (4) Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.


Gal 2:20 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.


My vleesmens wat nou op die aarde is, is 'n lewe deur geloof. Dit is asof ek in hemelse plekke sit en net 'n "verteenwoordiger" van myself op aarde het. Hierdie "verteenwoordiger" het die keuse om 'n dienskneg van sonde of van geregtigheid te wees.Dit is die mees praktieste verduideliking wat ek van wandel met die Here nog gehad het. Met dit in gedagte lees nou weer Romeine 6
Rom 6:1-23
Wat sal ons dan sê? Sal ons in die sonde bly, dat die genade meer kan word? (2) Nee, stellig nie! Ons wat die sonde afgesterf het, hoe kan ons nog daarin lewe? (3) Of weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is, in sy dood gedoop is nie? (4) Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. (5) Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; (6) aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. (7) Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. (8) As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, (9) omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. (10) Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. (11) So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here. (12) Laat die sonde dan in julle sterflike liggaam nie heers dat julle aan sy begeerlikhede gehoorsaam sou wees nie. (13) En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God. (14) Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade. (15) Wat dan? Sal ons sonde doen, omdat ons nie onder die wet is nie maar onder die genade? Nee, stellig nie! (16) Weet julle nie dat aan wie julle julself as diensknegte tot beskikking stel om hom gehoorsaam te wees, julle diensknegte is van hom aan wie julle gehoorsaam is nie òf van die sonde tot die dood, òf van die gehoorsaamheid tot geregtigheid? (17) Maar ons dank God dat julle wel diensknegte van die sonde was, maar van harte gehoorsaam geword het aan die voorbeeld van die leer wat aan julle oorgelewer is, (18) en, vrygemaak van die sonde, het julle diensbaar geword aan die geregtigheid. (19) Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking. (20) Want toe julle diensknegte was van die sonde, was julle vry van die geregtigheid. (21) Watter vrug dan het julle toe gehad van die dinge waaroor julle jul nou skaam? Want die uiteinde daarvan is die dood. (22) Maar nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe. (23) Want die loon van die sonde is die dood, maar die genadegawe van God is die ewige lewe in Christus Jesus, onse Here.


In vers 22 se dit dat as ek my lede of my "vlees verteenwoordiger" stel as dienskneg van die geregtigheid en myself dood te reken vir die sonde, sal die vrug op my lewe heiligmaking wees!! Dis nie iets wat ek najaag nie, maar die vrug van 'n lewe in oorgawe. Jesus het in elk geval reeds vir ons heiligmaking geword:
1Kor 1:30 Maar deur Hom is julle in Christus Jesus, wat vir ons geword het wysheid uit God en geregtigheid en heiligmaking en verlossing.


6. Daders van die woord
Jak 1:22
En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie. Jesus was die volmaakte "dader van die woord", en noudat ons lewe in Christus is, is dit ook wat ek is. Ek probeer nie nou nie uit die vlees om 'n dader te wees nie, maar om my te vervleg met Hom. Nou -
Jak 1:23 Want as iemand ‘n hoorder van die woord is en nie ‘n dader nie, dié is soos ‘n man wat sy natuurlike gesig in ‘n spieël sien;


As ek nie snap dat ek reeds in Jesus is nie, en nie snap die volmaakte werk wat Hy vir my gedoen het nie, kyk ek in die spieel en sien ek die vleesmens, die natuurlike gesig, en vergeet.

As ek egter weet wie ek in Hom is, kyk ek in die spieel en sien ek Hom!!!!!!!!!!!!!!
2Kor 3:18 En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

Vreder

Thursday, 07 June 2007

Maar die regverdige sal uit die geloof lewe - 30 Mei 2007

1. Geloof as sintuig
Rom 1:17
Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.

Renier moet hier sy vertaling se weergawe van die spesifieke skrif deel.Dit kom egter daarop neer dat die geregtigheid van God aan jou geopenbaar word en dit skep geloof, die geloof maak dan dat jy meer openbaring kry wat weer beteken dat daar meer geloof aanwesig is!!!

Dit laat jou dink aan die skrif waar Paulus deel dat hy in die spieel kyk en verander word van heerlikheid tot heerlikheid.
2Kor 3:18 En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

Geloof kom deur die woord van God en die openbaring daarvan.
Rom 10:17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

Om egter hierdie openbarings of waarhede van God te "sien" of te "hoor", moet jy "sien" of "hoor" met jou hart en nie jou fisiese oe en ore nie. Ons is te geneig om na die opinies van die wereld te luister en die realiteit in ons omstandighede raak te sien. Ons kan dus as te ware blind wees met ons fisiese oe en met die hart sien...

Nou maak die skrifte in Jesaja skielik sin. Jy kan die hele Jes 42 & Jes 43 gaan lees dit sal jou regtig bles,maar hier sommer net 'n paar uittreksels:

Jes 42:16 En Ek sal blindes lei op ‘n weg wat hulle nie ken nie, hulle laat loop op paaie wat vir hulle onbekend is; Ek sal die duisternis lig maak voor hulle uit en die hobbelagtige plekke gelyktes. Dit is die dinge wat Ek doen en nie nalaat nie.

Hy sal jou, "blindes" lei op ‘n weg wat jy nie ken nie. Ons wat nie sien met die oe nie maar met die hart. Ons gee nie ag op die dinge van die wereld, die realiteit nie, maar die waarheid. Net so is ons ook doof vir die wereld


Jes 42:18-23 Hoor, julle dowes, en kyk, julle blindes, om te kan sien. (19) Wie is blind buiten my kneg en doof soos my boodskapper wat Ek stuur? Wie is blind soos die vertroude vriend, en blind soos die kneg van die HERE? (20) Jy het wel baie dinge gesien, maar daar geen ag op gegee nie; die ore oop gehad, maar jy hoor nie. (21) Dit het die HERE behaag ter wille van sy geregtigheid om die onderwysing groot en heerlik te maak. (22) En tog is dit ‘n beroofde en geplunderde volk; hulle is almal gebonde in kerkers, verborge in gevangenisse; hulle het ‘n buit geword sonder dat iemand red, ‘n plundering sonder dat iemand sê: Gee terug! (23) Wie onder julle luister na hierdie dinge? Wie merk op, hoor dit ook vir die toekoms?

Jes 43:8 Bring uit die volk wat blind is en tog oë het, en die dowes wat ore het.


2Kon 6:17 En Elísa het gebid en gesê: HERE, open tog sy oë, dat hy kan sien. En die HERE het die oë van sy dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom Elísa.

Ons let op die onsigbare dinge en nie die sigbare dinge:

2Kor 4:18 omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.

2Kor 5:7 Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.

2. Die wet vervul in Jesus Christus

Gal 2:16-21 terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie. (17) Maar as ons wat streef om in Christus geregverdig te word, self ook sondaars bevind is, is Christus dan ‘n dienaar van die sonde? Nee, stellig nie! (18) Want as ek weer opbou wat ek afgebreek het, dan betoon ek myself ‘n oortreder; (19) want deur die wet is ek vir die wet dood om vir God te lewe. (20) Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. (21) Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.

Ons is geregverdig deur die geloof en nie die wet nie, anders het Jesus tevergeefs gesterf en opgestaan

Jesus het die wet en die profete vervul!!
Mat 17:1-8 En ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes, sy broer, saamgeneem en hulle op ‘n hoë berg in die eensaamheid gebring. (2) En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig. (3) En kyk, daar verskyn aan hulle Moses en Elía in gesprek met Hom. (4) Toe begin Petrus vir Jesus te sê: Here, dit is goed dat ons hier is; as U wil, laat ons hier drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en een vir Elía. (5) Terwyl hy nog spreek, oordek ‘n helderligte wolk hulle meteens en daar sê ‘n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het. Luister na Hom! (6) En toe die dissipels dit hoor, het hulle op hul aangesig geval en was baie bevrees. (7) En Jesus het nader gekom en hulle aangeraak en gesê: Staan op en moenie vrees nie. (8) Toe slaan hulle hul oë op en sien niemand meer nie, behalwe Jesus alleen.

Jesus, Moses - Wet en Elia – Profete, op die berg bymekaar en nadat Petrus vi hulle hutte wil bou se Jesus nee. Net Hy bly dan agter en die ander 2 is weg na die hemel. Dit dui op die feit dat Jesus die wet en die profete kom vervul het. Die wet is in Christus vervul!!!

Meer as net die wet is vervul, die tyd is vervul in Jesus en die "volheid" van die tyd het reeds gekom in Christus

Mark 1:15 en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.

Gal 4:4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet,

Ef 1:10 om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig—

Laat ons gedagtes dus nie besig wees met iets anders as dit wat daarbo is nie

Kol 3:1-2 As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. (2) Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.

Rom 8:5-7 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. (6) Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, (7) omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.

Fil 4:8 Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.

Spr 23:7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy; eet en drink, sê hy vir jou, maar sy hart is nie met jou nie.

3. Versoekinge


1Kor 10:13 Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

Wat die skrif hier se is dat niemand versoek sal word sonder dat hy dit kan hanteer nie. Die goeie nuus is egter dat "julle kragte" waarvan Paulus hier praat is Jesus homself, die volheid van die godheid, wat in elkeen van ons woon liggaamlik, en dat niks ons kan versoek groter as dit nie!!!!
Die uitkoms is natuurlik ook Jesus, en die werk wat Hy 100% vir ons kom afhandel het.
Die versoekinge kom nie net deur die wereld nie maar deur die begeerlikhede van die vlees, ons eie gedagtes, en daarom dan die skrifte wat ons vroeer ook genoem het om ons gedagtes te fokus op dit wat daarbo is. Ons bely die waarheid en stem saam met God se opinie oor my. Ek was my ook self konstant met die waterbad van die woord, en wandel in intimieteit
Rom 12 se ook dat ons ons gedagtes moet vernuwe…

Verder se die skrif dat God ons nie versoek nie

Jak 1:13-15 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. (14) Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. (15) Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.

Daarom kan ons dit dus nou loutere vreude ag as versoekinge oor ons pad kom

Jak 1:2-4 Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, (3) omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. (4) Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.


Heb 10:34 Want julle het ook saam met my gevoel in my boeie, en julle het die berowing van julle goed met blydskap aanvaar, omdat julle geweet het dat julle in julself ‘n beter en blywende besitting in die hemele het.

Jy hou jou oe nou gevestig op Jesus.

4. Ons "wag" nie vir nog iets nie....

Terwyl ons ons oe op Hom vestig en Hom verwag, sit ons nie net en wag vir iets wat nog moet kom nie. Vir Christus wat nog iets kom doen nie. Hy het alles reeds gedoen. Die dag van die Here was die dag wat Jesus aan die kruis 'n volkome offer kom bring het.

Mal 4:5 Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die HERE aanbreek.
Hierdie vreeslike dag van die Here was die dag van Jesus aan die kruis!! Elia het reeds gekom.
Mat 11:13-14 Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer. (14) En as julle dit wil aanneem: hy is Elía wat sou kom.

Mat 17:10-13 En sy dissipels vra Hom en sê: Waarom sê die skrifgeleerdes dan dat Elía eers moet kom? (11) En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dis waar, Elía kom eers en sal alles herstel; (12) maar Ek sê vir julle dat Elía al gekom het, en hulle het hom nie erken nie, maar aan hom alles gedoen wat hulle wou. So sal die Seun van die mens ook deur hulle ly. (13) Toe verstaan die dissipels dat Hy met hulle van Johannes die Doper gespreek het.

Ons wag dus nou nie meer vir 'n dag of dat Jesus nog iets moet kom doen nie. Inteendeel, Hy wag dat die vyand gemaak word die voetstoel van sy voete.

Heb 10:12-13 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God (13) en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is ‘n voetbank van sy voete.

Heb 1:13 En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete?

En dit gebeur deur ons wat in die waarheid, heerskappy, en intieme verhouding met Hom wandel!!

Tuesday, 05 June 2007

Woord `n dag laat

Hallo almal,

Die woord wat verlede Woensdag gevloei het sal ongelukkig eers teen Donderdag by almal uitkom. My lappie het ge-crash en Mads het hare uitgeleen vir drie dae. Ons sal teen die laaste Donderdag aand die woord uitstuur.

Ps 36:34
Don't be impatient for the Lord to act! Keep traveling steadily along His pathway and in due season He will honour you with every blessing, and you will see the wicked destroyed.

Vrede

Tuesday, 29 May 2007

Rus, nogmaals rus. En die Lig - 23 Mei

Wat `n voorreg om in absolute vrymoedigheid die woord van Waarheid te kan share onder mekaar! Ek kan maar net sê dat Vader ons hierdie Woensdag so kom seën het met die kosbaarste woord. Ons gaan maar net die heeltyd terug na 'rus in Hom' toe. Onthou net, Hy het reeds die volkome werk kom doen vir jou.

Psalm 27:4-6

"Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel. Want Hy steek my weg in sy hut in die dag van onheil; Hy verberg my in die skuilplek van sy tent; Hy verhef my op 'n rots. En nou sal my hoof hoog wees bo my vyande rondom my, en ek wil in sy tent offerandes offer saam met trompetgeklank; ek wil sing, ja, psalmsing tot eer van die HERE."

Psalm 84:10-12 (Message)

One day spent in your house, this beautiful place of worship, beats
thousands spent on Greek island beaches. I'd rather scrub floors in the
house of my God than be honored as a guest in the palace of sin. All
sunshine and sovereign is GOD, generous in gifts and glory. He doesn't
scrimp with his traveling companions. It's smooth sailing all the way
with GOD of the Angel Armies.

Dis soos die een ou sê: "As jy die brandewyn vat, dan vat hy jou". So is die hongerte wat `n ou begin ervaar as hy besef tot wat hy toegang het, sonder om te werk daarvoor. Dit is reeds beskore vir hom!

Tannie Shirley het via e-pos haar bydrae gelewer:

Mat 6:26,28
Behold the fowls of the air.. Consider the lilies of the field

Consider the lilies of the field, how they grow, they simply are! Think
of the sea, the air, the sun, the stars and the moon – all these are and what a ministration they exert. So often we mar God’s designed influence through us by our self-conscious effort to be consistent and useful. Jesus says that there is only one way to develop spiritually, and that is by concentration on God. “Do not bother about being of use to others, believe on Me” –pay attention to the Source, and out of you will flow rivers of living water. -Ellies: Die msg sê in vers 31 "What I'm trying to do here is to get you to relax, to not be so preoccupied with getting, so you can respond to God's giving"

A river is not concerned about its flow – it is fed by the source and not concerned where it goes – it just goes. If in full flood takes away obstacles, change the flow of a riverbed, but that
does not concern him, he just takes the ride – can be a of great strength at times and dangerous (can even make a path into the sea and affect nations) but can also be clear, soothing, bringing refreshment and calm - reflect your image and give life to animals and plants.

We cannot get at the springs of our natural life by common sense, and Jesus is teaching that growth in spiritual life does not depend on our watching it, but on concentration on our Father in heaven. Our heavenly Father knows the circumstances we are in, and if we keep concentrated on Him we will grow spiritually as the lilies.

The people who influence us most are not those who buttonhole us, and talk to us, but those who live their lives like the stars in heaven and the lilies in the field, perfectly simply and unaffectedly. Those are the lives that mould us.

If you want to be of use to God, get rightly related to Jesus Christ and He will make you of use unconsciously every minute you live. -Ellies: Amen!

(Worrying causes infidelity and the only cure for infidelity is obedience to the Spirit. Abandon!)

Dankie vir jou bydrae Tannie Shirley!

Om in Sy rus in te gaan kan slegs deur geloof gebeur: "En aan wie het Hy gesweer dat hulle in sy rus nie sal ingaan nie, behalwe aan die ongehoorsames? (Die jode in die woestyn) En ons sien dat hulle deur ongeloof nie kon ingaan nie. (Die beloofde land Kanaan)"

(Heb 3:18-19 AOV)

Heb 4:1-12

v6, v11
Paulus sê die jode kon nie die land ingaan deur hul ongehoorsaamheid nie. Interessant, v6 sê dat aan die jode ook die evangelie verkondig is. Onthou dat Christus reeds in die ou verbond betrokke was met diegene wat Hom gekies het. Hy is van die begin af reeds daar (Joh 1)
v7 Die dag wat Dawid van gepraat het wys profeties op die dag van Christus in die jode se midde. v8 Paulus bevestig dat dit nie `n dag was wat daardie tyd sou kom nie, maar die dag van vers 7
v9 Diè dag praat dus van `n sabbatsrus vir die volk. Paulus praat hier met die Jode, maar ons weet dat hy ook sê daar is nie meer Jood of Griek nie. Die volk hier sluit dus ons almal in.
v10 Ons kan nou maar rus van al ons pogings om God te probeer impress en in Sy rus ingaan soos wat God self van sy werke rus.
v11 Die enigste ywer, die enigste werk wat oorbly is om in te gaan in hierdie rus! Paulus sê dat al vorm van ongehoorsaamheid wat oorbly is om nie in dieselfde rus te wees as God die Vader nie.
v12 En on shet die woord van God wat `n skeiding bring tussen die vlees en die gees. Die geesmens sit reeds in hemelse plekke en is in Waarheid reeds in hierdie rus. Die vlees moet dit net besef! Die ywer, die werk is dus om jou vleesdenke in lyn te kry met die Waarheid wat reeds oor jou gespreek is. Geloof!

Dit sluit aan by Matt 6:28: "...Let op die lelies van die veld, hoe hulle groei; hulle arbei nie en hulle spin nie" Hulle wandel absoluut in hul skeppingsdoel.

Rom 10:17 "Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God."

"Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; julle is egter nie in
die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid. En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon.
Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie; want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe. Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is kinders van God."

(Rom 8:6-14 AOV)
Geloof is nie `n gevoel nie. Dit is `n oortuiging van Waarheid. Die gevoel kan kom of nie, maar is nie waaroor dit gaan nie. Die geloof is die bewys. Rus is die atmosfeer waar spontaniese wonderwerke gebeur. God kommunikeer deur sy Liggaam en ons is Sy stem.

Die Lig

Joh 1:4
In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense.

Isa 60:1
Staan op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die HERE gaan oor jou op.

Joh 12:46
Ek het as 'n lig in die wêreld gekom, sodat elkeen wat in My glo, nie in die duisternis sou bly nie

Psa 36:10 Want by U is die fontein van die lewe; in u lig sien ons die lig.

Dit sluit maar net weer aan by die rus. Binne-in die Lig, binne-in Christus sien ons die uitkoms. En dit wat jy sien is bewys van dit wat jy glo (Heb 11:1) Sien die lig vanuit die Lig.

Die wêreld blyk donker en duister te wees. Christus sien die wêreld in konteks van sy werk op die kruis. Hy sien nie meer sondaars nie. Hy sien gereddes. Die wêreld moet net begin
saamstem daarmee. Dus indien jy vanuit Christus, vanuit die Lig na die wêreld kyk, dan sien jy nie duisternis nie, jy sien lig.

Paulus was drie dae lank blind in die vlees, maar het so `n openbaring van Christus gekry dat hy briewe op briewe geskryf het daaroor. In sy blindheid het hy gesien. Adam se fisiese oë het oopgegaan toe hy gesondig het. Voor dit het hy gekyk met geestelike oë. Die
geestelike is meer waar as die vleeslike.

Ef 1:18
verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is;

Onthou, Die rus is binne-in God se rus! Ons moet lewe vanuit die oorvloed van ons erfdeel (Waarheid) en nie in die tekortkoming (realiteit). Die rus waarin jy is onmeetbaar groter as die tekortkominge in die vlees. Rus skep atmosfeer vir die 'miraculous'. Dit bring `n oortuiging wat jou issues absoluut oorskadu en verdelg. Dit moet ons getuienis wees
dat vanuit ons rus in Christus die Waarheid begin blom soos `n boom wat
van sy lewe oorgee aan sy vrug.

Intimiteit met God `n integrale deel van rus
Intimiteit --> Bevrediging --> Bevrugting --> Swangerskap --> Geboorte. (Dankie Frank vir hierdie bydrae)

2Pe 1:19
En ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op 'n lamp wat in 'n donker plek skyn, totdat die dag aanbreek en die môrester opgaan in julle harte;

Geestelike intimiteit werk dieselfde as vleeslike intimiteit. Die verskil hier is geloof.

  1. Initimiteit se resultaat is bevrediging. Geniet God in
    intimiteit!

  2. Die natuurlike resultaat is bevrugting. In hierdie
    genieting word jy bevrug deur die saad van geloof. 1 Joh 3:9
    sê dat God se saad in ons bly. Die griekse woord hier is sperma (Strong's
    G4690). Ons is bevrug met God se saad! Wow!

  3. Vanuit bevrugting is die volgende stap natuurlik geboorte
    skenk. Die môrester (Christus) gaan op in jou hart, word
    gebore in `n glorieryke manifistasie van seën op seën.


Onthou net, as jy in die omgewing is, is jy welkom om ons Woensdae aande te kom join.

Vrede