Stel julle lede as werktuie van geregtigheid - 13 Junie 2007
Joh 9:1-16 En toe Hy verbygaan, sien Hy ‘n man wat blind was van sy geboorte af. (2) En sy dissipels vra Hom en sê: Rabbi, wie het gesondig, hierdie man of sy ouers, dat hy blind gebore is? (3) Jesus antwoord: Hy het nie gesondig nie, en sy ouers ook nie; maar die werke van God moet in hom openbaar word. (4) Ek moet die werke doen van Hom wat My gestuur het, so lank as dit dag is; die nag kom wanneer niemand kan werk nie. (5) So lank as Ek in die wêreld is, is Ek die lig van die wêreld. (6) En toe Hy dit gesê het, spuug Hy op die grond en maak klei van die spuug en smeer die klei aan die oë van die blinde man (7) en sê vir hom: Gaan was jou in die badwater Silóam, wat vertaal word: Uitgestuur. En hy het gegaan en hom gewas; en hy het siende teruggekom. (8) Die bure dan en die wat hom vroeër gesien het dat hy blind was, sê toe: Is hy nie die een wat gesit en bedel het nie? (9) Ander sê: Dit is hy. Ander weer: Hy lyk na hom. Hy antwoord: Dit is ek. (10) Hulle sê vir hom: Hoe is jou oë geopen? (11) Hy antwoord en sê: Die man wat Jesus genoem word, het klei gemaak en op my oë gesmeer en vir my gesê: Gaan na die badwater Silóam en was jou. En ek het gegaan en my gewas en ek sien. (12) En hulle sê vir hom: Waar is Hy? Hy antwoord: Ek weet nie. (13) Hulle bring hom na die Fariseërs—die man wat vroeër blind was. (14) En dit was sabbat toe Jesus die klei gemaak en sy oë geopen het. (15) Die Fariseërs vra hom toe weer hoe hy siende geword het. En hy antwoord hulle: Hy het klei op my oë gesit, en ek het my gewas en ek sien. (16) En sommige van die Fariseërs sê: Hierdie man kom nie van God nie, omdat Hy die sabbat nie hou nie. Ander sê: Hoe kan ‘n sondige mens sulke tekens doen? En daar was verdeeldheid onder hulle.
Ons lees hier van 'n blinde man wat genees word en frede vir sy gebrek is die gebrek aan die werke van God!! Nie die feit dat hy of sy ouers gesondig het nie, en hy is ook nie blind gebore sodat daar 'n blinde man was waarop Jesus 'n wonderwerk kon doen nie.....
Daar was 'n tekort aan die teenwoordigheid van sy krag, sy werke.
Vandag kan jy maar weet dat daar waar chaos is, is 'n tekort aan sy werke en moet die werke van God net geopenbaar word!!
Ons is Sy liggaam op aarde en ons moet Sy werke op aarde doen:
vers 4: Ek moet die werke doen van Hom wat My gestuur het,
Hierdie woord is nie 'n "vleeswoord" nie. Dis nie 'n woord wat tot jou vlees spreek nie,dus is dit nie 'n opdrag vir jou om nou in die vlees werke op te wek nie. Hy het reeds 'n volmaakte werk gedoen en jy is nou slegs die verlengstuk van sy volmaakte werk op aarde.
Joh 6:28-29 Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring? (29) Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.
Jou vlees word nie nou gemotiveer om iets goeds te probeer doen nie. Die werke van God is in elk geval BAIE groter as jou beste pogings.
Joh 14:12 Voorwaar, voorwaar Ek sê vir julle, wie in My glo—die werke wat Ek doen, sal hy ook doen; en hy sal groter werke doen as dit, omdat Ek na my Vader gaan.
Die oorwinning is reeds behaal, en nou manifisteer dit in my vlees.
Ons het laas week na Romeine 6 gekyk, en dit sluit nou 100% hierby aan. Jy is dood, saam met Hom gekruisig en saam met Hom opgewek. Gal 2:20 se dat die lewe wat jy nou lewe leef jy in geloof. Jy sit reeds in hemelse plekke aan sy regterhand. Jou vlees is nou 'n verteenwoordiger op aarde wat die keuse het om sy lede tot beskikking te stel aan sonde of aan die geregtigheid.
Rom 6:13 En moenie julle lede stel tot beskikking van die sonde as werktuie van ongeregtigheid nie, maar stel julleself tot beskikking van God as mense wat uit die dode lewend geword het, en julle lede as werktuie van geregtigheid in die diens van God.
Die werke wat jy dus nou doen is slegs 'n manifistasie van God se werke, op aarde.
Fil2:13 want dit is God wat in julle werk om te wil sowel as om te werk na sy welbehae.
Jy stel jou lede tot beskikking daarvoor. Dit is nie 'n moeilike taak nie.
Rom 6:19 Ek spreek menslikerwys ter wille van die swakheid van julle vlees; want net soos julle jul lede diensbaar gestel het aan die onreinheid en wetteloosheid om wetteloos te wees, so moet julle nou jul lede diensbaar stel aan die geregtigheid tot heiligmaking.
Net soos jy jou lede aan sonde beskikbaar gestel het, wat nie moelik was nie, maar "effortless", net so kan jy jouself tot beskikking stel vir geregtigheid. So maklik!
Rom 12:1-2 Ek vermaan julle dan, broeders, by die ontferminge van God, dat julle jul liggame stel as ‘n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. (2) En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed, sodat julle kan beproef wat die goeie en welgevallige en volmaakte wil van God is.
1Kor 9:26 Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie.
1Kor 9:27 Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie.
Jy kies dus nou as te ware om jouself onderdanig te stel aan die waarheid. Daar is net een middelaar, so jou onderdanigheid is nie aan 'n persoon of tussenganger nie, maar aan Jesus Christus
1Ti 2:5 Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus,
Ons kry nou net ons gedagtes in lyn om te bedink dit wat daarbo is sodat dit makliker is om my lede tot gehoorsaamheid van die geregtigheid te stel. Dis is 'n konstante proses en iets wat nooit ophou.
Heb 5:13 Want elkeen wat melk gebruik, is onervare in die woord van geregtigheid,omdat hy‘n kind is. Om 'n kind te wees is om onervare te wees in die woord en dalk ook intimiteit met God. Ons groei egter daarin deur tyd te spandeer in Sy teenwoordigheid. Van aangesig tot aangesig, kyk in die spieel van die volmaakte wet van die vryheid en sien Hom!!
1Kor 13:10-12 Maar as die volmaakte gekom het, dan sal wat ten dele is, tot niet gaan. (11) Toe ek ‘n kind was, het ek gepraat soos ‘n kind, gedink soos ‘n kind, geredeneer soos ‘n kind; maar nou dat ek ‘n man is, het ek die dinge van ‘n kind afgelê. (12) Want nou sien ons deur ‘n spieël in ‘n raaisel, maar eendag van aangesig tot aangesig. Nou ken ek ten dele, maar eendag sal ek ten volle ken, net soos ek ten volle geken is.
Kol 3:1-10 As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. (2) Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. (3) Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God. (4) Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word. (5) Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, (6) waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom, (7) waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het. (8) Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond. (9) Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het (10) en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,
Rom 8:5-13 Want die wat vleeslik is, bedink vleeslike dinge, maar die wat geestelik is, geestelike dinge. (6) Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede, (7) omdat wat die vlees bedink, vyandskap teen God is; want dit onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie. (8) En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; (9) julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie. (10) Maar as Christus in julle is, dan is die liggaam dood vanweë die sonde, maar die gees is lewe vanweë die geregtigheid. (11) En as die Gees van Hom wat Jesus uit die dode opgewek het, in julle woon, dan sal Hy wat Christus uit die dode opgewek het, ook julle sterflike liggame lewend maak deur sy Gees wat in julle woon. (12) Daarom dan, broeders, is ons skuldenaars, nie aan die vlees om na die vlees te lewe nie; (13) want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe.
2Kor 3:18 En terwyl ons almal met onbedekte gesig soos in ‘n spieël die heerlikheid van die Here aanskou, word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid, as deur die Here wat die Gees is.
Psa 17:15 Maar ek sal u aangesig in geregtigheid aanskou; ek sal versadig word met u beeld as ek wakker word.
As jy aanhou om sout by water te gooi sal die oplossing 'n punt van versadiging bereik. Dit vat nie 'n groot wetenskaplike eksperiment nie, net 'n aanhoudende toevoeging van sout. Net so as jy aanhou om na Sy beeld te kyk in die spieël, sal die 'oplossing' versadiging bereik, sal die beeld van Hom manifisteer in jou lewe!
WAT IS JOU FOKUS?!
Ons kan net fokus op die Waarheid, op Jesus Christus, die begin en voleinder van ons geloof. Laat ons fokus nie wees "God straf nie" of "ek kan nie meer sondig nie". Daar is plek om daardie dinge deur te trap, maar laat ons primêre fokus eerder wees:
- God is Liefde
- God is goed
- Ek is soos Christus
- ens.
- ens.
Deur om te fokus op wat nie is nie, moet jy jouself konstant oortuig van wet wel is. Onthou net, 'n nuwe skepsel het nie `n verwysingsraamwerk van eniget iets voor sy geboorte nie. `n Nuwe skepsel is eers vanaf sy geboorte. Hy oortuig hom nie self die heeltyd van dit wat hy nie is nie. Hy leef in oortuiging van wie hy wel is. (2 Kor 5:17)
Rom 2:1 Daarom is jy, o mens wat oordeel, wie jy ook mag wees, sonder verontskuldiging; want waarin jy ‘n ander oordeel, veroordeel jy jouself; want jy wat oordeel, doen dieselfde dinge.
As ons fokus 'n ander se probleem is, en jy hom so te se oordeel, sien eintlik hierdie dinge in die persoon raak omdat jy dieselfde doen...
Net soos wat ons in Sy Lig die Lig sien (Ps 36:9), net sien ons veroordeling in ons eie oordeel.
2Kor5:14-17 Want die liefde van Christus dring ons, (15) omdat ons van oordeel is, dat as een vir almal gesterf het, hulle dan almal gesterf het; en Hy het vir almal gesterwe, sodat die wat lewe, nie meer vir hulself moet lewe nie, maar vir Hom wat vir hulle gesterf het en opgewek is. (16) Ons ken dus van nou af niemand meer na die vlees nie; en al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons Hom tóg nie meer so nie. (17) Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.
Jy kyk nou na ander vanuit die LIG, en die fokus is op Jesus en nie die vlees nie!
Ons goeie werke wat ons aan mense doen, voeg waarde tot hule lewens by, en met die gewaarwording daarvan verheerlik die persoon God. Hulle verheerlik Hom nie noodwendig omdat ons mooi goedjies doen nie.
Mat 5:16 Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.
Joh 6:28-29 Toe vra hulle Hom: Wat moet ons doen om die werke van God te volbring? (29) Jesus antwoord en sê vir hulle: Dít is die werk van God, dat julle in Hom glo wat Hy gestuur het.
Gaan lees ook Tomma se comment by 7 Junie
1 comment:
"If our gospel be hid, it is hid to them that are lost: In whom the god of this world hath blinded the minds of them which believe not, lest the light of the glorious gospel of Christ, who is the image of God, should shine unto them."
(2 Corinthians 4:3-4)
Post a Comment