Psalms van Dawid
Interessant hoe 'n paar van ons in dieselfde week oor hierdie onderwerp nagedink het.
Dawid was en is 'n man so na aan God se hart. Hy is seker die een van die ouens wat nog die beste besef het wie hy in Christus is. Tog het sy lewe nie altyd 100% daarvan gespreek nie en lees ons van tye in Dawid se lewe waar sy vlees geheers het. In een Psalm lees jy dat net goedheid en guns jou sal volg al die dae van jou lewe, en God jou gee die begeertes van jou hart Ps23:6, Ps37:4
en die volgende Psalm dat hy die Here hom vir altyd vergeet het.....
Psa 13:2 Hoe lank, HERE, sal U my altyddeur vergeet? Hoe lank sal U vir my u aangesig verberg?
Ons moet egter besef dat hierdie Psalm soos Dawid se joernaal was en dat alhoewel ons dit in een aand lees, dit emosies, omstandighede en situasies oor sy hele lewe uitbeeld. Daar was wel tye in hierdie verhouding met God wat Dawid, al het hy nie oor sy stand getwyfel nie, wel bietjie verder van Hom af gewandel het as normaalweg.
Dawid het egter in so intieme verhouding met sy Skepper gestaan en nie vir een oomblik getwyfel wie hy in Jesus was nie. Hy is so vervleg met Christus dat dit merkwaardig is om te sien dat in sekere van die Psalms, Dawid profeties praat van van die dag van Christus!!!
Psa 22:11-22 Wees nie ver van my af nie, want die nood is naby, want daar is geen helper nie. (12) Baie stiere het my omsingel, sterkes van Basan het my omring. (13) Hulle het hul mond teen my oopgespalk soos ‘n leeu wat verskeur en brul. (14) Ek is uitgestort soos water; al my beendere raak los; my hart het soos was geword; dit het gesmelt binne-in my ingewande. (15) My krag is verdroog soos ‘n potskerf, en my tong kleef aan my verhemelte; en U lê my neer in die stof van die dood. (16) Want honde het my omsingel; ‘n bende kwaaddoeners het my omring; hulle het my hande en my voete deurgrawe. (17) Al my beendere kan ek tel; húlle kyk, hulle sien met welgevalle op my neer! (18) Hulle verdeel my klere onder mekaar en werp die lot oor my gewaad. (19) Maar U, HERE, wees nie ver nie; my Sterkte, maak tog gou om my te help! (20) Red my siel van die swaard, my enigste uit die mag van die hond. (21) Verlos my uit die bek van die leeu, en uit die horings van die buffels het U my verhoor! (22) Ek wil u Naam aan my broers vertel, in die vergadering U prys.
Ps 69:17-21 Verhoor my, o HERE, want u goedertierenheid is goed; wend U tot my na die grootheid van u barmhartighede. (69:18) En verberg u aangesig nie vir u kneg nie; want ek is benoud. Verhoor my dan gou! (69:19) Kom nader na my siel, verlos dit; bevry my om my vyande ontwil. (69:20) U ken my smaad en my beskaming en my skande; al my teëstanders is voor U. (69:21) Die smaad breek my hart, en ek is verswak; ja, ek het gewag op medelyde, maar verniet; en op vertroosters, maar het hulle nie gevind nie. (69:22) En hulle het aan my gal gegee as my spys, en vir my dors het hulle my asyn laat drink.
Om terug te kom na sy intieme verhouding:
Psa 27:4-5 Een ding het ek van die HERE begeer, dit sal ek soek: dat ek al die dae van my lewe mag woon in die huis van die HERE, om die lieflikheid van die HERE te aanskou en te ondersoek in sy tempel. (5) Want Hy steek my weg in sy hut in die dag van onheil; Hy verberg my in die skuilplek van sy tent; Hy verhef my op ‘n rots.
Psa 26:2 Toets my, HERE, en beproef my, keur my niere en my hart;
Hy was totaal ontbloot in geloof voor God en 'n vrymoedigheid wat nie geken was in sy dae nie, het sy verhoudin met God gekenmerk.
Vir die priester in daardie dae was dit onvanpas en onmoontlik om te eet van die heilige toonbrode in die tabernakel, dus WET.
Vir Dawid wat wandel met die Here, en met 'n openbaring van Jesus wat die priester nie gehad het nie, kon hy met vrymoedigheid in die tabernakel instap, die toonbrode neem,eet daarvan en ook vir sy manskappe gee,dus VERHOUDING.
No comments:
Post a Comment