Wednesday, 23 May 2007

Waarheid, Heerskappy, Liefde en Huwelik - 16 Mei 2007

Die volgende het uitgestaan:

  1. Wat se waarde gee ons aan Waarheid
  2. Die Ekklesia: Heerskappy as senators van Christus
  3. Besigheid in Liefde
  4. Wysheid vir die huwelik

Wat se waarde gee ons aan Waarheid
Die waarde wat jy gee aan die waarheid sal die resultaat wees van die manifistasie daarvan in jou lewe. Dus, die waarde wat jy aan jou stand heg, sal sigbaar wees in jou wandel elke dag. Intimiteit met God is hier die sleutel

Die Ekklesia: Heerskappy as senators van Christus

Mat 16:13-19 En toe Jesus in die streke van Cesaréa-Filippi kom, vra Hy sy dissipels en sê: Wie sê die mense dat Ek, die Seun van die mens, is? (14) En hulle antwoord: Sommige Johannes die Doper, en sommige Elía, en ander Jeremia of een van die profete. (15) Hy sê vir hulle: Maar julle, wie sê julle is Ek? (16) En Simon Petrus antwoord en sê: U is die Christus, die Seun van die lewende God. (17) Toe antwoord Jesus en sê vir hom: Salig is jy, Simon Bar-Jona, want vlees en bloed het dit nie aan jou geopenbaar nie, maar my Vader wat in die hemele is. (18) En Ek sê ook vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. (19) En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemele gee; en wat jy ook op die aarde mag bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.

Wat interessant is hier is dat die dorpe hulle waar hulle stap,Cesaréa-Filíppi, bevat gebergtes met die gesigte uitgekap van konings, heersers en gode. Te midde van hierdie senario vra Jesus vir hulle "wie is Ek" Petrus het die openbaring dat Hy die Christus is.

Later se Jesus vir Petrus: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my gemeente bou. Die woord gemeente is die woord "ekklesia" en staan vandag in ons konteksbekend as gemeente. In daardie tyd was dit ook die woord gebruik deur die Romeine as Senaat. Jesus se dus vir Petrus dat hy op die rots sy "senaat" sal bou. Ons is dus meer as net sy gemeente, maar sy heersers. Soos senators direk terugvoer gee aan die keiser oor hulle streek waaroor hulle heers, gee ons aan God terugvoer oor ons lewe en heerskappy. WOW!!

Jes 51:1 Luister na My, julle wat die geregtigheid najaag, wat die HERE soek! Aanskou die rots waaruit julle gekap is en die holte van die put waaruit julle gegrawe is.

Ons moet die heerskappy dus deurvoer.Ons kan heers maar die gesag word geskryf uit die Liefde uit. Ons is God se liefdesdroom!!

Besigheid in Liefde

Nog iets wat uitsgestaan het is die benadering tot besigheid vanuit die waarheid. Ons kan mense regtig bekragtig en waarde toevoeg tot hulle lewens. Jy moet begroot vir die foute wat jou personeel gaan maak as jy hulle van die straat af inneem, en nog nie in die waarheid wandel nie. Maak hulle deel van die besigheid deur aandele en vragmotors aan hulle te skenk om hulle 'n waarde bewustheid te gee, en hulle te laat besit neem oor hulle deel van die besigheid.

Ons kan verseker ook nie in enige vorm sit en "wag" nie. Jy kan maar aan die gang wees,uitgaan en uitdagings opneem in Christus. Jy wandel in verhouding met God. Alles wat jy doen en jou hand aan slaan sal geseend wees, en weet dat God ook begroot vir jou foute. Sy hart is dat jy in alles sal sukses behaal. Abraham het geopereer uit verhouding met God en die karakter wat God in hom kom investeer het.

Pred 11:4 Wie op die wind ag gee, sal nie saai nie; en wie na die wolke kyk, sal nie oes nie.
Pred11:6 Saai jou saad in die môre, en laat teen die aand jou hand nie rus nie; want jy weet nooit watter een sal geluk nie, hierdie of daardie, en of altwee saam goed sal wees nie.
Joh 4:35-38 Sê julle nie: Dit is nog vier maande, dan kom die oes nie? Kyk, Ek sê vir julle, slaan julle oë op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes. (36) En hy wat maai, ontvang loon en vergader vrug vir die ewige lewe, sodat die saaier en die maaier saam bly kan wees. (37) Want hierin is die woord waar: Dit is een wat saai, en ‘n ander wat maai. (38) Ek het julle gestuur om te maai waar julle nie aan gewerk het nie. Ander het gewerk, en julle het in hulle arbeid ingegaan.
Jes 30:21 en jou ore sal ‘n woord agter jou hoor wat sê: Dit is die weg, wandel daarop! wanneer julle regs of wanneer julle links wil gaan.

Om op die Here te wag is nie 'n passiewe daad nie, maar "kawa" - om vervleg te wees met God.

