Friday, 11 May 2007

Psalms van Dawid

Interessant hoe 'n paar van ons in dieselfde week oor hierdie onderwerp nagedink het.
Dawid was en is 'n man so na aan God se hart. Hy is seker die een van die ouens wat nog die beste besef het wie hy in Christus is. Tog het sy lewe nie altyd 100% daarvan gespreek nie en lees ons van tye in Dawid se lewe waar sy vlees geheers het. In een Psalm lees jy dat net goedheid en guns jou sal volg al die dae van jou lewe, en God jou gee die begeertes van jou hart Ps23:6, Ps37:4
en die volgende Psalm dat hy die Here hom vir altyd vergeet het.....

Psa 13:2 Hoe lank, HERE, sal U my altyddeur vergeet? Hoe lank sal U vir my u aangesig verberg?

Ons moet egter besef dat hierdie Psalm soos Dawid se joernaal was en dat alhoewel ons dit in een aand lees, dit emosies, omstandighede en situasies oor sy hele lewe uitbeeld. Daar was wel tye in hierdie verhouding met God wat Dawid, al het hy nie oor sy stand getwyfel nie, wel bietjie verder van Hom af gewandel het as normaalweg.
Dawid het egter in so intieme verhouding met sy Skepper gestaan en nie vir een oomblik getwyfel wie hy in Jesus was nie. Hy is so vervleg met Christus dat dit merkwaardig is om te sien dat in sekere van die Psalms, Dawid profeties praat van van die dag van Christus!!!

Psa 22:11-22 Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie. (12) Baie stiere het my omsingel, sterkes van Basan het my omring. (13) Hulle het hul mond teen my oopgespalk soos ‘n leeu wat verskeur en brul. (14) Ek is uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande. (15) My krag is verdroog soos ‘n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood. (16) Want honde het my omsingel; ‘n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe. (17) Al my beendere kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer! (18) Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad. (19) Maar U, HERE, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help! (20) Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond. (21) Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor! (22) Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.


Ps 69:17-21 Verhoor my, o HERE, want u goedertierenheid is goed; wend U tot my na die grootheid van u barmhartighede. (69:18) En verberg u aangesig nie vir u kneg nie; want ek is benoud. Verhoor my dan gou! (69:19) Kom nader na my siel, verlos dit; bevry my om my vyande ontwil. (69:20) U ken my smaad en my beskaming en my skande; al my teëstanders is voor U. (69:21) Die smaad breek my hart, en ek is verswak; ja, ek het gewag op medelyde, maar verniet; en op vertroosters, maar het hulle nie gevind nie. (69:22) En hulle het aan my gal gegee as my spys, en vir my dors het hulle my asyn laat drink.

Om terug te kom na sy intieme verhouding:

Psa 27:4-5 Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel. (5) Want Hy steek my weg in sy hut in die dag van onheil; Hy verberg my in die skuilplek van sy tent; Hy verhef my op ‘n rots.

Psa 26:2 Toets my, HERE, en beproef my, keur my niere en my hart;

Hy was totaal ontbloot in geloof voor God en 'n vrymoedigheid wat nie geken was in sy dae nie, het sy verhoudin met God gekenmerk.

Vir die priester in daardie dae was dit onvanpas en onmoontlik om te eet van die heilige toonbrode in die tabernakel, dus WET.
Vir Dawid wat wandel met die Here, en met 'n openbaring van Jesus wat die priester nie gehad het nie, kon hy met vrymoedigheid in die tabernakel instap, die toonbrode neem,eet daarvan en ook vir sy manskappe gee,dus VERHOUDING.

Stand en wapenrusting

Ons kuiers het die afgelope 3 weke wye draai gevat en julle bydraes is NB om hierdie so volledig as moontlik te hou....Geniet dit!!

