Monday, 23 July 2007

Romeine 9-11 - 11 Julie 2007

Wat 'n lekkerte as die die skrif nie meer net 'n dooie letter is nie,maar lewend word in ons harte..... Die Woord het vlees geword en onder ons kom woon!!!!!!!

Romeine 9-11 lees jy baie keer en wonder dan wat al die dinge tog beteken. As jy dit na die letter lees is daar 'n bedekking oor jou hart en sal dit vir jou duister bly. Maar as die lig van God se openbaring, en die werk van Sy seun daarop val, vul dit jou met vreugde om te sien hoe dit alles in mekaar val.
Ons het bietjie saam daardeur gewerk en gelees uit verskeie vertalings, ingesluit die vertaling van Francois wat hier op ons blog ook is.

Lees saam en maak jou hart oop dat die Gees van God kom deel wat Hy met ons kom deel het. Ons bydraes is in rooi...

Romeine 9
(Rom 9:1) Ek spreek die waarheid in Christus, ek lieg nie my gewete getuig saam met my in die Heilige Gees
(Rom 9:2) dat dit vir my ‘n groot droefheid is en ‘n onophoudelike smart vir my hart.
(Rom 9:3) Want ek sou self kon wens om ter wille van my broers, my stamgenote na die vlees, ‘n vervloeking te wees, wég van Christus af.

as Paulus se vervloeking die seen vir die Jode beteken het, sou hy dit vat. Almal wat vir 'n keuse vir God maak is Sy verkore volk
(Rom 9:4) Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes;
fisiese familie van Christus
(Rom 9:5) aan wie die vaders behoort en uit wie die Christus is na die vlees Hy wat oor alles is, God, lofwaardig tot in ewigheid! Amen.
(Rom 9:6) Maar ek sê dit nie asof die woord van God verval het nie; want hulle is nie almal Israel wat uit Israel is nie.

hulle ongeloof maak nie God se woord vals nie. Israel, die volk is nie meer noodwendig net uit die streek Israel uit nie
(Rom 9:7) Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word.
(Rom 9:8) Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag.

vlees vs geloof
(Rom 9:9) Want dit is die woord van die belofte: Omtrent hierdie tyd sal Ek kom, en Sara sal ‘n seun hê.
(Rom 9:10) En nie alleen dit nie, maar ook Rebekka was swanger uit een, naamlik Isak, ons vader.
(Rom 9:11) Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep

tweeling gebore uit haar. Niks onderskei hulle behalwe dat een ‘n paar sekondes voor die ander een gebore is nie.
(Rom 9:12) is vir haar gesê: Die oudste sal die jongste dien.

mense se dit vir haar
(Rom 9:13) Soos geskrywe is: Jakob het Ek liefgehad en Esau het Ek gehaat.

ons skrywe: Jakob het Ek liefgehad en Esua het ek gehaat
(Rom 9:14) Wat sal ons dan sê? Is daar miskien onreg by God? Nee, stellig nie!

maar om te se dat Hy onregverdig is, mis jy dit
(Rom 9:15) Want aan Moses sê Hy: Ek sal barmhartig wees oor wie Ek barmhartig wil wees en My ontferm oor wie Ek My wil ontferm.

Hy sal barmhartig wees oor wie Hy wil, self oor die wat ongeregtig is. Ons sien hierdie tipe voorbeeld baie in die skrif waar ons dadelik die negatiewe eerste aanneem. Hy sal goed wees en Sy genade bewys aan die wat dit nie eers verdien nie.... WOW
(Rom 9:16) So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.

nie jou prestasie nie of werke nie
(Rom 9:17) Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde.
Exo 9:16 maar juis hierom het Ek jou nog laat bestaan, dat Ek jou my krag kan toon, en dat hulle my Naam op die hele aarde kan verkondig.

Interassant dat die woord so verkeerd vertaal word vanuit die ou testament. God het Faroa nie laat optree nie maar laat bestaan om sy krag te toon
(Rom 9:18) So is Hy dan barmhartig oor wie Hy wil en Hy verhard wie Hy wil.

Sy goedheid oor almal sonder aanneming laat een sy hart verhard en seen weer die ander een.God verhard nie jou hart nie, jy doen dit self.
(Rom 9:19) Jy sal dan vir my sê: Waarom verwyt Hy dan nog, want wie het sy wil weerstaan?

