Tuesday, 15 May 2007

Johannes die werklike Hoëpriester en Jesus ons Ware Hoëpriester


In die tyd van Jesus se lewe op aarde en die kruisiging, was die Hoëpriester, Kajafas. Dit was egter 'n politiese aanstelling en die werklike hoëpriester van die tyd volgens die orde van Levi was Johannes die doper. (Sy pa was Sagaria, Luk 1:5)

Luk 1:5 Daar was in die dae van Herodes, koning van Judéa, ‘n sekere priester met die naam van Sagaría, uit die afdeling van Abía; en sy vrou was uit die dogters van Aäron, en haar naam was Elisabet.

Luk 1:8 En terwyl hy besig was om die priesteramp voor God te bedien in die beurt van sy afdeling,
Luk 1:9 het die lot volgens priesterlike gewoonte op hom geval om in te gaan in die tempel van die Here en reukwerk te brand.

Die priester van die tyd het gewoonlik met die jaarlikse offer die lam deeglik ondersoek vir enige gebreke. Dan het hy die die lam gewas en 'n rooi lintjie om sy kop gebind, en in die woestyn ingejaag oorgegee aan die elemente.
Ja, jy kan al reeds die gelyke sien met Jesus ons lam. Die doring kroon, sonder gebrek en sonder sonde.
Johannes die werklike priester van die tyd het die "lam" deeglik ondersoek en gewas voor hy geoffer kon word, onwetend van wat hy doen natuurlik.


Mat 3:13-17 Toe het Jesus van Galiléa na die Jordaan, na Johannes gekom om deur hom gedoop te word. (14) Maar Johannes het Hom ernstig teëgegaan en gesê: Ek het nodig om deur U gedoop te word, en kom U na my toe? (15) Maar Jesus het geantwoord en vir hom gesê: Laat dit nou toe, want só pas dit ons om alle geregtigheid te vervul. Daarna het hy Hom toegelaat. (16) En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos ‘n duif neerdaal en op Hom kom. (17) En daar kom ‘n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het.


Joh 1:29-37 Die volgende dag sien Johannes Jesus na hom toe kom, en hy sê: Dáár is die Lam van God wat die sonde van die wêreld wegneem! (30) Dit is Hy van wie ek gesê het: Ná my kom ‘n man wat voor my geword het, want Hy was eerder as ek. (31) En ek het Hom nie geken nie; maar dat Hy aan Israel openbaar sou word, daarom het ek gekom en met water gedoop. (32) En Johannes het getuig en gesê: Ek het die Gees soos ‘n duif uit die hemel sien neerdaal, en Hy het op Hom gebly. (33) En ek het Hom nie geken nie; maar Hy wat my gestuur het om met water te doop, Hy het aan my gesê: Op wie jy die Gees sien neerdaal en op Hom bly, dit is Hy wat met die Heilige Gees doop. (34) En ek het gesien en getuig dat Hy die Seun van God is. (35) Die volgende dag het Johannes weer daar gestaan en twee van sy dissipels; (36) en toe hy Jesus sien wandel, sê hy: Dáár is die Lam van God! (37) En die twee dissipels het hom dit hoor sê en Jesus gevolg.

Nadat Johannes Jesus gedoop het, snap hy wat gebeur het en se voor almal, daar is die Lam van God!!
Jesus het dus aan elke wettiese ritueel voldoen om die volkome offer te wees, ook onder die wet. Hy is gedoop sodat alle geregtigheid vervul kon word.
WOW!!!

Nou die volgende:

Mal 3:1-3 Kyk, Ek stuur my boodskapper wat die weg voor My uit sal baan; dan sal skielik na sy tempel kom die Here na wie julle soek, naamlik die Engel van die verbond, na wie julle ‘n begeerte het. Kyk, Hy kom, sê die HERE van die leërskare. (2) Maar wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? Want Hy sal wees soos die vuur van die smelter en soos die loog van die wassers. (3) En Hy sal sit: ‘n smelter en reiniger van silwer, en Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die HERE in geregtigheid ‘n offer sal bring.

Die boodskapper is Johannes -
Joh 1:19-23 En dit is die getuienis van Johannes, toe die Jode uit Jerusalem priesters en Leviete gestuur het om hom te vra: Wie is u? (20) En hy het erken en nie ontken nie, maar het erken: Ek is nie die Christus nie. (21) Toe vra hulle hom: Wat dan? Is u Elía? En hy sê: Ek is nie. Is u die profeet? En hy antwoord: Nee. (22) Toe sê hulle vir hom: Wie is u? —dat ons antwoord kan gee aan die wat ons gestuur het. Wat sê u van uself? (23) Hy antwoord: Ek is die stem van een wat roep in die woestyn: Maak die pad van die Here reguit! soos Jesaja, die profeet, gesê het.

Engel van die verbond- Jesus

Sy koms hier, in Maleagi, is die koms van Jesus aan die kruis.. v3 "Hy sal die seuns van Levi reinig en hulle louter soos goud en soos silwer, sodat hulle aan die HERE in geregtigheid ‘n offer sal bring."
Sy volkome werk maak dat ons nou ons offers in geregtigheid kan bring!!

Wie dan was Johannes volgens die profete:

Mat 11:12-14 Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld. (13) Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer. (14) En as julle dit wil aanneem: hy is Elía wat sou kom.


Mat 17:3-13 En kyk, daar verskyn aan hulle Moses en Elía in gesprek met Hom. (4) Toe begin Petrus vir Jesus te sê: Here, dit is goed dat ons hier is; as U wil, laat ons hier drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en een vir Elía. (5) Terwyl hy nog spreek, oordek ‘n helderligte wolk hulle meteens en daar sê ‘n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het. Luister na Hom! (6) En toe die dissipels dit hoor, het hulle op hul aangesig geval en was baie bevrees. (7) En Jesus het nader gekom en hulle aangeraak en gesê: Staan op en moenie vrees nie. (8) Toe slaan hulle hul oë op en sien niemand meer nie, behalwe Jesus alleen. (9) En onderwyl hulle van die berg afklim, het Jesus hulle bevel gegee en gesê: Julle moet vir niemand iets van die gesig sê voordat die Seun van die mens uit die dode opgestaan het nie. (10) En sy dissipels vra Hom en sê: Waarom sê die skrifgeleerdes dan dat Elía eers moet kom? (11) En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dis waar, Elía kom eers en sal alles herstel; (12) maar Ek sê vir julle dat Elía al gekom het, en hulle het hom nie erken nie, maar aan hom alles gedoen wat hulle wou. So sal die Seun van die mens ook deur hulle ly. (13) Toe verstaan die dissipels dat Hy met hulle van Johannes die Doper gespreek het.

Hier is die einde van die wet en die profete, Jesus kom en vervul die wet en die profete.
Die priesterskap word oorgegee tot op Jesus:

Heb 7:11-12 As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was—want met die oog daarop het die volk die wet ontvang—waarom was dit nog nodig dat ‘n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die orde van Aäron genoem word nie? (12) Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet;


Heb 7:21-28 maar Hy met eedswering deur die Een wat aan Hom gesê het: Die Here het gesweer en dit sal Hom nie berou nie: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek— (22) in sover het Jesus van ‘n beter verbond borg geword. (23) En hulle het wel priesters geword in ‘n groot aantal, omdat hulle deur die dood verhinder is om aan te bly; (24) maar Hy, omdat Hy vir ewig bly, besit ‘n priesterskap wat nie op ander oorgaan nie. (25) Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. (26) Want so ‘n hoëpriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hoër as die hemele geword het; (27) wat nie elke dag nodig het, soos die hoëpriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir dié van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het. (28) Want die wet stel as hoëpriesters aan mense met swakhede, maar die woord van die eedswering wat ná die wet gekom het, stel die Seun aan, wat vir ewig volmaak is.


Heb 8:4-7 Want as Hy op aarde was, sou Hy selfs geen priester wees nie, omdat daar priesters is wat volgens die wet die gawes offer, (5) hulle wat ‘n afbeeldsel en skaduwee van die hemelse dinge bedien, soos Moses ‘n goddelike bevel ontvang het toe hy die tabernakel sou voltooi; want Hy het gesê: Kyk dat jy alles maak volgens die voorbeeld wat jou op die berg getoon is. (6) Maar nou het Hy ‘n voortrefliker bediening verkry vir sover Hy ook Middelaar is van ‘n beter verbond wat op beter beloftes wettelik gegrond is. (7) Want as daardie eerste een onberispelik was, sou daar nie plek vir ‘n tweede gesoek word nie.


Heb 8:10-13 Want dit is die verbond wat Ek ná dié dae sal sluit met die huis van Israel, spreek die Here: Ek sal my wette in hulle verstand gee en dit op hulle hart skrywe; en Ek sal vir hulle ‘n God wees, en hulle sal vir My ‘n volk wees. (11) En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer en sê: Ken die Here nie; want almal sal My ken, klein en groot onder hulle. (12) Want Ek sal barmhartig wees oor hulle ongeregtighede en aan hulle sondes en hulle oortredinge nooit meer dink nie. (13) As Hy sê ‘n nuwe verbond, het Hy die eerste oud gemaak; en wat oud word en verouder, is naby die verdwyning.


Heb 10:1-23 Want die wet, wat ‘n skaduwee het van die toekomstige weldade, nie die beeld self van die dinge nie, kan nooit deur dieselfde offers wat jaar na jaar gedurig gebring word, die wat toetree, tot volmaaktheid lei nie. (2) Anders sou hulle opgehou het om geoffer te word, omdat die wat die diens verrig, nadat hulle een maal gereinig is, geen bewussyn meer van sondes sou gehad het nie. (3) Maar in dié offers is daar jaar na jaar ‘n herinnering aan die sondes; (4) want die bloed van stiere en bokke kan onmoontlik die sonde wegneem. (5) Daarom sê Hy, as Hy in die wêreld inkom: Slagoffer en spysoffer wou U nie hê nie, maar U het vir My ‘n liggaam berei. (6) Brandoffers en sondoffers het U nie behaag nie. (7) Toe het Ek gesê: Kyk, Ek kom—in die boekrol is dit van My geskrywe—om u wil te doen, o God. (8) Nadat Hy hierbo gespreek het: Slagoffer en spysoffer en brandoffers en sondoffers wou U nie hê en het U nie behaag nie—wat volgens die wet geoffer word— (9) het Hy daarna gesê: Kyk, Ek kom om u wil te doen, o God. Hy neem die eerste weg om die tweede te stel. (10) Deur hierdie wil is ons geheilig deur die offer van die liggaam van Jesus Christus, net een maal. (11) En elke priester staan wel dag vir dag om die diens waar te neem en dikwels dieselfde slagoffers te bring wat tog nooit die sondes kan wegneem nie; (12) maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God (13) en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is ‘n voetbank van sy voete. (14) Want deur een offer het Hy vir altyd volmaak die wat geheilig word. (15) En ook die Heilige Gees gee aan ons getuienis; (16) want nadat Hy tevore gesê het: Dit is die verbond wat Ek met hulle sal sluit ná dié dae, spreek die Here verder: Ek sal my wette gee in hulle hart, en in hulle verstand sal Ek dit inskrywe, (17) en aan hulle sondes en hulle ongeregtighede sal Ek nooit meer dink nie. (18) Waar daar nou vergifnis van hierdie dinge is, is daar geen offer meer vir die sonde nie. (19) Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus (20) op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, (21) en ons ‘n groot Priester oor die huis van God het, (22) laat ons toetree met ‘n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van ‘n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water. (23) Laat ons die belydenis van die hoop onwankelbaar vashou, want Hy wat dit beloof het, is getrou;

1 comment:

Elmer Botha said...

Ek voel dit nodig om te sê dat ek geen bewys in die Bybel se skrifte kan kry dat Kájafas nie `n ware hoëpriester was nie. Dit wil sê dat hy deur die Romeinse goewerment aangestel is. Ek dink dit was in een of ander Dick Rueben (Reuben?)
video gesê.

Ek dink ons moet net 100% seker maak oor hierdie saak en dalk bietjie meer agtergrond gee indien dit so is. Anders moet ons die stelling skrap.