Woord Seminaar - 14 en 15 Julie 2007
Ons het met die 'Goeie Nuus' span in Jankemp dorp gepraat en hulle met min moeite oorreed om ons te kom bedien met Waarheid.
Die idee van die seminaar is dat ons lekker om `n tafel sal sit en bietjie saam gesels oor die dinge. Jan Brand sal die seminaar fasiliteer so ver die gesprekke om die woord gaan. Ons sal ook natuurlik lekker eet en ons kyk moontlik na `n spitbraai of potjiekos die Saterdag laat middag.
Ons sal spoedig die finale reëlings deur gee. Hier is wat ons weet:
Wanneer: 14, 15 Julie 2007. Dit begin die Vrydagaand en maak klaar die Saterdagaand.
Kostes: R150 per persoon.
Waar: Op die POWER groep se perseel. Broer Tommie 'pulled some strings'
Alhoewel hierdie seminaar nie ekslusief is nie, gaan ons heel moontlik net `n seker hoeveelheid mense kan akkomodeer. Indien jy reeds wil bespreek stuur net `n e-pos na hierdie adres: goeienuus.seminaar@gmail.com
Ons sal julle gou laat weet hoe die betaling verlang sal word.
Groete en vrede
Elmer