Tuesday, 02 September 2008

Heers oor die aarde....

Ek het nie iets heeltemal nuut om te deel hierdie week nie, maar is uitgedaag om weer hierna te kyk en te oordink.
Ons almal verstaan dat die werk van Jesus Christus aan die kruis vir my en jou 'n volkome werk was.Ons kan daarby niks byvoeg of wegneem nie. 100% volkome, net een maal!!!!!
Die werk was vir jou en my en die hele wereld - Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Die feit dat hierdie werk vir die hele wereld was kan ons weer op 'n latere stadium bespreek. Wat my nou opval is dat die werk vir die mens was.
2 Kor 5:16-21 Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie. (17) Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword. (18) En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, (19) naamlik dat God in Christus die wêreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou. (20) Ons tree dan op as gesante om Christus wil, asof God deur ons vermaan. Ons bid julle om Christus wil: Laat julle met God versoen. (21) Want Hy het Hom wat geen sonde geken het nie, sonde vir ons gemaak, sodat ons kan word geregtigheid van God in Hom.

Ons het die geregtigheid van God geword in Jesus. Jy sien die werk was vir die mens en nie vir die res van die skepping nie!! Die res van die skepping wag vir ons om ons heerskappy op te neem

Rom 8:19-22 Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God. (20) Want die skepping is aan die nietigheid onderworpe nie gewillig nie, maar ter wille van hom wat dit onderwerp het (21) in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God. (22) Want ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barensnood is tot nou toe.

Die hele skepping wil vrygemaak word tot dieselfde vryheid en heerlikheid van die mens!!!!!!WOW!!! Dis genuine in ons hande........

Jy sien van die begin af was dit God se plan dat ons sal heers -
Gen 1:26 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip.

Na die sondeval EN die herstel van die mens voor God het ons weer die gawe van heerskappy ontvang
Rom 5:17 Want as ten gevolge van die misdaad van die één die dood geheers het deur die één, veel meer sal hulle wat die oorvloed van die genade en van die gawe van die geregtigheid ontvang, in die lewe heers deur die Één, Jesus Christus.

Selfs sonde kan ons nie onder kry nie!!

Rom 6:14 Want die sonde sal oor julle nie heers nie; want julle is nie onder die wet nie, maar onder die genade.

As ons waarlik stap in dit waartoe ons geroep het, sal die reen, wind,vuur, orkaan.......nie oor ons heers nie. Dan sal droogte nie 'n probleem wees nie, aardverwarming nie 'n bedreiging wees nie,en sal die hele wereld / natuur nie tot niet gaan nie.

Dit is in my en jou hande om te heers oor dit wat God ons oor aangestel het!!!



No comments: