God is Love: Part II
God is Love: Part I
Jesus antwoord hom: Ek is die weg en die waarheid en die lewe; niemand kom na die Vader behalwe deur My nie.
(Joh 14:6)
Die volheid van die godheid (Kol 2:9-10) is beskore vir die hele mensdom. In Christus (Rom 3:24) kry ons toegang tot hierdie volheid. Die woordjie 'in' hier is die Griekse woord 'en'. Strong sê dit beteken "a relation of rest" (G1722). Om in Christus te wees is om te rus!
So wat beteken dit om te rus? rest -noun. 1. the refreshing quiet or repose of sleep, 2. refreshing ease or inactivity after exertion or labor, 3. relief or freedom, esp. from anything that wearies, troubles, or disturbs, 4. a period or interval of inactivity, repose, solitude, or tranquillity.
Ek hou spesifiek van nommers 2 en 3. Eers bietjie later oor nommer 2. Kom ons kyk bietjie na die derde definisie. Om nie te 'worry' is om nie te vrees nie. Om by `n plek te wees van absolute oortuiging van geen gevaar nie. 'In Christus' vat dit nog `n stappie verder: om by `n plek te wees waar jy geen bewussyn het van vrees nie! 'In Christus' is nie net 'relief from' nie, dit is `n ewigheidsstand. Om te dink dat Adam geen bewussyn gehad het van enige onrus voor hy geval het nie. Adam het nie geweet wat dit is om in rus te wees nie. Om te weet wat iets is, is om `n verwysingsraamwerk te hê van wat dit nie is nie. Adam het geen verwysingsraamwerk gehad nie.
Paulus waarsku die Galasiers dat `n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak (Gal 5:9) . Hy verwys hier na die wet weer begin inkruip. Christus is nie korrupbaar nie. Hy akkomodeer geen mates van onreinheid nie. Dit kan net nie 'gel' met Hom nie. Om in Hom te wees kan nie anders as om net soos Hy te wees nie. In alle opsigte rein, skoon en vekkeloos soos Hy.
Dit is wat Liefde ons geskenk het. Toegang tot `n atmosfeer waar ons nie meer `n verwysingraamwerk het van dit wat ons bang maak nie. Dit is vanuit hierdie plek waar `n man soos Dawid `n beer, leeu en reus kan dood maak sonder enige vrees - 1Sam 17:36. Om absoluut bedwelmd, vervleg en in Christus te wees. Hier is waar geen, maar geen vorm van sogenaamde intimidasie vir jou enige iets meer sou beteken as nog `n geleentheid om Sy oorwinning op die kruis te vier nie! Waarheid bly Waarheid. Of jy nou Waarheid glo, of besluit het om slegs `n gedeelte van Hom te glo, dit verander niks aan Waarheid nie. Die volheid van die tye het gekom in Christus! (Gal 4:4, Rom 1:15) Die oorwinning is behaal. Om bang te wees is buite jou natuur. Liefde is die Gees, en waar Liefde is, daar is vryheid van vrees. Binne-in jou, o Jerusalem! Jou denke moet jou nie beheer nie. Hou jou oë gevestig op Christus en jou denke sal in plek val. Dit is waar heerskappy begin. En terwyl jy met `n hartsopenbaring soos in `n spieël die heerlikheid van Liefde aanskou, word jou denke verander van heerlikheid to heerlikheid om te glo dit wat jy in die spieël sien. Volmaakte Liefde kyk terug. Nie liefde as konsep nie. Liefde die Persoon.
Ek sal nie vrees vir tien duisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie. Al gaan ek ook in ‘n dal van doodskaduwee, ek sal geen onheil vrees nie; want U is met my: u stok en u staf dié vertroos my.
Waarom sou ek vrees in dae van onheil, as die ongeregtigheid van my onderkruipers my omring— Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.
1 comment:
Joh 15:13 Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee.
Post a Comment