Ef 6:11-17 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,
en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.
Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God—


Die wapenrusting van Christus is 'n posisie in Christus. Dit is om jou te beklee met die nuwe skepsel, met die opgestane Jesus. (Ef 4:24)
Dis interessant om te sien dat Jesus ook hierdie stap geneem het:
Jes 59:16-18 En Hy het gesien dat daar niemand was nie en Hom verbaas dat niemand tussenbei tree nie; daarom het sy arm Hom gehelp en sy geregtigheid het Hom ondersteun.
En Hy het
geregtigheid aangetrek soos ‘n pantser, en die helm van heil was op sy hoof; en die klere van wraak het Hy aangetrek as kleding en Hom gewikkel in die ywer soos in ‘n mantel.
Volgens die dade, daarmee ooreenkomstig sal Hy vergelde: grimmigheid aan sy teëstanders, vergelding aan sy vyande; aan die eilande sal Hy die loon vergelde.


Nou kan ek met die wete my beklee met die beeld van my skepper en my daarin toewikkel: Kol 3:10 en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,

Oor die algemeen is Efesiers 'n boek met baie algemene riglyne oor ons wandel in Christus, maar in Ef 6:10 se Paulus...
"Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte",en daar vind progressie plaas. Waarheid, geregtigheid, bereidheid, geloof, verlossing, bid en volharding.
Eers hoor jy die waarheid van Jesus Christus, dan besef jy jou stand in Hom en dat jy voor die grondlegging van die aarde reeds ingesluit is in Christus. Jy het dan vrymoedigheid om in 'n liefdevolle, intieme verhouding met God te staan en die res volg alles uit die verhouding.
Die bereidheid vir die evangelie is nie sendingwerk nie, maar 'n lewenstyl om jou oor die evangelie te skaam nie want dis 'n krag tot redding vir elkeen wat glo... Rom 1:16
Dis ook 'n bereidheid in jou hart om die evangelie van vrede te aanvaar vir jouself

Jes 40:9 o Sion, verkondiger van goeie boodskap, klim op ‘n hoë berg! o Jerusalem, verkondiger van goeie boodskap, hef jou stem op met mag; hef dit op, wees nie bevrees nie! Sê aan die stede van Juda: Hier is julle God!

Jes 61:1 Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;

Jes52:7 Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat aan Sion sê: Jou God is Koning!

Van hier af het die gesprek in 'n nog heerliker rigting ingegaan. Sion is 'n berg in die koningkryk van Jerusalem en dit verteenwoordig my in Christus en die redding vir die aarde!!!!!!!

Heb 12:18-28 Want julle het nie gekom by ‘n tasbare berg nie en ‘n brandende vuur en donkerheid en duisternis en storm (19) en basuingeklank en die geluid van woorde waarby die hoorders gesmeek het dat hulle geen woord meer sou toegevoeg word nie— (20) want hulle kon die gebod nie verdra nie: selfs as ‘n dier die berg aanraak, moet dit gestenig word of met ‘n pyl neergeskiet word. (21) En Moses, so vreeslik was die gesig, het gesê: Ek is verskrik en ek sidder. (22) Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele, (23) by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges, (24) en by Jesus, die Middelaar van die nuwe testament, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel. (25) Pas op dat julle Hom wat spreek, nie afwys nie; want as húlle nie ontvlug het nie wat Hom afgewys het toe Hy op aarde ‘n goddelike waarskuwing gegee het, veel minder óns wat ons van Hom afkeer nou dat Hy uit die hemele spreek. (26) Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe. (27) En hierdie woord: nog. een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly. (28) Daarom, omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees.

Jes 30:19 Want ‘n volk sal op Sion, in Jerusalem, woon; jy sal nie meer ween nie; sekerlik sal Hy jou genade bewys op jou hulpgeroep; sodra Hy hoor, antwoord Hy jou.

Ons het reeds by Sion gekom!!!
Gal 4:22-26 Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye. (23) Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte. (24) Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar—dit is Hagar; (25) want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny. (26) Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal.

Hagar - Berg Sinai - Slawerny
Sara - Berg Sion - Vry


Ons kan dus nou as seuns van God met vrymoedigheid wandel en heers in hierdie lewe!!!!!!

Christus se opstanding skenk geboorte aan `n nuwe nasie

Ons het giksteraand bietjie met Thysie gekuier, en het ons nie gekuier nie?! Die broer se ywer en hart vir die wêreld het ons net weer aan die praat gekry oor die implikasies van Christus se opstanding vir die hele mensdom.

Kyk wat sê Rom 4:25 (YLT)
"who (Christ) was delivered up because of our (humankind) offences, and was raised up because of our
(humankind) being declared righteous."

Christus het eers opgestaan toe die wêreld (almal, nie een uitgelos nie) geregtig (nie meer skuldig) verklaar is. Meeste vertalings draai hierdie stelling om en sê omdat Christus opgestaan het, kan ons dan nou regverdig verklaar word.

Die hele mensdom is reeds regverdig! Kom ek sê dit so:
Niemand, van die dag van Christus se opstanding af, word meer in sonde gebore en ontvang nie. Sondaars is `n spesie wat vergaan het en in `n oogwink het `n nuwe spesie opgestaan.

Isa 66:8 Who has heard of such a thing? Who has seen such things? Shall a land be born in one day? Or shall a nation be brought forth in a moment? For as soon as Zion was in labor, she brought forth her children.

Hierdie nuwe spesie bestaan eintlik al lankal, `n suiwer bloedlyn, sonder vlek, sonder rimpel, sonder gebrek (Ef 5:27), `n superras wat 'geteel' is as't ware vir intimiteit met sy Skepper. Ongelukkig dat die bloedlyn vervuil het. Die ras was nie meer suiwer nie. Die oorspronklike DNA het gemuteer en die eindproduk het radikaal verskil van die 'blue print' .

Christus se vleeswording, kruisiging, en opstanding het die onreine bloedlyn totaal en al kom verwyder deur dit in sy totaliteit uit te delg. Hoe anders raak mens ontslae van `n swak bloedlyn?

Rom 6:7 Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde.

Rom 6:8 As ons (mensdom) dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe,

Die bloedlyn is dus gesuiwer. Die Eersteling (1 Kor 15:20), die 'blue print' is gebore in die opstanding en die mensdom is in ABSOLUTE suiwerheid saam met Hom gebore! Wow!



Thursday, 10 May 2007

Change of Language

Nadat ek gisteraand met my vroutjie gesels het oor ons Woensdae aande kuiertjie se nuwe blog, het ons besluit dat Afrikaans op hierdie stadium die taalkeuse sal wees.

Dit beteken nie dat jy comments of skrifte in Engels kan post nie. Ons akkomodeer maar net Afrikaans eerste.Indien hierdie blog 'aktief' sou raak in die sin dat daar wel publieke belangstelling is, kan ons kyk om `n Engelse blog aan die gang te kry.

Hier is `n paar dinge om in ag te neem:


  • Onthou net, hierdie is nie noodwendig `n chat room nie. So dis nie sommer net om oor en weer vir mekaar `n paar boodskappies te los nie. Ek dink die idee is om sinvolle en 'topically related' kommentaar te lewer op iemand se oorspronklike post. Dis nie `n wet nie, slegs `n riglyn, so as jy voel om sommer net ietsie lekker te sê, maak so. Dis tog immers waarvoor die kommentaar daar is.
  • Ek sal aan almal wat lede gaan wees invitations stuur wat jou dan die volmag gee om `n topic te post en kommentaar te lewer.
  • Kommentaar lewering is oop vir die res van die publiek, maar sal streng gemodereer word.
  • Sodra jy die invitation ontvang en jy het reeds `n gmail account, kan jy dadelik aan die gang kom. Indien jy nie `n gmail account het nie, sal jy in die regte rigting gestuur word. Dit vat slegs `n paar stappe om jou account aan die gang te kry.
  • Sodra jy `n lid is, is daar `n opsie om van jou Outlook bv.`n post te stuur.
  • Jy sal sien dat jy foto's kan bysit en allerhande lekker dinge.
So daar is ons ou bloggie-woggie aan die gang!

Praat weer.





Blog Active

Hi everyone,

This blog is now officially active. I will ask Mads to start entering the last few week's notes from Wednesday evenings. Once all is up and running I will invite to become a member of this blog, whereby you will be able to comment on posts.

Cheers