Tuesday, 17 July 2007

Woord seminaar reuse sukses

Eerstens wil ek net askies vra vir die feit dat die Wedenseday Word die laaste twee weke nie uitgegaan het nie. Ons span was druk besig om te beplan vir die Woord seminaar wat diè naweek plaasgevind het. Die van julle wat daar was sal getuig dat dit `n reuse sukses was. Daar was oorvloed om die "minste" te sê en alles van die naweek was `n getuienis en testament van die woord wat uitgegaan het. Daar het soveel kos oorgebly dat baie van die bywoners saam huis toe gevat het om hulle families te gaan voed. Selfs na dit het daar genoeg oorgebly om nog dertig mense te voed. Die Valprè water en die Nescafè koffie was `n nice touch. Die spyseniering was sonder om te oordryf vyfster. Ons het op leer stoele gesit en die venue was `n absolute pluspunt.

Tweedens wil ek net graag `n geuienis deel van een van die broers wat die naweek bygewoon het. Van die woord wat uitgegaan het, alhoewel in liefde en waarheid, kan dalk offensief oorkom, omdat die godsdiens-struktuur by implikasie uitgedaag word. God het nie `n saak met struktuur-kerk of huis-kerk nie. God se behae is Christus en sy Liggaam. Die vraag is vir my of daar, waar ookal, godsdiens beoefen word, of ware gemeenskap in Hom. Die oomblik as hiërargie weer sy verskyning maak het die satan weer `n oortuiging ingebring van wettisisme. Nuwe testamenties het ons elkeen verantwoordelikheid om self in geloof te wandel met Hom. Ons het een middelaar, naamlik Christus. 1Ti 2:5: "Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,". Onderlinge byeenkoms moet `n celebration wees van elkeen se wandel en intimiteit met Christus, nie `n forum waar reels en regulasies (hoe oulik ookal) afgedwing word nie. Hier volg sy brief:

Haai Elmer,

Die naweek se woord bediening was awesome. Skrif aangaande my roeping wat ek ‘n paar jaar gelede ontvang het maak nou vir my baie sin:

Isaiah 45

3I'll lead you to buried treasures,
secret caches of valuables— Confirmations that it is, in fact, I, God,
the God of Israel, who calls you by your name.

5Besides me there are no real gods. I'm the one who armed you for this work,

14God says:

"The workers of Egypt, the merchants of Ethiopia,
and those statuesque Sabeans Will all come over to you—all yours.
Docile in chains, they'll follow you, Hands folded in reverence, praying before you:
'Amazing! God is with you!
There is no other God—none."

Revelation 3

9"And watch as I take those who call themselves true believers but are nothing of the kind, pretenders whose true membership is in the club of Satan—watch as I strip off their pretensions and they're forced to acknowledge it's you that I've loved.

Awsome ne? Kosbare verborge skatte wat die naweek bekend geraak het wat nou bedien moet word aan “those who call themselves true believers but are nothing of the kind”. Challenges vir nou in voorbereiding nog vir die midde ooste taak. Die sturende gemeentes hier sal met die waarheid uitgedaag moet word. Ek het baie wysheid en insig nodig om die waarheid met hulle te deel.

“Sabeans” op hul beurt is tradisioneel Arabiere met hul oorsprong uit die Yemen streek, huidiglik ‘n land aan die suide van die arabiese vasteland wat nog die minste indien enige evangelisasie ontvang het. Ook die armste arabiese land omdat hy nie olie besit nie. Sal nog moet hoor by die Vader hoe ons dit gaan benader.

Groete,

Bernhard