Isak `n ware seun - 20 Junie 2007 - Deel2
Isak het geërf . Hy het `n onder andere `n land geërf waar daar hongersnood in was. Die putte van sy pa is deur die Fillistyne toegegooi. Die enigste rede hoekom jy `n put toegooi is omdat hy nie meer water het om te skenk nie. Klink nie soos veel van `n erfdeel nie. Daarom besluit hy maar om eerder weg te trek. Niks daarmee fout nie. Hy het `n rasionele besluit geneem op grond van `n observasie of twee. Daar was hongersnood. By implikasie droogte. Alles goeie redes om eerder maar `n skuif te maak. En toe verskyn God aan hom...
En die Here sê vir Isak om te bly net waar hy is. Gen 26:3 "Vertoef as vreemdeling in hierdie land, en Ek sal met jou wees en jou seën; want aan jou en jou nageslag sal Ek al hierdie lande gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het." Belangrik hier dat die Here nie weer vir Isak geseën het nie. Hy het slegs oor Isak uitgespreek dit wat hy reeds in Abraham ontvang het. Die Here het eintlik net vir Isak bemoedig om in die erfdeel te wandel wat hy klaar besit het.
Gen 26:6 "So het Isak dan in Gerar gebly. " Gen 26:12-14 "Isak het toe in dié land gesaai en daardie jaar honderdvoudig gewen, want die HERE het hom geseën. En die man het groot geword en altyddeur groter geword totdat hy baie groot was: hy het troppe kleinvee en beeste gehad en baie bediendes, sodat die Filistyne hom beny het." Alles in `n land van hongersnood?! Hoe kan ons oë ons darem nie bedrieg nie? Die wêreldse reëls soos armoede, siekte, gravitasie, ekonomiese of geografiese rampe dra geen waarde die oomblik as ons in die seën van Isak begin wandel nie.
Ek verwys na Gen 26:15-25
Isak het in die dal van Gerar gaan tent opslaan en besluit om die putte van sy vader wat die Fillies toe gegooi het weer oop te grawe. Sy dienaars vind toe `n put met lewendige water. En die herders van Gerar het getwis met Isak en gesê dit is hulle water. Isak sê toe 'no problem' en gaan grawe toe `n ander put. Weer twis hulle met hom oor die put. Toe skuif ou Isak weer en grawe toe nogmaals `n ander put. Hierdie keer het die herders hom toe nie gepla nie. Daar is vir my twee lesse wat ek hier in onderwysing ontvag:
- Die deurbreek van seën gaan altyd vir iemand `n rede wil wees om jou gas te gee.
- Dit maak nie saak of iemand jou put wil steel nie. Waar jy `n put grawe, daar is water.
Die seën van Abraham, wat die Seën van God is, was duidelik sigbaar in Isak se lewe. Waar hy `n put gegrawe het, daar was water. DIT is die seën wat ons ontvang het.
Lees ook :Wednesday Word: Wandel soos `n ware seun/dogter - 20 Junie 2007 - Deel1
Vrede en Liefde
No comments:
Post a Comment