Wednesday, 01 August 2007

Letter vs Gees, en die waarlike Ekklesia

Oor God se goedheid en Almag hoef ons nooit te wonder nie. Hy is Wie Hy se Hy is en doen wat Hy se Hy sal doen.


Die oomblik toe ek Hom met my eie oe gesien het, en nie meer van hoorse van Hom gehoor het nie, was die saak in my hart uitgemaak dat Hy goed is en dat geen persoon en/of skrifgedeelte hierdie belewenis onwaar kan maak nie. My oortuiging is dus gegrond op 'n openbaring van die Waarheid self en nie net 'n skrifgedeelte nie.


2Kor 3:3 omdat julle duidelik ‘n brief van Christus is deur ons diens berei, geskrywe nie met ink nie, maar met die Gees van die lewende God; nie op kliptafels nie, maar op die vleestafels van die hart.


2Kor 3:6-8 wat ons ook bekwaam gemaak het as dienaars van ‘n nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood, maar die gees maak lewend. (7) En as die bediening van die dood, met letters op klippe gegraveer, in heerlikheid was, sodat die kinders van Israel nie die oë kon vestig op die aangesig van Moses nie vanweë die heerlikheid van sy aangesig, wat tog moes vergaan, (8) hoeveel te meer sal die bediening van die Gees dan nie in heerlikheid wees nie?

Ek maak natuurlik nie die skrif af, as nie nodig nie, maar dit word vir ons al hoe meer duideliker dat die skrifte soos ons dit ken net 'n boek is wat bevat die waarheid, die woorde en die lewe van Christus.


My verhouding met God kan nie gebasseer wees op 'n verhouding met die letter nie, maar dit is mos met die lewende God. Ek sien al hoe meer in my eie lewe dat in verhouding met Hom snap ek goed, en ervaar ek dinge wat die skrifte dan agterna kom bevestig.

Ons moet tot die punt kom in ons verhouding met Hom, dat die bybel nie God se karakter vir ons moet kom bevestig nie, maar dat Sy karakter en wie Hy werklik vir ons is, die bybel kom bevestig.


Ek dink altyd aan die voorbeeld, van die verhouding tussen man en vrou. As 'n paar vriende na aan Elmer (my man), vir my briewe stuur aangaande Elmer en sy karakter, is ek nog voor ek dit lees uitgemaak oor wie Elmer is omdat ek hom ken en in verhouding met hom saamleef. Die briewe kom bevestig net wie hy vir my is, en ek geniet die vreugde en vrede wat dit my verskaf om te sien hoe die briewe kom saamstem met dit wat in my hart is oor hom. As daar in enige van die briewe 'n uitlating gemaak word, of 'n woord gebruik word waarmee ek nie saamstem nie, gaan dit nou nie my hele verhouding omver gooi of agterdog by my skep oor wie Elmer regtig is nie. EK WEET WIE HY IS EN SY KARAKTER WORD NIE BEVESTIG DEUR DIE BRIEWE NIE, MAAR SY KARAKTER BEVESTIG DIT WAT GESKRYF IS OOR HOM.....




Ons verhouding is met Hom en selfs die waarheid in sy volheid aangaande Hom is slegs die deurgang om hierdie verhouding in volheid en vrymoedigheid met Hom te kan he.


Van altyd af is Sy hart aangaande ons. Sy begeerte is aangaande ons. Selfs in die woestyn was dit Sy hart dat die hele volk op die brandende berg moes kom om intimiteit met Hom te ervaar. Die volk stuur egter vir Moses en kry in ruil skrifte en wette i.p.v. verhouding....



Dit bring my by die volgende punt: Hoekom is dit dat mense vandag nog 'n Moses soek? Dit moet wees dat daar nie 'n volle openbaring is aangaande Hom nie,
Hos 4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis;


Ouens wil ook nie die volle verantwoordelikheid opneem nie. Dit is gemaklik om week na week te hoor wat iemand aangaande God se. Ek praat nie nou van struktuur of kerk, of van wat die regte manier van samekoms moet wees nie. God sien nie ons verskille nie, Hy sien net Sy liggaam and Sy liggaam is nie verdeeld nie!!

God kyk na die harte, en dit is wat ek bedoel. Waar jy ookal bymekaar kom, gaan dit oor wat in jou hart aangaan en wat die waarde vir jou is aangaande die waarheid en aangaande Christus.

Ons het egter een ding in ons kuier woensdagaand gesnap aangaande "Ekklesia" vandag vertaal gemeente.

Sy hart was en is nog altyd dat daar net een middelaar tussen die mens en God is:
1Tit 2:5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,


Sy hart is dat ons self as individue na Hom toe moet kom met ons issues
Mat 11:28 Kom na My toe, almal wat vermoeid en belas is, en Ek sal julle rus gee.


Ons het nie nodig dat iemand Christus / Moses vir ons hoef te wees of moet gaan haal nie:
Rom 10:6-11 Maar die geregtigheid wat uit die geloof is, sê dit: Moenie in jou hart sê nie: Wie sal in die hemel opvaar, naamlik om Christus af te bring; (7) of: Wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om Christus uit die dode op te bring? (8) Maar wat sê dit? Naby jou is die woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van die geloof wat ons verkondig: (9) As jy met jou mond die Here Jesus bely en met jou hart glo dat God Hom uit die dode opgewek het, sal jy gered word; (10) want met die hart glo ons tot geregtigheid en met die mond bely ons tot redding. (11) Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.


1Joh 2:20 En julle het die salwing van die Heilige en weet alles.


Ons kan met die grootste vrymoedigheid na God self gaan, om self te gaan hoor wat Sy hart vir my is. Sy volkome werk aan die kruis het hierdie vrymoedigheid vir my bekom. Ek het 'n stand 100% voor Hom en ek hoef Hom nie te vrees nie, want die volmaakte liefde dryf die vrees na buite.


1Joh4:18 Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.


Ef 3:12 in wie ons die vrymoedigheid en die toegang het met vertroue deur die geloof in Hom.


Heb 4:16 Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word.


Heb 10:19 Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus


Heb 13:6 Daarom kan ons met alle vrymoedigheid sê: Die Here is vir my ‘n Helper, en ek sal nie vrees nie; wat sal ‘n mens aan my doen?




Wat is dan die funksie van die "gemeente" soos ons dit ken?

Ef 4:11-16 En Hy het gegee sommige as apostels, ander as profete, ander as evangeliste, ander as herders en leraars, (12) om die heiliges toe te rus vir hulle dienswerk, tot opbouing van die liggaam van Christus, (13) totdat ons almal kom tot die eenheid van die geloof en van die kennis van die Seun van God, tot ‘n volwasse man, tot die mate van die volle grootte van Christus; (14) sodat ons nie meer kinders sou wees nie wat soos golwe geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering, deur die bedrieëry van die mense, deur sluheid om listiglik tot dwaling te bring; (15) maar, terwyl ons in liefde die waarheid betrag, in alles sou opgroei in Hom wat die Hoof is, naamlik Christus, (16) uit wie die hele liggaam—goed saamgevoeg en saamverbind deur die ondersteuning wat elke lid gee volgens die werking van elke afsonderlike deel in sy mate—die groei van die liggaam bevorder vir sy eie opbouing in liefde.




Die volheid van die Godheid is in ons elkeen liggaamlik,
Kol 2:9-10 Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik; (10) en julle het die volheid in Hom wat die Hoof is van alle owerheid en mag;


Die volle potensiaal van wie ons Christus kan wees is reeds in ons gedeponeer. Hy het Sy volheid en heerskappy in ons bele.


Rom 5:17 Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.


Soos ek groei in al die waarheid, en my verhouding van heerlikheid tot heerlikhied groei aangaande ek myself sien soos Hy my sien in die spieel - 2 Kor 3:18, kan ek ander lede in die liggaan bedien.


Die "vyfvoudige bediening" soos Ef 4:11 bekend staan, is dus 'n funksie en nie 'n titel, vir elkeen in die liggaam om mekaar op enige tyd te kan bedien met wat ook al die tekort in die spesifieke lid is. Vannaand kan ek dus die liggaam bedien met woord en jy bedien hulle met jou herders hart. Volgende week het ek die woord en jy het iemand op jou hart. Die volheid is in ons almal en soos alles, gaan net sommige daarin wandel en funksioneer. Die punt is ons bou die liggaam van Chritus op totdat almal kom tot die volwasse man.


Gemeente is dus nie 'n kruk vir individue nie, maar 'n ondersteuning om elkeen te bring tot die volle grootte in Christus. Sodat hy/sy self met vrymoedigheid na God kan gaan. Sodat ons nie meer rondgeslinger sal word deur elke ander wind van lering of boek of volgende CD nie.


Ons bedien mekaar met die goeie nuus, die wonderlike waarheid wat 'n krag is om elkeen te red, en dit wek die begeerte in jou om 'n intieme verhouding met God aan te knoop, jouself!!

Die individu is daar om die groep te kom bedien met die oorvloei van heerlikheid in sy lewe, en daag nie slegs op sodat die groep hom kan bedien nie. (Vra jouself die vraag of jy sal kan staande bly as jou byeenkoms soos jy dit ken wegval? Die probleem is nie noodwendig die byeenkoms nie, maar jou hart)

Ons "onderlinge byeenkomste" raak dus 'n feesviering van die volheid van God in elkeen. Ons elkeen gee rekenskap aangaande die Hoop in ons harte, wat in liefde ryklik uitgestort is. Ons getuig aangaande Christus en die afgehandelde werk, wat daagliks meer en meer 'n realiteit raak in ons lewens.
1Kor 2:1-2 En toe ek by julle gekom het, broeders, het ek nie aan julle die getuienis van God kom verkondig met voortreflikheid van woorde of van wysheid nie, (2) want ek het my voorgeneem om niks anders onder julle te weet nie as Jesus Christus, en Hom as gekruisigde.

Ons stig, troos en bemoedig mekaar, tot opbouing van ons geloof. En ons aanbid God vir wie Hy is en vir Sy volkome offer vir een maal vir altyd!!!

Ons 'celebrate' ons vryheid in Hom en geniet Sy rus vir ons met mekaar!!!!!!!

No comments: