Nog oor die Rots...
Een van ons geliefde susters het haar hart gedeel oor die stuk van die Rots en dis regtig 'n blessing:
Ek is vanoggend so opgewonde en in ‘awe’ oor hierdie woord, Nee, oor Christus! WHAT A BLESSING!!!
Wat my die meeste getref het in die Eksodus 33 skrif is dat die Here jou in die rots stel totdat Sy heerlikheid verbygaan en dat Hy jou met Sy hand oordek. Ek dink my openbaring is oor die plek waar ek nou is, maar dit is vir my so bemoediging, dat die Here my met sy hand oordek todat Hy verbygaan, Hy gaan vooruit en maak die paaie gelyk terwyl ek beskemd is, met Sy hand oordek is. My voete veilig op die Rots wat nie sal wankel nie. HOE KAN MENSE SONDER CHRISTUS WIL LEWE??? As Hy dan jou lewe vir jou sooooo standvastig, veilig en beskermd maak? Dit laat my net weer besef dat ek op GEEN ander plek wil wees as DAAR in die skeur (wonde wat vir my lewe gebring het). Daar is net een pad na God en dit is deur Jesus Christus, deur sy een offer (skeur), Jesus het dit soveel keer verkondig toe Hy op aarde was, maar dit is of dit nou eers vir my ‘n werklikheid word.
Wow suster!! Dit laat my lam van verwondering en bewondering vir ons God – the Rock of our salvation, the Rock of ages!!
Baie liefde!
Louisa
No comments:
Post a Comment