Omstandighede, Besluite en Daniel
2 Mei 2007
Hierdie week het ons gesels oor omstandighede en besluite.
Hoekom twyfel ons nog? Ons stand met God kan nie verander nie, al verander omstandighede - ons het dus geen rede om te twyfel nie....
Ps 34:20 Resj. Menigvuldig is die teëspoede van die regverdige, maar uit dié almal red die HERE hom.
Jer 29:11 Want Ék weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die HERE, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ‘n hoopvolle toekoms te gee.
Net aardse goed kan jou laat twyfel, geld ens.
1Joh 2:16 Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe—is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld.
1Joh 5:14-15 En dit is die vrymoedigheid wat ons teenoor Hom het, dat Hy ons verhoor as ons iets vra volgens sy wil. (15) En as ons weet dat Hy ons verhoor, dan weet ons dat, wat ons ook al vra, ons die bedes verkry wat ons van Hom gevra het.
Gebruik die Here omstandighede? NEE
Die omstandighede is in die wereld en nie van Hom af nie!! Hy kan wel met ons in die omstandighede praat, maar weereens nie deur omstandighede nie, dus stuur Hy dit nie! Intimiteit met God is NB om in die geloof te wandel en om in hierdie wereld te heers.
Slegte omstandighede was nooit bestem nie, kom net by plek van rus en wandel met Hom.
Jou dryfkrag agter 'n skuif of 'n groot besluit kan NOOIT vrees wees nie, maar die vrede van God in jou hart.
Kol 3:15 En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar. (Amp)
Op 3:8 Ek ken jou werke. Kyk, Ek het voor jou ‘n geopende deur gegee, en niemand kan dit sluit nie,
Ons het gekyk na 'n storie van Agab en 'n ander Koning wat in God se wil gewandel het. God se direk om nie vir Agab in oorlogte help nie, maar die koning belsuit om dit nogsteeds te doen. Hy maak dus die verkeerde besluit, en uit God se plan. Hierdie koning maak Juda oop vir aanvalle van buite waar die Here hulle altyd beskerm het. HY besef vinnig dat hy die verkeerde besluit gemaak het en gaan maak reg met God. God gaan voor hulle uit en veg die oorlog vir hulle sonder dat hulle 'n vinger gelig het.
Mat 6:33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
Ps 32:8 Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.
Ps 37:4 en verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart.
Ps 127:1 ‘n Bedevaartslied. Van Salomo. As die HERE die huis nie bou nie, tevergeefs werk die wat daaraan bou; as die HERE die stad nie bewaar nie, tevergeefs waak die wagter.
Ps 127:2 Tevergeefs dat julle vroeg opstaan, laat opbly, brood van smarte eet—net so goed gee Hy dit aan sy beminde in die slaap!
Ps 33:22 Laat u goedertierenheid, HERE, oor ons wees net soos ons op U wag!
Spr 10:22 Die seën van die HERE—dit maak ryk, en moeitevolle arbeid voeg daar niks by nie.
Pred 9:7 Gaan dan heen, eet jou brood met vreugde, en drink jou wyn met ‘n vrolike hart, want God het lankal behae in jou werke. (He intimiteit met hom, hy het lanal behae in jou werke/poging)
Pred 11:4 Wie op die wind ag gee, sal nie saai nie; en wie na die wolke kyk, sal nie oes nie.
Ons is baie emosioneel en moet waak dat ons emosie nie met God se wil verward word nie.
Ef 4:17 Dit sê en betuig ek dan in die Here, dat julle nie meer moet wandel soos die ander heidene ook wandel in die verdwaasdheid van hulle gemoed nie—
Geloof kom natuurlik. God se vir Abraham dat in sy seun sy nageslag wees. Jare daarna se God egter vir hom om sy seun te offer. Abraham het geweet dat God reeds vir hom gese het dat sy nageslag in sy seun sal wees, en hy het geweet dat God sy seun uit die dood sal opwek, omdat God 'n belofte gemaak het.
Intimiteit met God is baie belangrik om in so verhouding van geloof met hom te wandel, en dit kos tyd.
Lyding is om die vlees af te le. Begroot dus tyd in jou dag en koop die tyd uit om tyd met Hom te spandeer.
God is goed, omdat Hy goed is nie as gevolg van my stand nie:
Dan 9:18 Neig u oor, my God, en hoor, open u oë en aanskou ons verwoeste plekke en die stad waar u Naam oor uitgeroep is; want nie op grond van ons geregtigheid werp ons ons smekinge voor u aangesig neer nie, maar op grond van u grote barmhartigheid.
Wyl ons besig is met Daniel....
Ons moet besef die krag wat in ons woorde is en dat ons God se naam konstant in omstandighede kan bely
Mat 10:32-33 Elkeen dan wat My sal bely voor die mense, hom sal Ek ook bely voor my Vader wat in die hemele is. (33) Maar elkeen wat My verloën voor die mense, hom sal Ek ook verloën voor my Vader wat in die hemele is.
Dan 3:15-18 As julle dan nou, sodra julle die geluid van horing, fluit, siter, luit, harp en doedelsak en van allerhande musiekinstrumente hoor, bereid is om neer te val en die beeld wat ek gemaak het, te aanbid, goed; maar as julle nie aanbid nie, sal julle oombliklik binne-in die brandende vuuroond gegooi word, en wie is die God wat julle uit my hand kan verlos? (16) Sadrag, Mesag en Abednégo het geantwoord en aan koning Nebukadnésar gesê: Ons ag dit nie nodig om u hierop ‘n antwoord te gee nie. (17) As onse God wat ons dien, in staat is om ons te verlos, dan sal Hy ons uit die brandende vuuroond en uit u hand, o koning, verlos; (18) maar so nie, laat dit u dan bekend wees, o koning, dat ons u gode nie sal dien nie en die goue beeld wat u opgerig het, nie sal aanbid nie.
Vir jare lank al glo ons hierdie skrif as volg: As God wil sal hy ons uit die oond kan red. As hy ons nie kan / wil red nie, sal ons Hom nogsteeds dien..... As ons egter kyk na die skrif in Mattheus, dan besef ons, vir God om sy engel te gestuur het om hulle te red uit die vuur oond, moes Daniel sy Naam bely het en nie verloen het nie!!
Dus kan ons Daniel 3:17-18 so verstaan: Julle wil ons in die vuuroond gooi, weet dat my God my daaruit SAL red. As julle besluit om ons nie in die vuuroond te gooi nie, weet ,ons sal nogsteeds nie julle gode dien nie!! Nie vir een oomblik het dit by Daniel opgekom dat sy God hom nie sal red nie. Hy het NIE 'n godsdienstige uitspraak gemaak en gese dat al sou sy God hom nie red nie.....
Dan 3:25 Hy antwoord en sê: Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar ‘n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos dié van ‘n godeseun.
Die engel van God het hulle kom red!!
Ons moet ook so begin dink in elke situasie.
Rom 8:37-39 Maar in al hierdie dinge is ons meer as oorwinnaars deur Hom wat ons liefgehad het. (38) Want ek is versekerd dat geen dood of lewe of engele of owerhede of magte of teenwoordige of toekomende dinge (39) of hoogte of diepte of enige ander skepsel ons sal kan skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus, onse Here, is nie.
Heb 13:5 .......Wees tevrede met wat julle het, want Hy het gesê: Ek sal jou nooit begewe en jou nooit verlaat nie. (lees hierdie ook in die Amplified)
2Kron 20:15-23 en hy het gesê: Luister, almal wat uit Juda is en inwoners van Jerusalem en u, koning Jósafat! So sê die HERE aan julle: Wees nie bevrees of verskrik vanweë hierdie groot menigte nie, want die stryd is nie julle saak nie, maar die saak van God. (16) Trek môre af teen hulle: kyk, hulle kom op met die hoogte Hassis, en julle sal hulle aantref aan die kant van die dal voor die woestyn Jerúel. (17) Julle hoef daarby nie te veg nie; staan gereed, bly staan en aanskou die redding van die HERE by julle, Juda en Jerusalem! Vrees nie en wees nie verskrik nie; trek môre teen hulle uit, en die HERE sal met julle wees. (18) Toe buig Jósafat hom met die aangesig na die aarde toe, en die hele Juda en die inwoners van Jerusalem het voor die aangesig van die HERE neergeval om die HERE te aanbid. (19) En die Leviete uit die kinders van die Kehatiete en uit die kinders van die Koragiete het opgestaan om die HERE, die God van Israel, met ‘n baie groot stem te prys. (20) Daarop maak hulle die môre vroeg klaar en trek na die woestyn van Tekóa uit; en terwyl hulle uittrek, het Jósafat gaan staan en gesê: Luister na my, Juda en inwoners van Jerusalem! Glo in die HERE julle God, dan sal julle bevestig word; glo aan sy profete, dan sal julle voorspoedig wees. (21) En hy het met die volk beraadslaag en tot eer van die HERE sangers opgestel wat, in heilige sieraad, moes lofsing en by die uittrek op die voorpunt van die gewapendes moes sê: Loof die HERE, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! (22) En op die oomblik toe hulle die gejubel en die lofsang aanhef, het die HERE ‘n hinderlaag opgestel teen die kinders van Ammon, Moab en die mense van die gebergte Seïr wat teen Juda gekom het, sodat hulle verslaan is. (23) Die kinders van Ammon en Moab het naamlik opgetree teen die inwoners van die gebergte Seïr om uit te roei en te verdelg; en toe hulle met die inwoners van Seïr klaar was, het hulle mekaar in die verderf gehelp.
Neem jou posisie in, maar weet dat God die geveg vir jou veg!!!
2 comments:
Is 30:15 (NKJV) In RETURNING & REST (you shall be saved) In QUITENESS & CONFIDENCE (shall be your strength)
Ek is nou die afgelope ongeveer 23 jaar n gelowige in Jesus se Opstanding en daar is een groot waarheid wat geleer het ... Ek kan net getuig hoe ek die afgelope maande van Desember - my eerste vrug van die dag (dit beteken vir ons wat nie oggend mense is nie... vroeg in die oggend net jy wakker word nog en gestort het met koffie :-))intimiteit met God maak. Dit beteken nie noodwendig Bybelstudie nie, maar dit beteken defintief BID - en dan voel dit vir my of die Woord lewend word.
Mads, dankie vir jou moeite - waardeer dit.
Mads het gesê : "Dus kan ons Daniel 3:17-18 so verstaan: Julle wil ons in die vuuroond gooi, weet dat my God my daaruit SAL red. As julle besluit om ons nie in die vuuroond te gooi nie, weet ,ons sal nogsteeds nie julle gode dien nie!! Nie vir een oomblik het dit by Daniel opgekom dat sy God hom nie sal red nie. Hy het NIE 'n godsdienstige uitspraak gemaak en gese dat al sou sy God hom nie red nie.....
Dan 3:25 Hy antwoord en sê: Kyk, ek sien vier manne los binne-in die vuur wandel sonder dat daar ‘n letsel aan hulle is; en die voorkoms van die vierde lyk soos dié van ‘n godeseun."
Ek stem saam met die rein gedagte. Daniël het nie getwyfel en op grond daarvan `n stelling gemaak nie. Hy was 100% oortuig Vader sou hom red. hy wou die ouens net mooi laat verstaan: "Julle gaan my nie intimideer of manipuleer nie. Of julle my nou in die vuur gooi of nie, ek sal nie julle gode/koning aanbid nie. So maak wat julle wil. Vader gaan my in elk geval uit die vuuroond red, julle mors eintlik net julle tyd.
Post a Comment