Die "wêreld" en die Koningkryk
Al het ons die laaste ruk nie so gereeld geblog nie, het die woord verseker nie droog geloop op 'n Woensdagaand nie.
Inteendeel......
Ons het die laaste ruk baie gesels oor die passie in ons almal se harte oor die koninkryk van God.
Mat 6:33 Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.
Die koninkryk is egter nie iets wat nog ver is en wat ons nou nie kan sien nie.
Gal 4:4 Maar toe die volheid van die tyd gekom het, het God sy Seun uitgestuur, gebore uit ‘n vrou, gebore onder die wet,
Mark 1:15 en gesê: Die tyd is vervul en die koninkryk van God het naby gekom; bekeer julle en glo die evangelie.
Die volheid van die tyd het reeds gekom in Jesus Christus en die werk wat Hy kom doen het. Dit is hier, en dit is nou.
Mat 6:10 laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel net so ook op die aarde;
Hierdie uitspraak het Hy gemaak voor Hy gekruisig is. Dit was 'n profetiese stelling oor wat sou gebeur. Deur die werk van Jesus het koninkryk op aarde gekom soos dit in die hemel is.
Die wedergeboorte is 'n geskenk van God wat vir almal geskenk is en is ons toegang tot die koninkryk
1Pe 1:3-5 Geseënd is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid ons die wedergeboorte geskenk het tot ‘n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, (4) sodat ons ‘n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemele bewaar is vir ons (5) wat in die krag van God bewaar word deur die geloof tot die saligheid wat gereed is om geopenbaar te word in die laaste tyd.
Hierdie geskenk maak dat ons almal die koninkryk van God kan sien, maar om die Koninkryk in te gaan het ons nodig om uit water en Gees gebore te wees. Nie almal gaan reageer egter op hierdie daad van genade nie...
Joh 3:3-5 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie. (4) Nikodémus sê vir Hom: Hoe kan ‘n mens as hy oud is, gebore word? Hy kan tog nie ‘n tweede keer in die skoot van sy moeder ingaan en gebore word nie? (5) Jesus antwoord: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie.
Ek het nou daagliks die keuse om die koninkryk wat in my is deur wedergeboorte, op aarde te vestig. Vandag! In hierdie koninkryk kan ek heers in hierdie lewe deur die een Jesus Christus (Rom 5:17)
Ek kan ook in my elke dag se werke slegs die koninkryk laat verby beweeg tussen mense en situasies of ek kan dit vestig. Die besluit le in my hande.
'n Ander interessante punt het onder bespreking gekom...... wie is hierdie wêreld waar ek die koninkryk van God wil vestig en hoe sien ek hulle. Ek dink ons was van voor af uitgedaag en daarna opgewonde oor hierdie verandering wat in ons gemoedere plaasgevind het.
Rom 12:2 En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
Ons ken die skrifte wat se:
2Kor 5:16 Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie.
Jak 2:1 My broeders, laat julle geloof in onse Here Jesus Christus, die Here van die heerlikheid, nie wees met aanneming van die persoon nie.
Ef 6:9 En, here, doen dieselfde teenoor hulle en laat staan die dreigemente, omdat julle weet dat ook julle eie Here in die hemele is en by Hom geen aanneming van die persoon is nie.
Daar is tog iets in onsself wat wil maak dat ons onderskeid wil tref tussens "ons" en "die wêreld". Hulle wat nog nie die geskenk van wedergeboorte aangeneem het nie. Die arme ouens daar buite wat in sonde leef en wat vir net een eindbestemming bedoel is.
Jy sien, God sien dit anders, en nou ook ek......
Joh 3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.
Joh 3:17 Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.
Ek is so deel van die wêreld en die plan wat Hy vir die wêreld gehad het, soos die ou daar buite wat nog die waarheid moet aanneem. Ja, ek het alreeds in Jesus ingeklim, en in Christus begin wandel. Hieroor is die Vader bly, dit is immers waarvoor Sy seun gesterf het, maar Hy sien die man op die straat wat hierdie besluit nog moet neem, geensins in n slegter lig nie. Die Vader het 'n begeerte dat hierdie persoon moet snap wat vir hom gedoen is en Sy droom vir hom in werking kan kom... Maar behalwe vir dit, is God se gedagtes vir my en "die wêreld", presies dieselfde. Hy sien ons almal geregverdig:
Rom 4:24 maar ook om ons ontwil aan wie dit toegereken sal word, ons wat glo in Hom wat Jesus, onse Here, uit die dode opgewek het,
Rom 4:25 wat oorgelewer is ter wille van ons misdade en opgewek is ter wille van ons regverdigmaking.
Jy sien, Jesus kon eers uit die dode opstaan toe die hele wêreld geregverdig is!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!WOW!!!
Dit is waarom Hy niemand meer na die vlees sien nie, en waarom ek niemand meer na die vlees sien nie. Dieselfde potensiaal is in my, is in jou, is in jou pa wat nog nie die Here dien nie en self die anti-chris.
Sy Seun, Jesus, het vir die wêreld gekom, om ALMAL te red....die plan het nog glad nie verander nie.
Nie te lank terug nie, moes die plan nog vir my ook 'n realiteit geword het. Ek is nie nou meer spesiaal vir God as sewe jaar terug nie!!!
Heb 13:8 Jesus Christus is gister en vandag dieselfde en tot in ewigheid.
Jak 1:17 Elke goeie gif en elke volmaakte gawe daal van bo af neer, van die Vader van die ligte, by wie daar geen verandering of skaduwee van omkering is nie.
Ek dink jy kan dalk dink dat jy hierdie dinge reeds weet, ek het dit ook geweet maar dit het nou realiteit geword. My fokus is nie net nou op wat God vir my en my broers in gedagte het nie. Die fokus is nie meer so seer op "ons" nie, maar op die hele wêreld, sonder uitsondering. Dis soos een bekende broer tereg gese het: Om die wêreld lief te he met die agenda om hulle te red, of om hulle te bekeer, is nie liefde nie.
Ons kan slegs ALMAL lief he, onvoorwaardelik!! Hulle waarlik sien soos God hulle sien, saam stem met Sy droom en begeertes vir hulle lewens, en elke dag ten volle geniet saam met die kroon van Sy skepping, wat elkeen is!!!
Baie seën
No comments:
Post a Comment