Stand en wapenrusting
Ons kuiers het die afgelope 3 weke wye draai gevat en julle bydraes is NB om hierdie so volledig as moontlik te hou....Geniet dit!!
Ef 6:11-17 Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel.
Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wêreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.
Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.
Staan dan vas, julle lendene met die waarheid omgord, met die borswapen van die geregtigheid aan,
en as skoene aan julle voete die bereidheid vir die evangelie van vrede.
Behalwe dit alles neem die skild van die geloof op waarmee julle al die vurige pyle van die Bose sal kan uitblus.
En neem aan die helm van verlossing en die swaard van die Gees—dit is die woord van God—
Die wapenrusting van Christus is 'n posisie in Christus. Dit is om jou te beklee met die nuwe skepsel, met die opgestane Jesus. (Ef 4:24)
Dis interessant om te sien dat Jesus ook hierdie stap geneem het:
Jes 59:16-18 En Hy het gesien dat daar niemand was nie en Hom verbaas dat niemand tussenbei tree nie; daarom het sy arm Hom gehelp en sy geregtigheid het Hom ondersteun.
En Hy het geregtigheid aangetrek soos ‘n pantser, en die helm van heil was op sy hoof; en die klere van wraak het Hy aangetrek as kleding en Hom gewikkel in die ywer soos in ‘n mantel.
Volgens die dade, daarmee ooreenkomstig sal Hy vergelde: grimmigheid aan sy teëstanders, vergelding aan sy vyande; aan die eilande sal Hy die loon vergelde.
Nou kan ek met die wete my beklee met die beeld van my skepper en my daarin toewikkel: Kol 3:10 en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,
Oor die algemeen is Efesiers 'n boek met baie algemene riglyne oor ons wandel in Christus, maar in Ef 6:10 se Paulus...
"Eindelik, my broeders, word kragtig in die Here en in die krag van sy sterkte",en daar vind progressie plaas. Waarheid, geregtigheid, bereidheid, geloof, verlossing, bid en volharding.
Eers hoor jy die waarheid van Jesus Christus, dan besef jy jou stand in Hom en dat jy voor die grondlegging van die aarde reeds ingesluit is in Christus. Jy het dan vrymoedigheid om in 'n liefdevolle, intieme verhouding met God te staan en die res volg alles uit die verhouding.
Die bereidheid vir die evangelie is nie sendingwerk nie, maar 'n lewenstyl om jou oor die evangelie te skaam nie want dis 'n krag tot redding vir elkeen wat glo... Rom 1:16
Dis ook 'n bereidheid in jou hart om die evangelie van vrede te aanvaar vir jouself
Jes 40:9 o Sion, verkondiger van goeie boodskap, klim op ‘n hoë berg! o Jerusalem, verkondiger van goeie boodskap, hef jou stem op met mag; hef dit op, wees nie bevrees nie! Sê aan die stede van Juda: Hier is julle God!
Jes 61:1 Die Gees van die Here HERE is op My, omdat die HERE My gesalf het om ‘n blye boodskap te bring aan die ootmoediges; Hy het My gestuur om te verbind die gebrokenes van hart, om vir die gevangenes ‘n vrylating uit te roep en vir die geboeides opening van die gevangenis;
Jes52:7 Hoe lieflik is op die berge die voete van hom wat die goeie boodskap bring, wat vrede laat hoor, wat goeie tyding bring, wat verlossing uitroep; wat aan Sion sê: Jou God is Koning!
Van hier af het die gesprek in 'n nog heerliker rigting ingegaan. Sion is 'n berg in die koningkryk van Jerusalem en dit verteenwoordig my in Christus en die redding vir die aarde!!!!!!!
Heb 12:18-28 Want julle het nie gekom by ‘n tasbare berg nie en ‘n brandende vuur en donkerheid en duisternis en storm (19) en basuingeklank en die geluid van woorde waarby die hoorders gesmeek het dat hulle geen woord meer sou toegevoeg word nie— (20) want hulle kon die gebod nie verdra nie: selfs as ‘n dier die berg aanraak, moet dit gestenig word of met ‘n pyl neergeskiet word. (21) En Moses, so vreeslik was die gesig, het gesê: Ek is verskrik en ek sidder. (22) Maar julle het gekom by die berg Sion en die stad van die lewende God, die hemelse Jerusalem en tien duisende engele, (23) by die feestelike vergadering en die gemeente van eersgeborenes wat in die hemele opgeskrywe is, en by God, die Regter van almal, en by die geeste van die volmaakte regverdiges, (24) en by Jesus, die Middelaar van die nuwe testament, en die bloed van die besprenkeling wat van beter dinge spreek as Abel. (25) Pas op dat julle Hom wat spreek, nie afwys nie; want as húlle nie ontvlug het nie wat Hom afgewys het toe Hy op aarde ‘n goddelike waarskuwing gegee het, veel minder óns wat ons van Hom afkeer nou dat Hy uit die hemele spreek. (26) Toe het sy stem die aarde geskud; maar nou het Hy belowe en gesê: Nog een maal laat Ek nie alleen die aarde nie, maar ook die hemel bewe. (27) En hierdie woord: nog. een maal, wys duidelik op die verandering van die wankelbare dinge as geskape dinge, sodat die onwankelbare kan bly. (28) Daarom, omdat ons ‘n onwankelbare koninkryk ontvang, laat ons dankbaar wees, en so God welbehaaglik dien met eerbied en vrees.
Jes 30:19 Want ‘n volk sal op Sion, in Jerusalem, woon; jy sal nie meer ween nie; sekerlik sal Hy jou genade bewys op jou hulpgeroep; sodra Hy hoor, antwoord Hy jou.
Ons het reeds by Sion gekom!!!
Gal 4:22-26 Want daar is geskrywe dat Abraham twee seuns gehad het, een uit die slavin en een uit die vrye. (23) Maar die een uit die slavin is gebore na die vlees, en die ander een uit die vrye deur die belofte. (24) Dit is sinnebeelde, want dié vroue staan vir twee verbonde: een, van die berg Sinai afkomstig, wat vir die slawerny kinders baar—dit is Hagar; (25) want Hagar staan vir die berg Sinai in Arabië en kom ooreen met die teenswoordige Jerusalem en is met haar kinders saam in slawerny. (26) Maar Jerusalem daarbo is vry; en dit is die moeder van ons almal.
Sara - Berg Sion - Vry
Ons kan dus nou as seuns van God met vrymoedigheid wandel en heers in hierdie lewe!!!!!!
No comments:
Post a Comment