Change of Language
Nadat ek gisteraand met my vroutjie gesels het oor ons Woensdae aande kuiertjie se nuwe blog, het ons besluit dat Afrikaans op hierdie stadium die taalkeuse sal wees.
Dit beteken nie dat jy comments of skrifte in Engels kan post nie. Ons akkomodeer maar net Afrikaans eerste.Indien hierdie blog 'aktief' sou raak in die sin dat daar wel publieke belangstelling is, kan ons kyk om `n Engelse blog aan die gang te kry.
Hier is `n paar dinge om in ag te neem:
- Onthou net, hierdie is nie noodwendig `n chat room nie. So dis nie sommer net om oor en weer vir mekaar `n paar boodskappies te los nie. Ek dink die idee is om sinvolle en 'topically related' kommentaar te lewer op iemand se oorspronklike post. Dis nie `n wet nie, slegs `n riglyn, so as jy voel om sommer net ietsie lekker te sê, maak so. Dis tog immers waarvoor die kommentaar daar is.
- Ek sal aan almal wat lede gaan wees invitations stuur wat jou dan die volmag gee om `n topic te post en kommentaar te lewer.
- Kommentaar lewering is oop vir die res van die publiek, maar sal streng gemodereer word.
- Sodra jy die invitation ontvang en jy het reeds `n gmail account, kan jy dadelik aan die gang kom. Indien jy nie `n gmail account het nie, sal jy in die regte rigting gestuur word. Dit vat slegs `n paar stappe om jou account aan die gang te kry.
- Sodra jy `n lid is, is daar `n opsie om van jou Outlook bv.`n post te stuur.
- Jy sal sien dat jy foto's kan bysit en allerhande lekker dinge.
Praat weer.
No comments:
Post a Comment