Die seën vs die vloek
Gen 1:26-28 En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. (27) En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape. (28) En God het hulle geseën, en God het vir hulle gesê: Wees vrugbaar en vermeerder en vul die aarde, onderwerp dit en heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en oor al die diere wat op die aarde kruip.
Sy plan was dat die mens geseënd sou wees. Geseënd in alles wat hulle doen en alles waaraan die mens sy hand sou slaan en sy voet sou neer sit.
Ons almal ken teen hierdie tyd nou al die storie in die tuin....
Gen 3:17 En aan die mens het Hy gesê: Omdat jy geluister het na die stem van jou vrou en van die boom geëet het waarvan Ek jou beveel het om nie te eet nie—vervloek is die aarde om jou ontwil; met moeite sal jy daarvan eet al die dae van jou lewe.
Gen 5:2 Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën en hulle mens genoem, die dag toe hulle geskape is.
Die vloek het oor die aarde gekom as gevolg van verkeerde keuses deur die mens en die werk van die vyand. God het nie die aarde vervloek nie, die aarde het dit gekies. God het die aarde en alles daarop geseën.
God kom besvestig ook hierdie seen aan Abraham en Isak
Gen 12:1-3 En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys. (2) En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees. (3) En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.
Gen 15:4-5 Toe kom die woord van die HERE tot hom en sê: Hierdie een sal jou erfgenaam nie wees nie, maar die een wat uit jou liggaam sal voortkom, hy sal jou erfgenaam wees. (5) Daarop lei Hy hom uit na buite met die woorde: Kyk nou op na die hemel en tel die sterre as jy hulle kan tel. En Hy sê vir hom: So sal jou nageslag wees.
Gen 17:1-8 Toe Abram nege en negentig jaar oud was, het die HERE aan Abram verskyn en vir hom gesê: Ek is God, die Almagtige; wandel voor my aangesig, dan sal jy opreg wees. (2) En Ek wil my verbond sluit tussen My en jou, en jou buitengewoon vermeerder. (3) Toe val Abram op sy aangesig, en God het met hom gespreek en gesê: (4) Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van ‘n menigte van nasies word. (5) Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou ‘n vader van ‘n menigte van nasies. (6) En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom. (7) En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as ‘n ewige verbond, om vir jou ‘n God te wees en vir jou nageslag ná jou. (8) En Ek sal aan jou en jou nageslag ná jou die land van jou vreemdelingskap gee, die hele land Kanaän, as ‘n ewige besitting; en Ek sal vir hulle ‘n God wees.
Gen 22:17-19 dat Ek jou ryklik sal seën en jou nageslag grootliks sal vermeerder soos die sterre van die hemel en soos die sand wat aan die seestrand is; en jou nageslag sal die poort van sy vyande in besit neem. (18) En in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word, omdat jy na my stem geluister het.
Gen 26:1-4 En daar was hongersnood in die land, buiten die eerste hongersnood wat in die dae van Abraham gewees het. Daarom het Isak getrek na Abiméleg, die koning van die Filistyne, na Gerar. (2) En die HERE het aan hom verskyn en gesê: Moenie aftrek na Egipte nie; woon in die land wat Ek jou sal aanwys. (3) Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het. (4) En Ek sal jou nageslag vermeerder soos die sterre van die hemel en aan jou nageslag al hierdie lande gee, en in jou nageslag sal al die nasies van die aarde geseën word;
Hierdie seën is vandag ons deel as kinders van God. Ons is reeds voor die val van Adam in Christus herstel!!!
Ef 1:3 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat ons geseën het met alle geestelike seëninge in die hemele in Christus,
Ef 1:4 soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,
Ons is geseënd. Geen vloek of sonde kan skeiding bring tussen ons en God nie. Ja, die mens het deur een misdaad die hele aarde onder 'n vloek gebring maar soveel te meer het Jesus se daad die hele aarde kom regverdig en die seën kom herstel.
Rom 5:18 Daarom dan, net soos dit deur een misdaad vir alle mense tot veroordeling gekom het, so ook is dit deur een daad van geregtigheid vir alle mense tot regverdigmaking van die lewe.
Ons is nou dood vir die sonde, dood vir die vloek en die vleesmens is saam met Hom gekruisig. Ons lewe saam met Hom in die seën wat Hy van dag een af vir ons in gedagte gehad.
Rom 6:4-11 Ons is dus saam met Hom begrawe deur die doop in die dood, sodat net soos Christus uit die dode opgewek is deur die heerlikheid van die Vader, ons ook so in ‘n nuwe lewe kan wandel. (5) Want as ons met Hom saamgegroei het deur die gelykvormigheid aan sy dood, sal ons dit tog ook wees deur dié aan sy opstanding; (6) aangesien ons dit weet dat ons oue mens saam gekruisig is, sodat die liggaam van die sonde tot niet gemaak sou word en ons nie meer die sonde sou dien nie. (7) Want hy wat gesterf het, is geregverdig van die sonde. (8) As ons dan saam met Christus gesterf het, glo ons dat ons ook saam met Hom sal lewe, (9) omdat ons weet dat Christus, nadat Hy opgewek is uit die dode, nie meer sterf nie. Die dood heers oor Hom nie meer nie. (10) Want die dood wat Hy gesterf het, het Hy vir die sonde eens en vir altyd gesterwe; maar die lewe wat Hy leef, leef Hy vir God. (11) So moet julle ook reken dat julle wel vir die sonde dood is, maar lewend is vir God in Christus Jesus, onse Here.
Gal 2:20-21 Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het. (21) Ek verwerp nie die genade van God nie; want as daar geregtigheid deur die wet is, dan het Christus tevergeefs gesterwe.
Ps 23:6 Net goedheid en guns sal my volg al die dae van my lewe; en ek sal in die huis van die HERE bly in lengte van dae.
Joh 10:10 Die dief kom net om te steel en te slag en te verwoes. Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê.
Hierdie lewe van seën word nie verkry of "verwerf" nie deur goeie werke of die onderhouding van die wet nie, maar alleen deur geloof. Hoekom sal ons iets wat so oorvloedig in die gees vir ons bewerkstellig is ignoreer om weer self uit die vlees te probeer????? Deur jouself onder die wet te plaas, is om jouself onder die vloek te plaas. Nie 'n vloek wat God oor jou uit spreek nie, die vloek wat reeds op die aarde is deur die vyand.
Gal 3:1-20 o, Onverstandige Galásiërs, wie het julle betower om die waarheid nie gehoorsaam te wees nie, julle voor wie se oë Jesus Christus afgeskilder is as onder julle gekruisig? (2) Dit alleen wil ek van julle weet: het julle die Gees ontvang uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? (3) Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees? (4) Het julle verniet so baie gely? As dit maar verniet was! (5) Hy wat julle dan die Gees verleen en kragte onder julle werk, doen Hy dit uit die werke van die wet of uit die prediking van die geloof? (6) Net soos Abraham in God geglo het, en dit is hom tot geregtigheid gereken. (7) Julle verstaan dan dat die wat uit die geloof is, hulle is kinders van Abraham. (8) En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word. (9) Sodat die wat uit die geloof is, geseën word saam met die gelowige Abraham. (10) Want almal wat uit die werke van die wet is, is onder die vloek; want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie. (11) En dat niemand deur die wet by God geregverdig word nie, is duidelik; want die regverdige sal uit die geloof lewe. (12) Maar die wet is nie uit die geloof nie, maar die mens wat hierdie dinge doen, sal daardeur lewe. (13) Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang— (14) sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang. (15) Broeders, ek spreek menslikerwys: selfs ‘n mens se testament wat bekragtig is, maak niemand tot niet of voeg daaraan toe nie. (16) Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een: En aan jou saad, dit is Christus. (17) Maar ek sê dít: die wet wat vier honderd en dertig jaar later gekom het, maak die verbond wat deur God in Christus vantevore bekragtig is, nie kragteloos om die belofte tot niet te maak nie. (18) Want as die erfenis uit die wet is, dan is dit nie meer uit die belofte nie. Maar God het dit aan Abraham deur ‘n belofte genadiglik geskenk. (19) Wat beteken die wet dan? Dit is bygevoeg weens die oortredinge, totdat die saad aan wie die belofte gedoen is, sou kom; en dit is deur engele beskik deur tussenkoms van ‘n middelaar. (20) En die middelaar is nie net vir een nie; maar God is een.
Ja, die wet was goed in die tyd egter wat Jesus,of die geloof, nog nie gekom het. Dit het die volk beskerm maar as daar iets is soveel meer heerliker as die wet is, dan kies ek dit natuurlik.
Gal 3:23-27 Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word. (24) Die wet was dus ons tugmeester na Christus toe, sodat ons geregverdig kan word uit die geloof. (25) Maar nou dat die geloof gekom het, is ons nie meer onder ‘n tugmeester nie. (26) Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus; (27) want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.
Ons is deel van die nageslag van Abraham, ons het deel aan die seën wat God oor hom en sy nageslag uitgespreek het.
Gal 3:29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
Die goeie nuus hiervan is dit, ons het deel aan die seën en nie die vloek wat op die aarde heers nie:
Gal 3:13-14 Christus het ons losgekoop van die vloek van die wet deur vir ons ‘n vloek te word—want daar is geskrywe: Vervloek is elkeen wat aan ‘n hout hang— (14) sodat die seën van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus, en dat ons die belofte van die Gees deur die geloof kan ontvang.
En nog meer:
Rom 8:16-17 Die Gees self getuig saam met ons gees dat ons kinders van God is; (17) en as ons kinders is, dan ook erfgename, erfgename van God en mede erfgename van Christus,
Die evangelie is vooruit verkondig, al die volke sal geseën wees. Die seën sal heers op aarde en nie die vloek nie.
Gal 3:8 En die Skrif wat vooruit gesien het dat God die heidene uit die geloof sou regverdig, het vooraf aan Abraham die evangelie verkondig met die woorde: In jou sal al die volke geseën word.
In ons wandel nou heg ons waarde aan die waarheid en sien hoe die seën daagliks in ons lewe manifisteer.
Ons lewe in geloof en nie die aanskoue nie. Ons sien nie alles onder ons voete nie, maar ons sien Jesus wat vir ons die vloek geword het sodat ons die seën in hierdie lewe kan ervaar!!!!!
Deut 30:19 Ek neem vandag die hemel en die aarde as getuies teen julle; die lewe en die dood, die seën en die vloek het ek jou voorgehou. Kies dan die lewe, dat jy kan lewe, jy en jou nageslag,
No comments:
Post a Comment