This just doesn’t sound reasonable at all! What gives God the right then to still blame anyone? Who can resist His will?
(Rom 9:20) Maar tog, o mens, wie is jy wat teen God antwoord? Die maaksel kan tog nie vir die maker sê: Waarom het u my so gemaak nie?

How can any man dispute with God? The mould dictates the shape! (There is only one true mould, His image and likeness.)
(Rom 9:21) Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?

The Potter sets the pace; same Potter, same clay, one vessel understands its value and another not; one realises that it is priceless, the other seems worthless!
Jy kan kies hoe jy jouself wil sien.
(Rom 9:22) En as God, al wil Hy sy toorn bewys en sy mag bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn wat vir die verderf toeberei is, verdra het,

Their sense of worthlessness has labelled them for destruction, yet God’s power and passion prevails in patient endurance
(Rom 9:23) juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid,

He has set the stage to exhibit the wealth of His mercy upon the vessels of value. He desires to confirm in them His original opinion.
God wil sy goedheid aan jou bekend maak, dit wat Hy lank reeds vir jou beplan het. God het gekies om jou te beklee met Sy goedheid!!
(Rom 9:24) ons naamlik wat Hy geroep het, nie alleen uit die Jode nie, maar ook uit die heidene?

He has defined us beyond our Jewish or Gentile identity.
(Rom 9:25) Soos Hy ook in Hoséa sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde;

Hosea voiced the heart of God when he said, “I will call a people without identity, my people, and her who was unloved, my Darling!” (Even Esau whom you said I hated)
(Rom 9:26) en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.

He prophesies that the very same people who were told that they are not God’s people, will be told that they are indeed the children of the living God!
(Rom 9:27) En Jesaja roep oor Israel uit: Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, net die oorblyfsel sal gered word;

Al is julle baie wat julle harte verhard het, daar is tog die tussen julle wat Jesus nie verstoot nie.Die oorblyfsels waarvan Paulus hier praat is die wat Hom gekies het, die wat glo in die werk van die Jesus Christus
(Rom 9:28) want Hy volbring ‘n saak en verkort dit in geregtigheid, omdat die Here ‘n saak wat verkort is, op die aarde sal doen.


(Rom 9:29) En soos Jesaja tevore gesê het: As die Here van die leërskare vir ons nie ‘n nageslag oorgelaat het nie, soos Sodom sou ons geword het en aan Gomorra gelyk gewees het.
Almal vergaan nie soos met Sodom en Gomorra
(Rom 9:30) Wat sal ons dan sê? Dat die heidene, wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is;

Die heidene..ons, het die geregtigheid uit die geloof. Ons wat dit nie eers gesoek het of verdien het nie, vir die wat nog sondaars was het Hy Sy seun gestuur!!!!!
(Rom 9:31) terwyl Israel, wat die wet van die geregtigheid nagejaag het, die wet van die geregtigheid nie bereik het nie.

werke reken my nie tot geregtigheid nie
(Rom 9:32) Waarom? Omdat dit nie uit die geloof was nie, maar net asof dit uit die werke van die wet was; want hulle het hul gestamp teen die steen van aanstoot.

Geloof is in Jesus, en Jesus was vir hulle 'n aanstoot en 'n struikelblok
(Rom 9:33) Soos geskrywe is: Kyk, Ek lê in Sion ‘n steen van aanstoot en ‘n rots van struikeling; en elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.


Romeine 10
Eie geregtigheid vs geregtigheid van God
Geloof vs werke

(Rom 10:1) Broeders, die verlange van my hart en die gebed wat ek tot God vir Israel doen, is tot hulle redding.
(Rom 10:2) Want ek getuig van hulle dat hulle ‘n ywer vir God het, maar sonder kennis.
(Rom 10:3) Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie.
(Rom 10:4) Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo.
(Rom 10:5) Want Moses beskrywe die geregtigheid wat uit die wet is: Die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe.
(Rom 10:6) Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring;

Christus is my enigste middelaar / leier. Niemand anders hoef die waarheid aan my te openbaar nie. Hy wil dit self doen
(Rom 10:7) of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring?
(Rom 10:8) Maar wat sê dit?
Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig:
(Rom 10:9) As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word;
(Rom 10:10) want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding.
(Rom 10:11) Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.
(Rom 10:12) Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat Hom aanroep.
(Rom 10:13) Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.
(Rom 10:14) Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek?
(Rom 10:15) En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? Soos geskrywe is: Hoe lieflik is die voete van die wat die evangelie van vrede verkondig, van die wat die evangelie van die goeie verkondig!
(Rom 10:16) Maar hulle was nie almal gehoorsaam aan die evangelie nie; want Jesaja het gesê: Here, wie het ons prediking geglo?
(Rom 10:17) Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.
(Rom 10:18) Maar ek sê: Het hulle miskien nie gehoor nie? Ja, seker! Oor die hele aarde het hulle stem uitgegaan en tot by die eindes van die wêreld hulle woorde.
(Rom 10:19) Maar ek vra: Het Israel dit miskien nie verstaan nie? Ten eerste sê Moses: Ek sal julle jaloers maak op dié wat geen volk is nie, en Ek sal julle toorn opwek teen ‘n onverstandige volk.

Die heidene steel die "show" deur hulle geloof in Jesus, terwyl die volk nog gebind is deur die wet(godsdiens). Hulle raak jaloers op die heidene...
(Rom 10:20) En Jesaja durf selfs sê: Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; Ek het verskyn aan die wat na My nie gevra het nie.
(Rom 10:21) Maar van Israel sê Hy: Die hele dag het Ek my hande uitgebrei na ‘n ongehoorsame en teësprekende volk.


Romeine 11
(Rom 11:1) Ek vra dan: Het God miskien sy volk verstoot? Nee, stellig nie! Want ek is ook ‘n Israeliet uit die nageslag van Abraham, van die stam van Benjamin.

God verstoot niemand nie, Paulus is ook Jood en in verhouding met God
(Rom 11:2) God het sy volk wat Hy vantevore geken het, nie verstoot nie. Of weet julle nie wat die Skrif in die gedeelte oor Elía sê nie? hoe hy by God optree teen Israel en sê:
(Rom 11:3) Here, hulle het u profete gedood en u altare het hulle afgebreek, en ek het alleen oorgebly, en hulle soek my lewe!
(Rom 11:4) Maar wat sê die Godspraak aan hom? Ek het vir Myself sewe duisend manne laat oorbly wat die knie voor Baäl nie gebuig het nie.

Elia het wel situasie opgenoem en voor God gebring om wel sy volk te vernietig, maar die Godspraak het gese dat daar wel mense was wat nie voor Baal gebuig het nie.
(Rom 11:5) Net so is daar dan ook in die teenwoordige tyd ‘n oorblyfsel, ooreenkomstig die verkiesing van die genade.

Net so is daar vandag mense wat God se genade kies en hoekom Hy Sy genade oor ons strooi
(Rom 11:6) En as dit deur genade is, dan is dit nie meer uit die werke nie; anders is die genade geen genade meer nie. En as dit uit die werke is, dan is dit nie meer genade nie; anders is die werk geen werk meer nie.

nie deur werke nie, maar sy genade. God se genade is vir almal beskikbaar, en Israel wil dit deur werke bekom, maar tevergeefs
(Rom 11:7) Wat dan? Wat Israel soek, dit het hy nie verkry nie; maar die uitverkorenes het dit verkry en die ander is verhard.

uitverkorenes is die wat dit gekies het
(Rom 11:8) Soos geskrywe is: God het hulle gegee ‘n gees van diepe slaap, oë om nie te sien nie en ore om nie te hoor nie, tot vandag toe.

Hier kan jou nou maar gerus weer die karakter van God gebruik om die skrifte te lees en nie die skrifte gebruik om Sy karakter te probeer bewys nie. Letter maak dood. As jy kies om nie te sien en nie te hoor nie, dan gaan jy nie sien nie en dan gaan jy ook nie hoor nie. Hy kan niks daaromtrent te doen, behalwe om jou te trek met koorde van liefde nie!!
Rom 11:9) En Dawid sê: Laat hulle tafel vir hulle wees ‘n vangnet en ‘n strik en ‘n struikelblok en ‘n vergelding.

die tafel van die Here wys na die eet van die brood en drink van die wyn, dus Jesus. Hulle verwerp dit, so dit is vir hulle soos steen waarteen hulle hul voet stamp.
(Rom 11:10) Laat hulle oë duister word om nie te sien nie, en buig hulle rug vir altyd krom.

gevolg van keuse
(Rom 11:11) Ek vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te val? Nee, stellig nie! Maar deur hulle val het die saligheid tot die heidene gekom om hulle jaloers te maak.

die saligheid het na almal gekom en hulle jaloers gemaak. Om die begeerte in hulle te skep om Jesus aan te neem. Die "heidene" se verhouding met God was soos 'n wake-up call vir die volk
(Rom 11:12) En as hulle val die rykdom van die wêreld is en hulle tekort die rykdom van die heidene, hoeveel te meer sal hulle volheid dit nie wees nie!
(Rom 11:13) Want aan julle heidene sê ek: Vir sover as ek ‘n apostel van die heidene is, verheerlik ek my bediening
(Rom 11:14) as ek tog maar net my eie volk jaloers kan maak en sommige uit hulle kan red!
(Rom 11:15) Want as hulle verwerping die versoening van die wêreld is, wat sal hulle aanneming anders wees as lewe uit die dode?

hulle aanneming van die waarheid sal wees soos opstanding uit die dode
(Rom 11:16) En as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook.
(Rom 11:17) En as sommige van die takke afgebreek is, en jy wat ‘n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom,

takke = jode, afgebreek omdat hulle Jesus verwerp. Ons heidene van wilde olyfboom, ingeent en deel gekry aan die vettigheid
(Rom 11:18) moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou.

God is die wortel en jy het niks om in te roem nie,kan nie die Jode sleg praat vir hulle ignorance nie. Ek kan slegs roem op die wortel, nl Jesus
(Rom 11:19) Jy sal dan sê: Die takke is afgebreek, sodat ek ingeënt kon word.

jy kan dalk dink hulle is afgebreek sodat jy plekkie kan kry, maar....
(Rom 11:20) Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees.

dit was deur hulle ongeloof. Jy het dit deur geloof. Moenie roem nie, fokus op sy goedheid
(Rom 11:21) Want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, sal Hy miskien jou ook nie spaar nie.

God kon deur sy integriteit hulle deur hulle ongeloof nie spaar nie. As jy in dieselfde posisie is geld dieselfde vir jou
(Rom 11:22) Let dan op die goedertierenheid en die gestrengheid van God: gestrengheid oor die wat geval het, maar goedertierenheid oor jou as jy in die goedertierenheid bly; anders sal jy ook afgekap word.
(Rom 11:23) Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent.

God kan hulle ook weer inent
(Rom 11:24) Want as jy afgekap is van die olyfboom wat van nature wild was, en teen die natuur op die mak olyfboom ingeënt kan word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van nature is, op hul eie olyfboom ingeënt word?

Al was/is jy afgekap, God het die mag om weer te herstel en in te ent. Wndel in geloof!!
(Rom 11:25) Want ek wil nie hê, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene ingegaan het;

hulle verharding het veroorsaak dat ek die waarheid meer aangryp
(Rom 11:26) en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en sal die goddelooshede van Jakob afwend;

God wil almal red!!!! Sy werk is vir almal
(Rom 11:27) en dit is van my kant die verbond met hulle as Ek hulle sondes wegneem.
(Rom 11:28) Wat die evangelie betref, is hulle wel vyande ter wille van julle; maar wat die uitverkiesing betref, bemindes ter wille van die vaders.

hulle is dalk vyande van die waarheid, maar agv die belofte na aan God se hart
(Rom 11:29) Want die genadegawes en die roeping van God is onberoulik.

Sy gawe van genade en Sy roeping vir ons om in sy beeld te wandel, sy identiteit, kan Hy nie terug trek nie!!!!!!!!!!!!!!!!!!!! Dit gan nie soos wat ek baie keer gedink het dat die gawes van die Gees en die roeping vir my lewe onberroulik is nie..ek kan dit dus nie mis nie. Dit gan nie hier oor my nie maar oor Hom wat nie kan terug keer op die goedheid wat Hy vir my beplan het nie.
(Rom 11:30) Want soos julle ook vroeër aan God ongehoorsaam was, maar nou barmhartigheid ontvang het deur hulle ongehoorsaamheid,
(Rom 11:31) so het hulle ook nou ongehoorsaam geword deur die barmhartigheid aan julle, sodat hulle ook barmhartigheid kan ontvang.
(Rom 11:32) Want God het hulle almal in die ongehoorsaamheid ingesluit om vir almal barmhartig te kan wees.
(Rom 11:33) o Diepte van die rykdom en wysheid en kennis van God! Hoe ondeurgrondelik is sy oordele en onnaspeurlik sy weë!
(Rom 11:34) Want wie het die gedagte van die Here geken, of wie was sy raadsman gewees?
(Rom 11:35) Of wie het eers iets aan Hom gegee, dat dit hom vergeld moet word?
(Rom 11:36) Want uit Hom en deur Hom en tot Hom is alle dinge. Syne is die heerlikheid tot in ewigheid. Amen.