Jes 30:15-18 Want so sê die Here HERE, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lê julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag; maar julle wou nie (16) en het gesê: Nee, maar op perde sal ons vlieg—daarom sal julle moet vlug! en: Op renperde sal ons ry—daarom sal julle vervolgers laat jaag! (17) Een duisend van julle sal vlug vir die oorlogsgeroep van een enkele, vir die oorlogsgeroep van vyf, totdat julle oorbly soos ‘n vlagpaal op ‘n bergtop en soos ‘n banier op ‘n heuwel. (18) En daarom sal die HERE met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die HERE is ‘n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag! Stap net uit in 'n mandaat van God en weet dat Hy die geveg vir jou gewen het.

Om in die geloof te wandel is iets wat groei in intimiteit met God. Geloof is 'n gawe van God

Ef 2:8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; Dit is -
Heb 11:1 Die geloof dan is ‘n vaste vertroue op die dinge wat ons hoop, ‘n bewys van die dinge wat ons nie sien nie. Nou in die vlees vra ons om dit wel te kan sien -
Ef 1:17-19 dat die God van onse Here Jesus Christus, die Vader van die heerlikheid, aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee, (18) verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping en wat die rykdom van die heerlikheid van sy erfdeel onder die heiliges is; (19) en wat die uitnemende grootheid van sy krag is vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte.

Dalk gebeur goed nog altyd soos ons glo nie -
Heb 2:8-9 Alle dinge het U onder sy voete gestel. Want in die onderwerping van alle dinge aan hom het Hy niks uitgesonder wat aan hom nie onderworpe is nie. Maar nou sien ons nog nie dat alle dinge aan hom onderwerp is nie; (9) maar ons sien Hom, naamlik Jesus. Ons hart bly dieselfde en God verander verseker nie. En as ons nog nie sien soos Hy sien nie...kyk weer -
1Kon18:43-46 Daarop sê hy vir sy dienaar: Klim tog op, kyk uit na die see. En hy het opgeklim en uitgekyk en geroep: Daar is niks nie. Toe sê hy: Gaan weer—sewe maal. (44) En die sewende maal roep hy: Daar gaan ‘n wolkie soos ‘n man se hand op uit die see. Toe sê hy: Gaan op, sê vir Agab: Span in en trek af, dat die reën jou nie terughou nie. (45) En in ‘n oogwink was die hemel swart van wolke en wind, en ‘n groot reën het gekom; en Agab het op die wa geklim en weggetrek na Jísreël; (46) maar die hand van die HERE was oor Elía, sodat hy sy heupe omgord en voor Agab uit geloop het in die rigting na Jísreël.
Mat 18:18 Voorwaar Ek sê vir julle, alles wat julle op die aarde bind, sal in die hemel gebonde wees; en alles wat julle op die aarde ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.

Daar is nie 'n resep om te volg nie, net 'n intieme verhouding met God en om in die Woord te bly
Rom 10:17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

Soek die Here aangesig in alles wat jy doen en vra Hom vir Sy wysheid -
Jak 1:5 En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.


Wysheid vir die huwelik

Aan al die getroudes...en ongetroudes:

Ons elkeen weet dat jy jou Vader en moeder verlaat en mekaar aankleef en een vlees word.
Ef 5:31 Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees word.

Ons weet ook dat die man 'n verbond met God gemaak het aangaande die vrou, soos Jesus 'n verbond met God het aangaande ons. die vrou het nadat sy ja gese het op die uitnodiging van die man, deel geword van hierdie verbond en hulle is een voor God.
Mal 2:14 En julle vra: Waarom? Omdat die HERE getuie is tussen jou en die vrou van jou jeug aan wie jy ontrou geword het, terwyl sy tog jou metgesel is en die vrou van jou verbond.

Die vrou reageer egter in liefde op haar man se uitnodiging en nie uit gehoorsaamheid nie. Die man maak nou die keuse om haar met die waterbad van die woord te was -
Ef 5:25-26 Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het (26) om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord,

Soos Christus die Prins van vrede is.....
Jes 9:6 For unto us a child is born, unto us a son is given: and the government shall be upon his shoulder: and his name shall be called Wonderful, Counsellor, The mighty God, The everlasting Father, The Prince of Peace.
...so is die man ook die bewaarder van vrede in die huwelik. Hy sal daarom in ALLE situasies, selfs al is sy vrou verkeerd, vrede maak sodat vrede kan seevier in die huis. Hierdie konsep gaan nie oor die gesagsposisie wat die man beklee, en die onderdanigheid van die vrou nie, maar is 'n fokus op die man wat die rol van Christus vertolk in die huwelik. Christus het begroot vir ons foute, sien ons daagliks 100% en Sy opinie oor my is een van heerlikheid. Die goeie nuus vir die manne hier is die reaksie van die gemeente op die werk van Christus. Die vrou sal dus ook so 'n heerlike reaksie he op hierdie optrede en met vrymoedigheid kan wandel in haar verhouding met haar man.

Geniet mekaar!!

No comments: