Thursday, 07 June 2007

Maar die regverdige sal uit die geloof lewe - 30 Mei 2007

1. Geloof as sintuig
Rom 1:17
Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe.

Renier moet hier sy vertaling se weergawe van die spesifieke skrif deel.Dit kom egter daarop neer dat die geregtigheid van God aan jou geopenbaar word en dit skep geloof, die geloof maak dan dat jy meer openbaring kry wat weer beteken dat daar meer geloof aanwesig is!!!

Dit laat jou dink aan die skrif waar Paulus deel dat hy in die spieel kyk en verander word van heerlikheid tot heerlikheid.
2Kor 3:18 En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.

Geloof kom deur die woord van God en die openbaring daarvan.
Rom 10:17 Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.

Om egter hierdie openbarings of waarhede van God te "sien" of te "hoor", moet jy "sien" of "hoor" met jou hart en nie jou fisiese oe en ore nie. Ons is te geneig om na die opinies van die wereld te luister en die realiteit in ons omstandighede raak te sien. Ons kan dus as te ware blind wees met ons fisiese oe en met die hart sien...

Nou maak die skrifte in Jesaja skielik sin. Jy kan die hele Jes 42 & Jes 43 gaan lees dit sal jou regtig bles,maar hier sommer net 'n paar uittreksels:

Jes 42:16 En Ek sal blindes lei op ‘n weg wat hulle nie ken nie, hulle laat loop op paaie wat vir hulle onbekend is; Ek sal die duisternis lig maak voor hulle uit en die hobbelagtige plekke gelyktes. Dit is die dinge wat Ek doen en nie nalaat nie.

Hy sal jou, "blindes" lei op ‘n weg wat jy nie ken nie. Ons wat nie sien met die oe nie maar met die hart. Ons gee nie ag op die dinge van die wereld, die realiteit nie, maar die waarheid. Net so is ons ook doof vir die wereld


Jes 42:18-23 Hoor, julle dowes, en kyk, julle blindes, om te kan sien. (19) Wie is blind buiten my kneg en doof soos my boodskapper wat Ek stuur? Wie is blind soos die vertroude vriend, en blind soos die kneg van die HERE? (20) Jy het wel baie dinge gesien, maar daar geen ag op gegee nie; die ore oop gehad, maar jy hoor nie. (21) Dit het die HERE behaag ter wille van sy geregtigheid om die onderwysing groot en heerlik te maak. (22) En tog is dit ‘n beroofde en geplunderde volk; hulle is almal gebonde in kerkers, verborge in gevangenisse; hulle het ‘n buit geword sonder dat iemand red, ‘n plundering sonder dat iemand sê: Gee terug! (23) Wie onder julle luister na hierdie dinge? Wie merk op, hoor dit ook vir die toekoms?

Jes 43:8 Bring uit die volk wat blind is en tog oë het, en die dowes wat ore het.


2Kon 6:17 En Elísa het gebid en gesê: HERE, open tog sy oë, dat hy kan sien. En die HERE het die oë van sy dienaar geopen, dat hy kon sien, en meteens was die berg vol perde en waens van vuur rondom Elísa.

Ons let op die onsigbare dinge en nie die sigbare dinge:

2Kor 4:18 omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig.

2Kor 5:7 Want ons wandel deur geloof en nie deur aanskouing nie.

2. Die wet vervul in Jesus Christus

Gal 2:16-21 terwyl ons weet dat die mens nie geregverdig word uit die werke van die wet nie, maar alleen deur die geloof in Jesus Christus, selfs ons het in Christus Jesus geglo, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof in Christus en nie uit die werke van die wet nie; omdat uit die werke van die wet geen vlees geregverdig sal word nie. (17) Maar as ons wat streef om in Christus geregverdig te word, self ook sondaars bevind is, is Christus dan ‘n dienaar van die sonde? Nee, stellig nie! (18) Want as ek weer opbou wat ek afgebreek het, dan betoon ek myself ‘n oortreder; (19) want deur die wet is ek vir die wet dood om vir God te lewe. (20) Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. (21) Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.

Ons is geregverdig deur die geloof en nie die wet nie, anders het Jesus tevergeefs gesterf en opgestaan

Jesus het die wet en die profete vervul!!
Mat 17:1-8 En ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes, sy broer, saamgeneem en hulle op ‘n hoë berg in die eensaamheid gebring. (2) En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig. (3) En kyk, daar verskyn aan hulle Moses en Elía in gesprek met Hom. (4) Toe begin Petrus vir Jesus te sê: Here, dit is goed dat ons hier is; as U wil, laat ons hier drie hutte maak: vir U een en vir Moses een en een vir Elía. (5) Terwyl hy nog spreek, oordek ‘n helderligte wolk hulle meteens en daar sê ‘n stem uit die wolk: Dit is my geliefde Seun in wie Ek ‘n welbehae het. Luister na Hom! (6) En toe die dissipels dit hoor, het hulle op hul aangesig geval en was baie bevrees. (7) En Jesus het nader gekom en hulle aangeraak en gesê: Staan op en moenie vrees nie. (8) Toe slaan hulle hul oë op en sien niemand meer nie, behalwe Jesus alleen.

Jesus, Moses - Wet en Elia – Profete, op die berg bymekaar en nadat Petrus vi hulle hutte wil bou se Jesus nee. Net Hy bly dan agter en die ander 2 is weg na die hemel. Dit dui op die feit dat Jesus die wet en die profete kom vervul het. Die wet is in Christus vervul!!!

Meer as net die wet is vervul, die tyd is vervul in Jesus en die "volheid" van die tyd het reeds gekom in Christus

Mark 1:15 en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.

Gal 4:4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet,

Ef 1:10 om die volheid van die tye te reël, met die doel om alle dinge wat in die hemele sowel as wat op die aarde is, onder een hoof in Christus te verenig—

Laat ons gedagtes dus nie besig wees met iets anders as dit wat daarbo is nie

Kol 3:1-2 As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. (2) Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.

Rom 8:5-7 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. (6) Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, (7) omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie.

Fil 4:8 Verder, broeders, alles wat waar is, alles wat eerbaar is, alles wat regverdig is, alles wat rein is, alles wat lieflik is, alles wat loflik is—watter deug en watter lof daar ook mag wees, bedink dit.

Spr 23:7 Want soos hy in sy siel bereken, so is hy; eet en drink, sê hy vir jou, maar sy hart is nie met jou nie.

3. Versoekinge


1Kor 10:13 Geen versoeking het julle aangegryp behalwe ‘n menslike nie; maar God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie; maar Hy sal saam met die versoeking ook die uitkoms gee, sodat julle dit sal kan verdra.

Wat die skrif hier se is dat niemand versoek sal word sonder dat hy dit kan hanteer nie. Die goeie nuus is egter dat "julle kragte" waarvan Paulus hier praat is Jesus homself, die volheid van die godheid, wat in elkeen van ons woon liggaamlik, en dat niks ons kan versoek groter as dit nie!!!!
Die uitkoms is natuurlik ook Jesus, en die werk wat Hy 100% vir ons kom afhandel het.
Die versoekinge kom nie net deur die wereld nie maar deur die begeerlikhede van die vlees, ons eie gedagtes, en daarom dan die skrifte wat ons vroeer ook genoem het om ons gedagtes te fokus op dit wat daarbo is. Ons bely die waarheid en stem saam met God se opinie oor my. Ek was my ook self konstant met die waterbad van die woord, en wandel in intimieteit
Rom 12 se ook dat ons ons gedagtes moet vernuwe…

Verder se die skrif dat God ons nie versoek nie

Jak 1:13-15 Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. (14) Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. (15) Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.

Daarom kan ons dit dus nou loutere vreude ag as versoekinge oor ons pad kom

Jak 1:2-4 Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, (3) omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk. (4) Maar die lydsaamheid moet tot volle verwerkliking kom, sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees en in niks kortkom nie.


Heb 10:34 Want julle het ook saam met my gevoel in my boeie, en julle het die berowing van julle goed met blydskap aanvaar, omdat julle geweet het dat julle in julself ‘n beter en blywende besitting in die hemele het.

Jy hou jou oe nou gevestig op Jesus.

4. Ons "wag" nie vir nog iets nie....

Terwyl ons ons oe op Hom vestig en Hom verwag, sit ons nie net en wag vir iets wat nog moet kom nie. Vir Christus wat nog iets kom doen nie. Hy het alles reeds gedoen. Die dag van die Here was die dag wat Jesus aan die kruis 'n volkome offer kom bring het.

Mal 4:5 Kyk, Ek stuur julle die profeet Elía voordat die groot en vreeslike dag van die HERE aanbreek.
Hierdie vreeslike dag van die Here was die dag van Jesus aan die kruis!! Elia het reeds gekom.
Mat 11:13-14 Want al die profete en die wet het tot op Johannes geprofeteer. (14) En as julle dit wil aanneem: hy is Elía wat sou kom.

Mat 17:10-13 En sy dissipels vra Hom en sê: Waarom sê die skrifgeleerdes dan dat Elía eers moet kom? (11) En Jesus antwoord en sê vir hulle: Dis waar, Elía kom eers en sal alles herstel; (12) maar Ek sê vir julle dat Elía al gekom het, en hulle het hom nie erken nie, maar aan hom alles gedoen wat hulle wou. So sal die Seun van die mens ook deur hulle ly. (13) Toe verstaan die dissipels dat Hy met hulle van Johannes die Doper gespreek het.

Ons wag dus nou nie meer vir 'n dag of dat Jesus nog iets moet kom doen nie. Inteendeel, Hy wag dat die vyand gemaak word die voetstoel van sy voete.

Heb 10:12-13 maar Hy het, nadat Hy een slagoffer vir die sondes gebring het, vir altyd gaan sit aan die regterhand van God (13) en wag nou verder totdat sy vyande gemaak is ‘n voetbank van sy voete.

Heb 1:13 En aan watter een van die engele het Hy ooit gesê: Sit aan my regterhand totdat Ek u vyande gemaak het ‘n voetbank van u voete?

En dit gebeur deur ons wat in die waarheid, heerskappy, en intieme verhouding met Hom wandel!!

No comments: