Monday, 14 May 2007

Jesus die Rots

Psa 94:22 Maar die HERE is ‘n rotsvesting vir my, en my God die rots van my toevlug.

Ek is die laaste paar weke net besig met hierdie een gedagte dat Hy my rots is en ek in Hom is. Dis op die oomblik so 'n openbaring wat my hart en my gedagtes oorstroom.


Deut 32:4 Die Rots—volkome is sy werk; want al sy weë is strafgerigte; ‘n God van trou en sonder onreg; regverdig en reg is Hy.

Eks 17:6 Kyk, Ek sal daar voor jou by die rots op Horeb staan; dan moet jy die rots slaan, en daar sal water uit kom, dat die volk kan drink. En Moses het so gedoen voor die oë van die oudstes van Israel

Num 20:8 Neem die staf en laat die vergadering byeenkom, jy en jou broer Aäron, en spreek julle die rots aan voor hulle oë; dan sal hy sy water gee. So moet jy dan vir hulle water uit die rots laat vloei en die vergadering en hulle vee laat drink.
Num 20:11 Daarop tel Moses sy hand op en hy slaan die rots twee maal met sy staf; en daar het baie water uitgekom, sodat die vergadering gedrink het en hulle vee.

Die laaste 2 bogenoemde skrifgedeeltes dui op die kruisiging van Christus.

Een maal moes Moses die rots slaan, en dit sou water gee vir die volk om te drink. Op'n tweede geleentheid moes Moses met die rots praat en Moses het die rots geslaan.

Ons kan Jesus nie 2 maal kruisig nie en hierdie stap van Moses het verhoed dat hy die beloofde land kon ingaan.Ons kan nie die werk van Jesus Christus vertrap nie, net een maal sou Hy ly, om 'n volkome offer te bring.

Heb 9:24-26 Want Christus het nie ingegaan in ‘n heiligdom met hande gemaak, ‘n teëbeeld van die ware nie, maar in die hemel self om nou voor die aangesig van God vir ons te verskyn; (25) ook nie om Homself dikwels te offer, soos die hoëpriester elke jaar in die heiligdom ingaan met bloed wat nie sy eie is nie, (26) want dan moes Hy dikwels gely het van die grondlegging van die wêreld af. Maar nou het Hy een maal in die voleinding van die eeue verskyn om die sonde deur sy offer weg te doen.


Heb 10:10 Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal.

Hierdie rots het hulle die hele tyd in die woestyn agtervolg en voorsien in elke behoefte van die volk

1Kor 10:4 en almal dieselfde geestelike drank gedrink het, want hulle het gedrink uit ‘n geestelike rots wat gevolg het, en die rots was Christus.

Ps 78:20 Kyk, Hy het die rots geslaan, dat waters gevloei en spruite gestroom het—sou Hy ook brood kan gee of vleis kan verskaf aan sy volk?

Deu 32:13 Hy het hom laat ry op die hoogtes van die aarde, en hy het die opbrings van die veld geëet; en Hy het hom heuning uit die rots laat suig en olie uit die klipharde rots

Daar is soveel skrifte wat wys na Chrisus in die ou testament, wat my so opgewonde maak omdat ek weet dat hulle die dag van Christus, soos Abraham, gesien het.

Ek lees toe die bekende gedeelte in Eksodus waar Moses die heerlikheid van God wou sien en dis eintlik waarby ek wil uitkom:

Eks 33:18-23 Daarop vra hy: Laat my tog u heerlikheid sien. (19) Maar Hy antwoord: Ek sal al my majesteit by jou laat verbygaan en voor jou die Naam van die HERE uitroep; maar Ek sal genadig wees vir wie Ek genadig wil wees, en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm. (20) Verder het Hy gesê: Jy kan my aangesig nie sien nie, want geen mens kan My sien en bly lewe nie. (21) Ook het die HERE gesê: Kyk, hier is ‘n plek by My waar jy op die rots kan gaan staan. (22) En as my heerlikheid verbygaan, sal Ek jou in die skeur van die rots stel en jou met my hand oordek totdat Ek verbygegaan het. (23) En as Ek my hand wegneem, sal jy My van agter sien; maar my aangesig kan nie gesien word nie.

Skielik lees ek iets anders raak in hierdie gedeelte wat my bedwelmd laat met Christus, soos Elmer altyd se!

My begeerte is om Sy heerlikheid in my lewe te sien soos Moses. Sy antwoord daarop is - HIER IS 'N PLEK LANGS MY OP DIE ROTS!!!!! Meer as dit - EK SAL JOU IN DIE SKEUR VAN DIE ROTS STEL!!!!!!!!!!!!!!!! Daar is 'n plek langs My op die Rots, in die Rots!!

Heb 10:12 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God

Kol 3:1 As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.

Fil 3:20 Want ons burgerskap is in die hemele, van waar ons ook as Verlosser verwag die Here Jesus Christus,

Ek beklee nou 'n posisie, in die Rots, langs God. Ek weet ons is almal bekend met die gedagte dat ons in Christus is, maar dit was van vooraf net vir my so "awesome" om te weet dat dit is waar ek myself bevind

Ps 71:3 Wees vir my ‘n rots om in te woon, om gedurig in te gaan; U wat bevel gegee het om my te verlos, want U is my rots en my bergvesting

Ps 40:2 (40:3) en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op ‘n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak.

Mag jy gedurig deur bewus wees van die feit dat jy in die Rots is. Dat Sy volkome werk aan die kruis jou daardie posisie verseker het en dat jy daar onwankelbaar is.

Psa 81:16 (81:17) Ja, Hy sou hulle voed met die beste van die koring; en met heuning uit die rots sou Ek jou versadig.

No comments: